Wel, hier gaan die nou nie eintlik oor die sielkunde nie, maar oor die bevryding van kontaklense.
Daar is min dinge so wonderlik soos weggooibare kontaklense. Ek daag elke brildraer uit om dit te probeer. Die goed is deesdae so gemaklik, en as hy jou pla, haal hom uit en sit ‘n ander een in.
Toe ek uiteindelik genoeg geld en moed het, het ek vir my van daardie harde kontaklense gekry. Die goed was maar ongemaklik en omdat dit makliker was om af te kyk, was draers geneig om hulle koppe agteroor te gooi en so uit die hoogte na mense te staar- ook nie baie bevorderlik vir interpersoonlike verhoudinge nie!
Gelukkig kon sagte kontaklense toe in, en later nog beter, weggooibare kontaklense! Niemand kruip meer op die mat rond op soek na ‘n verlore lens nie. Die goed val nie uit nie en as die onwaarskynlike wel gebeur, gaan haal jy sommer ‘n ander.
Die voordele is eindeloos: Jou oe brand nie meer as jy uie skil nie; jy kan actually uiteindelik sien hoe lyk die kos in die pot as jy die deksel oplig; jy is ligter – en sommer ook koeler; jy is baie beslis mooier; jy kan van daardie cheapstuff mooi modesonbrille dra en steeds sien; jy soen beslis baie lekkerder; jou eyemake-up word uiteindelik deur iemand gesien- en natuurlik jou pragtige kykers( waarvan jy nou sommer die kleur ook kan verander, sou jy wou); jy kan swem en steeds sien en jy kan lekkerder in die bad le en boek lees.
Weg met die bril!………. Tot jy so jou 50’s slaan.
Ek neem aan versiendes het dalk nie die probleem wat ons bysiendes het nie. Hulle brille of lense help hulle om naby te kyk. Ons bysiendes moet gehelp word om ver te sien, naby is ons dooddollies. Maar nou kom die senior jare en jou oe raak geleidelik al meer versiende, al is jy nog bysiende ook. Dus word jou lense te STERK om naby te sien.
Oplossing? Koop van daardie goedkoop leesbrilletjies. Gewone ouens met goeie oe doen dit mos ook. Frustrasie!! ‘n Mens loop die helfte van die dag rond op soek na jouu leesbril! Hy is nooit daar waar jy hom nodig het nie. ‘ Gewone bril kan jy darem gou afhaal en dadelik weer opsit, maar ‘n leesbril word mos net nou en dan gebruik! Kontaklense kan jy nie sommer vinnig uithaal en insit as jy wil lees nie, dus is daar ‘n ander oplossing: eers was dit bi-fokale brille en toe later Multi-focals.
Ai tog! Weer terug na die bril? Aikona, se ek. Ek is nog nie gereed daarvoor nie. Die oogkundige het ook nie raad nie, die kontaklense vir sulke oe is blykbaar nie suksesvol nie.
Toe maak ek maar my eie plan- en hy werk baie goed! Ek sit net een lens in. Nou kan die een oog naby sien, en die ander ver. Probleem opgelos! ( Maar ek wonder steeds heimlik wat die oogkundige gaan se). Ek dra dit nou al jare so, en het nog nie agtergekom of dit nadelig is of nie, maar ek kom goed reg en brilloos. Daar is effense blur aan die een kant as ek ver kyk, en ‘n efffense blur aan die anderkant as ek naby kyk, maar die brein kompenseer, en ek sien dit nie eers meer raak nie.
Die vriendin wat altyd so saam met my gaan sokkie het, het so ‘n jaar gelede wel die operasie gehad. Sy beveel dit ten sterkste aan. ” Maar Rina, se my, dra jy nou glad nie bril nie? Wat van ver sien en naby sien?” vra ek.
“Nee, ou Anna-Marietjie, niks bril nie. Hulle het my een oog geopereer dat hy ver kan sien, en my ander oog dat hy naby kan sien”.
Daar het julle dit.
Ek het baie klein oE, die kontaklense pas doodeenvoudig nie in nie. Ek is dus seker skelm 😉 Ek sukkel ook nie regtig met wasem nie, behalwe wanneer ek n pot se deksel te vinnig afhaal.
Sowaar? Ek dog hulle maak dit pas? jy’s gelukkig, ek het nogal gesukkel met wasem by die potte en in koue weer.
Maar presies. Mens haal mos die deksel af omdat jy wil sien wat binne aangaan. En dan wasem jy toe. Miskien moet jy weer kontaklense probeer. Die goed het deur die jare baie verbeter. Jy lyk darem nie soos n skelm nie, net erg stil deesdae in blogland.
O genade ‘n bril is net soos ‘n vroumens. ONMISBARE ERGENIS !! gie gie
My ma kon nooit met die multi-fokale lense regkom nie en het altyd twee brille gehad in identiese vorm rame met verskillende kleure.
Soos die wereld werk was een of altwee gedurig op soek en ons (pa, broer en ek) het gedreig om ‘n derde een te verskaf waarmee sy die ander twee kan soek !
Ek het gou geleer dat die tannies en ooms met die toutjies ‘n briljante idee beet het en my multi model word sommer self ‘n donkerbril as ek buite kom ook.
Ek weet dis is nie goed nie maar ek lees gedurig veral as dit vroulief se beurt is om te bestuur.
Die grootste persent wat ek onlangs gekry het is my Kindle e boek. Mens kan ‘n oorfoon inprop dan lees ‘n blik stem vir jou of jy kan die lettergrote rek.
Hallo mede sufferer, welkom hier by Seegogga se bloggie! Ja tog, die brille en pille stadium ne. Ek dink ek moet ook n kindle kry!