Nee, nognie. ek het nog nie verdwyn nie, nie heeltemal nie. My gedagtes is hier, hier by julle en my bloggie. Dis net: the times they are a-changin vir my. Terug van Holland, terug van my laaste kind se troue af en veral terug van die weird nagtelike lewe van nagklubeienaar af, is dinge nou anders.
Ses jaar gelede het my man besluit om ‘n restourant te koop en 2 jaar later ‘n sportspub- ‘n nagtelike kuier- en dansplek. Ek het vir die afgelope 6 jaar nooit meer kos gekoop of gekook nie en elke aand stoksielalleen hier by die huis gesit en my eie ding gedoen tot so 2 vm, en soms tot so 4 vm. Ek is van jongs af ‘n nagwolf.
Tot my spyt moet ek erken dat ek dit baie geniet het so alleen – hierdie my-eie-tyd! Bedags was ek baie besig met hier help en daar help in die restourant, maar saans meesal vry. Soms het ek so 1 -2vm se kant gou in die kar gespring en gaan kyk hoe dit daar by die dansplek gaan voordat ek gaan slaap het. Boeke , skilder, skryf, TV, maar veral die rekenaar, het my saans besig gehou en toe ek eers my eie laptoppie kry, was ek in my element! Met Toortsie se hulp begin ek selfs blog.
Maar hierdie jaar is die restourant verkoop en nou net voor die troue, net mooi ‘n maand gelede, is die kuierplek ook verkoop.
Skielik is ek nie meer alleen nie. Ek moet weer begin aandetes maak! Ek moet koffie en tee aandra. Ons kyk selfs ‘n video of twee. Om vroeg te gaan slaap is steeds moeilik, maar vannaand toe dit so koud is, klim ek en hy vroeg in die bed, elkeen met sy eie laptop! Hy speel speletjies en ek doen e-mails en blog!
‘n Nuwe fase lê voor en laat ons positief wees. Ek het selfs vandag moerbysop gekook!http://www.youtube.com/watch?v=BPE7LFKsqt4&feature=fvwrel
Is julle nou by aftrede of is dit nou net tyd vir nuwe uitdagings?
😉 Julle kan seker nogsteeds die nagklub gaan lewe gee 1 of 2 uur die oggend.
mmm ons probeer hard om vasn nagskof tot dagskof te verander!
Dis tyd vir nuwe uitdagings! Ek dink nie ons sal ooit kan aftree nie,,,,
Glimlag ek nou vir die twee van julle met die laptops in die bed 😆 Mag die nuwe seisoen vele vreugdes vir julle inhou 😉
Dankie Kameel!
Klink vir my ook lekker! Ek sal maar nie uitbrei hoe julle 2tjies julleself saans kan besig hou nie, né?
Hoe het ek hierdie dan nou gemis? Stuitige Toortsie!
Haai, waaraan het jy dan nou gedink? 😋
ha, ask no questions,hear no lies.