mmmm…..sushi!

Soos ons aarbol kleiner word, eet ons mos al meer en meer internasionaal. Het julle al agtergekom hoe ‘n mens elke nou en dan ‘n nuwe dis bykry? Iets heeltemal wayout? Soos yogurt, pizza of calamari?

Moenie lag nie! Vroeer jare was hierdie goed onbekend in Suid Afrika! Ek onthou as as hoerskoolkind hoe hierdie nuwe ding- YOGURT- die land getref het- en hoe grillerig ons was om dit te probeer eet, totdat ons agtergekom het dat dit heel lekker was.

My eerste PIZZA het ek in Rome geeet- in 1972. Ek was baie skrikkerig- watter een moet jy kies? ‘n Margaritha het na die veiligste opsie geklink- sjoe dit was heerlik! Eers in 1979 het pizza in SA behoorlik vlamgevat en het die eerste pizzerias oral opgeskiet, ook op Stellenbosch, waar hulle ons toegelaat het om ons eie bestanndele op te sit, en dan bak hulle dit vir ons. In 1980 het ek en my toekomstige man in een van Johannesburg se nuwe pizzerias gesit en diep ernstige liefdessake bespreek. ‘n Pizza, kompleet met ‘n glas wyn, het saam R4 gekos.  En behalwe vir die belaglike goedkoop prys, selfs destyds, was pizza die nuwe ding wat jy gaan eet het as jy wou uiteet. SA was pizza bedinges.

Op die einste oorsese trippie, was ek en my vriendin een aand so 6 nm baie honger- in Spanje. In die restourantjie is met moeite verduidelik dat dit te vroeg is vir aandete (Spanjaarde siesta mos smiddae en eet laat saans) en dat hulle net hierdie een gereggie het wat hulle vir ons kan gee. Ons het die snaakse gekrummelde ringetjies so gekyk en probeer. Heel lekker, maar wat is dit??? Die wit ding binne-in was beslis nie ‘n ui nie. Verder het hy geen lassie gehad nie- dit was iets anders wat ook rond was, soos ‘n uiering, maar wat? Die Spaanse se beste Engelse woord om te verduidelik, was”fish”. maar ons het nie sulke visse geken nie, en dit het gladnie soos vis geproe nie. Hulle het eenvoudig nie die taal gehad om ons te vertel wat ons nou eintlik eet nie, en ons het nie die vaagste benul gehad nie.

Dis eers jare later, en ek kan ongelukkig nie die datum onthou nie, maar dit was heelwat na PIZZA, dat die nuwe ding hier in SA opgeduik het: CALAMARI. En ons almal begin smul- eers slegs ringetjies, toe strips en steaks. Toe ek dit die eerste keer eet, besef ek- dis dieselfde ding wat ek jare terug in Spanje geeet het .

Nou, so die afgelope paar jaar, is daar ‘n nuwe smaaksensasie: SUSHI!   Skielik eet ons alma rou vis en is MAL daaroor! Ons plattelanders kry eers vanjaar die kans. Na di eerste agterdogtige hap is alle vooroordele vergete. Mmmmmmm!

My oudste kinders in Nederland maak hulle eie sushi en ek besluit sommer: hierdie jaar gee ek ‘n sushimatjie present- vir iemand van ons wat lief is vir kosmaak. Die winkels het ‘n ieder en elk sushi-stelletjies, kompleet met ‘n dvd hoe om dit te maak, maar dis nie wat ek wil he nie- bakkies en tangetjies het ons, op die internet sal ons lesse kry, maar ons soek die matjies! Nerens nie!

In ‘n afslag egte Chinese sushirestourantjie op Stellenbosch, loop ek dit raak. Hulle maak sommer hulle eie matjies, en verkoop dit @ R 30 elk. Ek koop sommer vier.  Hierdie jaar kry sommer amper almal sushi matjies! En raai wat gaan op die spyskaart wees as iemand weer verjaar?

Geseende Kersfees solank. Ek dink darem hierdie Kersfees sal ons nog tradisioneel smul.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

7 Responses to mmmm…..sushi!

  1. Ek sê hoeka nog altyd. Die mense wat nie sushi eet nie is die wat dit nog nooit geproe het nie. Ek is mal oor seekos in die algemeen.

    Ek wonder nou wat is volgende? Rot dalk? Siende dat die Chinese so oorneem?

  2. Olga sê:

    ek is dol oor sushi. Ek het as kind, long ago and far away, dikwels seekat op enige manier met my gryse papa geeet en dit gate uit geniet.

  3. Olga sê:

    o, aarde tog, doen almal nou die moderation ding.

    • seegogga sê:

      Hallo Olga, ek weet ook nie hoekom ek jou nou skielik moet approve nie. Ek het vanoggend by jou kommentaar gelewer, en was toe oopk awaitring moderation. Het jy ‘n aksie teen my? Of is dit al weer die computorgogga? Ek weet van niks wat ek gedoen het om dit te verander nie. O ja, en ek het ook as kind lekker outydse seekat wat ons self uitgehaal het, – geeet saam met my pa Dit was effens anders -op die rooster gebraai, en lang wit goed, nie rond nie.

  4. Olga sê:

    wp wou ons almal wys sy is die baas hier rond met die moderation ding.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s