Ouma se bababoek. Brief 1: moederlike instink

Liewe Kinders

Hierdie briefies is nou vir Leanie, maar ek skryf sommer vir julle ander twee ook, wat dalk nog ook die voorreg gaan he om kindertjies te he.

Hoe het die jare nie gevlieg nie! Van daardie eerste keer toe ek jou vasgehou het, Leanie, tot vandag dat ek die woord”Ouma” sowaar hier kan tik! Wel , ek is natuurlik nog nie ouma nie, maar die hoop beskaam nie, en hopelik is ek oor 3 maande wel ‘n ouma!

Jy het ons natuurlik almal ontkant betrap, want toe verwag jy sommer ‘n tweeling!!! Hoe kan ek jou nou raad gee? Ek weet NIKS van tweelinge af nie! Ek hoop maar die mede-bloggers wat hier lees, gaan hulle stuiwer in die armbeurs gooi en help raad gee.

Ai my kind, een ding moet jy sommer nou dadelik verstaan: Soveel mense, soveel dinge. Dis maar die mens se natuur om vir almal te wil raad gee en hoe meer mense , hoe meer verskillende rate en raad gaan jy kry. Dit sal dalk voel of jy wil mal word, want die een se sus, en die ander so. Luister maar wat almal se, dink daaroor of jy  daarmee saamstem, en doen dan maar jou eie ding! Dws, gebruik die raad wat vir jou die beste werk. En as jy glad nie weet nie, gaan kyk maar na die natuur.

Selfs die mediese wetenskap verander en die sielkundiges verskil van mekaar, afhangende uit watter leerskool hulle kom. Ek vind egter dat die diere van die veld geen boeke opgeswot het nie, geen groot sielkundige wysgere  het wat vir hulle voorgeskryf nie ( behalwe nou die boer, en hy dink aan finansies), en selfs geen teologiese teorie nie. Wat hulle wel het, en BAIE daarvan, is instink.

Wel, my kind, jy as toekomstige mamma, sal waarskynlik agterkom dat jy ook INSTINK het- sommer baie daarvan. Ek wil asb sommer nou vir jou vra: Luister vir jou instink! Hy is selde verkeerd. Wees ingestel op jou kinders. Jou instink sal vir jou se  of hulle honger is, of hulle siek is en wat jy moet doen. Niemand ken haar kindjie beter as ‘n mamma nie, en al voel jy ook hulpeloos as jy nie weet wat om te doen nie, doen wat jou instink vir jou se, die beste vir jou kindjie(-s!- daar’s mos twee!) se welsyn sal wees.

Nou gaan jy vir my se ek praat nonsens.  In die skool vir serebraal gestremdes waar ek gewerk het, het ek dit egter telke male gehoor. Die dokters dink die outjie makeer niks, die pa ook, en op die oppervlak lyk hy reg, maar die ma het altyd “gevoel” daar is iets verkeerd. Die pediaters het ook vir ons geleer  Luister vir die ma!  Die ma is selde verkeerd. Daarom het ons altyd baie aandag aan die ma se opmerkings gegee, en haar kommentaar altyd in ‘n ernstige lig beskou, maak nie saak op watter vlak van ontwikkeling sy dalk was nie.

As jy dus absoluut niks weet van babatjies nie, gaan  jou instink jou tog deurdra. ‘n Mens het ‘n goeie skoot kennis nodig en nog ‘n groter skoot instink en liefde. Gewapen met kennis, liefde en instink, kom jy ver, maar sonder die kennis sal jy dit ook nog maak. En dis nogal ‘n troos ne! Die natuur het jou gewapen met byna alles wat nodig is om jou babatjie goed te versorg.

Ek gaan maar tog vir die wis en onwis vir jou ‘n paar goedjies neerskryf wat ek as ma van 3 geleer het. Gebruik dit maar as jy wil. Soos enige ou tannie, wil ek ook mos graag my raad uitdeel, en ons ou tannies is mos ervare. Maar onthou tog daardie stukkie van die instink, en gebruik hieruit wat vir jou aanvaarbaar en reg is.

Volgende keer sal ek nou met my ouma-raad begin!

Ek hoop jy slaap vannaand lekker, al maak daardie twee woelwatertjies dit klaar al ongemaklik om lekker te le.

Baie liefde

Ma

As jy nog wil lees, klik hier.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in ouma se bababoek ( ouerleiding). Bookmark the permalink.

8 Responses to Ouma se bababoek. Brief 1: moederlike instink

  1. toortsie sê:

    Wonderlik!!!! Tweeling???? Dubbele vreugde!!! ek weet nie of sy al die “smart” en “grand” dinge kan beskostig nie. ek kon nie, en die 2-ling het gemaak dat ek sommer van die begin af geleer het om met dit wat NODIG is klaar te kom!!! Geniet hulle!!!

  2. seegogga sê:

    Ja, Toorsie! Ek hoop so julle ouens gaan help met die bababoek. Ek het al soveel jare laas babatjies gehad. Julle kan bv onderrwerrpe gee om oor te skryf as julle sien ek laar iets uit, of gee julle eie ervaring of idees. Ek is sekesr saam kan ons iets se wat sal werk! En ma’s wat ervarring het van tweelinge is spesiaal welkom hier!

  3. Juliana sê:

    Dankie ma, sien uit na die res van Ouma se bababoek!

  4. Terug pieng: Seegogga se verjaardaggeskenk | Seegogga se Bloggie

  5. Terug pieng: Tweede briefie aan ‘n bloggie | Seegogga se Bloggie

  6. Terug pieng: gediertes met knypers | Seegogga se Bloggie

  7. Terug pieng: 4 jaar | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s