KRATER 3 Beauty is painful

Tog snaaks hoe fyngevoelig ‘n mens is as jy jonk en nog meer onseker van jouself is. Die dinge wat jy nou goed kan hanteer, was dikwels “Major issues” vir jou as jongmens. Krater maak bv. (Die teenoorgestelde is ook waar- dinge waaraan jy as jongmens jou nie so erg gesteur het nie, bv ander se pyn)

Vroeer jare, as student op Tukkies, het ek en my vriendin gou agtergekom dat ons ons brille moes afhaal as ons wil mooi lyk. Kontaklense was nog nie in daardie jare ‘n opsie nie.

(Ek wou nog altyd ‘n tesis skryf oof die effek wat die dra vin ‘n bril op verhoudings het, maar twyfel of ek daarby sal uitkom, dus kan ‘n sielkunde student wat ‘n onderwerp soek, my kontak vir riglyne. Ek glo daar is ‘n saak uit te maak daarvoor)

Wel, dit was een van daardie aande wat dit nie so nodig was om te kan sien nie, ek het ‘n nuwe liefde gehad en ek wou ekstra mooi lyk, dus weg met satan!  Toe my vegetarier kerel ( ek noem hom daar erens in Ma se seksboek) dus my laat roep oor die interkom, stap ek blindemol- blindemol die trappe af.

Onder gekom, sien ek hom met die meisie by die ontvangstoonbank staan en gesels. Ek trippel bakvissie -bakvissie vorentoe , gryp hom aan sy skouer om hom te laat omdraai, en se ewe guitig en voor op die wa:” Haai! Hier is ek!”

Toe hy omdraai – is dit ‘n wildvreemde!

Daar staan ek toe, verdwaas en krater!

Die ergste was egter dat my vegetariertjie op die bankie teen die muur gesit het- en die hele petalje aanskou het!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in brilsielkunde, idioomstories, kraters en ander skandes (humor). Bookmark the permalink.

22 Responses to KRATER 3 Beauty is painful

  1. LOL

    Bril dra is nie vir sissies nie. In watter koshuis was jy?

  2. toortsie sê:

    Kyk as jy nou regtig in my ma se slegte boekies is, regtig sleg, word jy ge”bleddie fool”! Maar ek wil vir daai vegetariër ou sê: BLEDDIE FOOL!! 😦 Hoekom het hy nie tot jou redding gekom nie!!! Bad sheep!! 😦 (ek dink mos darem jy het nie met hom getrou nie, ne???

  3. Olga sê:

    😆 Olga het ‘n maatjie. Ek weet hoe dit voel.

  4. Hehehehe! Ek kan net dink hoe jy gevoel het!

  5. Dion sê:

    Hallo Gogga!
    Ek dra self bril, en so nou-en-dan kontaklense wanneer my mediese fonds nie platsak is nie. Ek is bietjie bang vir hierdie laser-operasies, alhoewel my suster dit al laat doen het en glad nie spyt is nie. Ek dink dis maar my vrees om my sig te verloor.
    My afsku in die ding op my neus het gespruit uit die onophoudende gespottery op skool van “brille”, “brilletjies” of “four-eyes”. Ek het nou-die-dag amper ‘n ou net so klein klappetjie wou gee omdat hy meen ek kan beter sien want ek het mos vier oë. “No brain, no pain” was die gedagte wat my humeur in toom gehou het.
    Ek het ook al presies dieselfde as jy aangevang. Mens voel soos ‘n totale swaap. Partykeer voel ek ook sommer half doof as ek nie behoorlik kan sien nie. Is ek die enigste een? Stupid-geit? Ouderdom?

    • seegogga sê:

      Ek se mos, daar is ‘n sielkundige verhandeling wat wag om geskryf te word! Iets soos die effek van brildra op die mens se persoonlik en sosiale ontwikkeling . Of die negatiewe efffek van brildra op die mens of- so-iets. Dankie dat jy verstaan. Nie-brildraers dink mos ek praat nonsens. Jy is beslis nie die enigste een nie.As ek nie kan sien nie, kan ek ook nie hoor nie.

    • toortsie sê:

      Dion! Sal jy omgee om jou WordPress-adres in te vul? Anders kry ons jou nie in die hande nie!! Dankie!!!

  6. Bella sê:

    Ek is ook deel van die bril brigade en haat dit. Ek oorweeg ook die laser operasie maar is vrek bang. ñ Familie lid het dit laat doen en dit was ñ groot sukses. Dit is ook ñ duur operasie.

  7. Bella sê:

    Seegogga. Ek sal bietjie gaan oplees en navraag doen by my mediese fonds. Thx.
    Sien uit na die volgende post.

  8. Probleem is mediese fondse betaal nie sommer daarvoor nie, tensy dit gepaard gaan met katarak verwydering of so iets. Blykbaar kan dit nie gedoen word vir mense met astgmatisme nie. Soos jy kan sien is ek ook brillend en hou niks daarvan nie. As ek kon sou ek more laser. Ek ken heelparty wat dit laat doen het.

  9. Kameel sê:

    Ek het in altwee oë nuwe lense gekry maar dra nog bril. Dis net vir my beter om ‘n bril permanent op my neus te hê as om een te soek wanneer ek iets wil lees. Die lense is om vêr te sien. Brildra het my nog nooit gepla nie. Lag net vir die yslike brille wat ons jaaaare gelede gedra het. Miskien sou ek anders gevoel het as ek dit in my jongerdae moes dra.

  10. 😀 Daar skryf ek toe ook heel toevallig vanoggend oor die effek van ‘n bril!

Laat 'n boodskap na Tannie Frannie Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s