Dis Sondagaand. Sulke tyd.
Dis ook my eerste blog van 2013. Vroeër kon ek net nie aan die skryf kom nie. agv Blackberries, huise skoonmaak vir vakansiegangers en sommer net. (En hiermee sê ek ook sommer : Geseende Nuwe Jaar! Al is dit nou ‘n bietjie laat).
Dis ook die dag dat my man moes wegry om op ‘n ander dorp te gaan skoolhou.
Ek sit hier, stoksielsalig alleen in ‘n massiewe huis. Die 2 katte jag buite, die ou hond le iewers en slaap, en selfs die papagaai het al gaan doedoe. Die radio is weg saam met my man, die TV is besig om op te pak, en dis net die sagte gesuis van die laptop en die veraf aandgesang van die voeltjies. Daar ry nie eers ‘n kar in ons stil dorpie nie.
Vreemd om skielik so alleen te wees. Maar ek kla nie. Hoe kan ek? Hier in die huis reg langs my, sit daar ook vannaand ‘n vrou alleen. Goed, haar kinders is daar, maar ek weet sy is eintlik alleen.
Eergister het haar man gesterf: breinkanker
Ai seegogga, ek ken ook van daardie wegry en die alleen agterbly…. niks lekker nie. Die naweke wanneer hy nie huistoe kom nie is die ergste. Sterkte daar!!
Dankie Kameel, sal seker darem gou gewoond raak.
Ag, siestog, dis sleg vir jou. (Erger vir jou buurvrou, dis ook waar.) Ek hoop jou man kom elke naweek huistoe en sommer nog Woensdae ook. Sterk wees.
Dankie vir die mooi wense.
Sjoe, jy het omtrent ‘n klomp geskryf vandat ek laas hier geloer het. Ekskuus dat ek so lank nie geloer het nie. Maar toemaar, as die jaar weer behoorlik aan die gang is, blog ons weer lekker saam. 🙂