Kraterstorie 23: Die avonture van die verlore handsak

Toe ek  en  vriendin Ingrid jare gelede oorsee gaan toer het, het die lugredery ons tasse laat wegraak. Ons moes ‘n paar dae oorleef met net die klere aan ons lyf.( Ingrid 2 dae, en ek 30 dae). Toe Ingrid en haar vriendin, Dot, op Vrydag 26 Mei in die Oververg by my kom kuier het, was daar ‘n soortgelyke verrassing.

Ek en my man het met egte Overbergse gasryheid hulle na al die besienswaardighede in die omgewing geneem en Vrydagoggend het ons 3 vroue die Suidpunt gaan verken. Eers was Struisbaai en Agulhas aan die beurt. Daar is oral langs die see gestop, gesels, geëet en foto’s geneem, al die pad van Langezand, die swemstrand, die hawe, my 2 strandplekkies, Suidpunt Potpourie, die vuurtoring, die suidpunt van Afrika tot by die wrak.

Dit was met die terugtog dat Ingrid toe besef dat sy êrens langs die pad haar handsak neergesit en vergeet het. Die probleem is net dat sy nie kon onthou waar nie! Die hele toertjie is weer oorgedoen, oral is gevra, maar die handsak was skoonveld. Die polisie het ook geen raad gehad nie.

Binne-in die sak was nie net al haar kaarte, ID, kontant en selfoonlaaier nie, maar ook haar Peugot se regte sowel as duplikaatsleutels. Die enigste manier om ooit die motor weer oop en aan die gang te kry, sou wees om die motor op ‘n sleepwa Kaapstad toe te neem, ‘n sleutel van Frankryk af te bestel, en dit te herprogrameer – ‘n proses wat ten minste 17 dae sou duur( en duisende rande.)

Ingrid se broer, Pierre de Villiers van Hermanus, het hulle daardie aand op Bredasdorp kom haal, en daardie aand moes Ingrid-hulle in geleende nagklere slaap, want al hulle bagasie was toegesluit in die Peugeot!

Saterdagoggend, net-net voordat haar selfoon pap word, kry sy ‘n oproep van haar huisdokter op George. Haar handsak is by Hesterien Wessels in Hoofweg, Agulhas!

Ek en my man word in kennis gestel, en ons besluit om die handsak te gaan haal. Maar Ingrid het nie die adres nie. Haar foon is pap en niemand se selfoonlaaiers pas op haar splinternuwe foon nie!

My man gaan vra by Agulhas kafee, en hulle verwys hom na die munisipale kantoor by die kampeerterrrein. Almal is baie hulpvaardig, maar niemand ken vir Hesterien nie, en daar is ook nie so ‘n persoon wat eiendom in Hoofweg het nie. Dan maar verder soek. Suidpunt Potpourie se werkers word gevra.” Ja, sê die een dame,  ” sy is my suster”. Ons vind uit dat Hesterien by die Parkeraad se kantoortjie werk.

En daar vind ons toe vir Hesterien en die handsak!

Hesterien vertel dat ‘n Australiese toeris die handsak by die Suidpunt van Afrika gevind het, waar Ingrid dit naby die munumentjie op die klippe neergesit het. Hy het dit toe by die Parkeraad se kantoor kom ingee . In die handsak het die Hesterien die kaarte ontdek met Ingrid se naam, maar daar was geen kontaknommer nie. Daar was gelukkig ook ‘n doktersrekening van Ingrid se dokter op George. Hesterien  het toe maar die dokter se spreekkamer gebel, die dokter het vir Ingrid gebel en die res is geskiedenis.

‘n Dankbare Ingrid sê: “ My handbag was as I had left it: not a cent missing, even the 70 Aud still in the wallet. Isn’t this story just incredible? It is awesome in so many aspects and restored my faith in South African Society and Humanity.”

En ek lag al die pad. Arme Ingrid. As sy dit nie jare gelede besef het nie, besef sy dit seker nou: dat daar erens iets verkeerd sal gaan as sy saam met my rondtoer – iets… krateragtig, selfs al is ek rerig onskuldig.

Herstrien met die handsak

Hesterien met die verlore handsak

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., feeverhale en ander stories, kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels, Overberg, Seestories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

18 Responses to Kraterstorie 23: Die avonture van die verlore handsak

  1. travel460 sê:

    Seegogga!! Wat ń krises as jou handsak wegraak. Terwyl ek hier lees besef ek net hoe my hele praktiese wêreld ook in my handsak gepak is. Maar hoe doen ons dit anders?🙈Baie baie bly Ingrid sn is opgespoor.

  2. Toortsie sê:

    Mooi storie! Sjoe, wat ‘n verligting!

  3. karen sê:

    Oe, ek was nou op die punt van my stoel! Wat ‘n storie – en darem ‘n gelukkige einde 🙂

  4. Olga sê:

    Kry mens wragtig nog eerlike mense wat uit hulle pad sal gaan om ‘n ander te help. Knap gedaan Hesterien.

  5. Thys sê:

    ‘n Dankbare Ingrid sê: “ My handbag was as I had left it: not a cent missing, even the 70 Aud still in the wallet. Isn’t this story just incredible? It is awesome in so many aspects and restored my faith in South African Society and Humanity.” ***** Sterre vir hierdie!

  6. Ek glo nogal vas daaraan dat mense oor die algemeen eerder goed as sleg is.

  7. Kameel sê:

    Ek lees en dit is wonderlik dat die handsak weer gevind is, maar dit bly in my kop draai….. is dit seegogga wat vir dertig dae nie ander klere as diè aan haar lyf gehad het nie?

  8. Seegogga hierdie het my verbygegaan maar het nou lekker gelees. Julle het lekker speurwerk gedoen. Dit herinner my al so iets met ook gebeur en ‘n kolonel in polisie het vir my brief geskryf daaroor. Dalk moet ek blog daaroor. Maar besef ook nou dat met die kraterstories alleen wat 23 is jy gaan sukkel om jouself te beperk tot 10 of 20 gunstelinge maar hoe ookal gee vir ons ‘n lys

  9. seegogga sê:

    Abrie,skrýf daai storie. Ek is seker ons gaan lekker lag!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s