Na jare se wens, maande se dink en beplan en nou op die nippertjie reelings, het die tyd uiteindelik( te gou?) aangebreek en is dit hier: Ons oorsese trippie.
Donderdag, DV, klim ons op daardie vliegtuig, dws as die berge nie ontplof nie en die aarde nie vergaan in swael en vuur nie( ek hoor daar is weer dalk rookwolke or Europa). Ons is op pad Holland toe, tweeling toe, kinders toe en weg.
Dus liewe blogvriende. as ek dalk stil is, is dit omdat ek besig is- om te pak, te kuier of te vlieg. Ouma se bababoek moet eers biejie skuins le en die treinstories en seestories moet eers bietjie wag. Dis vakansietyd.


Geniet dit en veilig reis
LikeLike
Geniet die reis!
LikeLike
Dankie Bileam. Vliegtuig nie so lekker soos donkie nie, maar beslis vinniger!Dankie Xenea, ek genietit!
LikeLike
mosterd na die maal, maar nou ja, geniet die vakansie met die kinders, met die tweeling en kom veilig terug.
LikeLike
Nee, ek sit nou hier en Holland en lees jou mooi wense. Dankie. Tweeling PRAGTIG!
LikeLike
Geniet!
LikeLike
A, Toortsie! Ons mis jou! Groetnis uit Holland.
LikeLike