Vrydagaand by Pelicans en Parrie

Ek sit nou hier op die hawe met my glas wyn en wag vir my perlemoen.

Die lig blink op die water en die bootjies is kleurvol. Die vuur brand gesellig en die geur van gebraaide vis en see is soet in die neusvleuels. Die see se sagte geruis en die gesellige geroesemoes van stemme van ander wat ook die aandlug  hier by die see geniet, maak die aand net nog meer spesiaal.

Dis net jy wat ontbreek!

Groetnis aan jou wat hier lees,

hier vanuit die Pelikaan, hier vanaf my gunsteling sitplek.

My perlemoen is op pad…..

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Seestories. Bookmark the permalink.

8 Responses to Vrydagaand by Pelicans en Parrie

  1. karen sê:

    sjoe, lyk dit darem nou vredevol. sou wat wou gee om daar te kon wees!

  2. seegogga sê:

    Daar is ‘n vrede hier by die see, wat ‘n mens nie kan beskryf nie. As ek kom huise skoonmaak, kom hou ek altyd so ‘n bietjie vakansie hier voordat ek terug dorp toe.

  3. Charms sê:

    Ai hoe verlang ek nou weer see toe.

  4. klippie sê:

    Wens ek kon ook daar sit met die geluid van die see in die agtergrond.

  5. Terug pieng: ‘n dag in die lewe van ‘n seegogga | Seegogga se Bloggie

  6. seegogga sê:

    Hallo Charms, Klippie en The Phoenix! Jammer ek antwoord nou eers! Erens het ek iets misgesit, lyk dit mhy. Ek nooi julle uit om te kom kuier!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s