Toortsie en Olga het nou ‘n ding hier beet, wat my nou weer aan ons vorige opdrag herinner: VUUR.
Daar is nog ‘n ding waaroor ons nog nie geskryf het nie: Vurige Suid Afrikaners.
Kyk, ons is mos al die jare ‘n koppige klompie. Kyk hoe het die Voortrekkers geredekawel en getwis waarheen hulle nou eintlik moes trek. En waarom het hulle nou eintlik weer besluit om te trek? Was dit nie omdat hulle ontevrede was nie?
Netso het die Overberg ontstaan: Omdat die dapperste en koppigste ( lees vurigste) boere besluit het om b0- oor daardie hoe Hottentotsholland berge te trek. So het hierdie Overberg mense elkeen hulle eie koppigheid gehad- niemand sou vir hulle voorskryf wat om waar en wanneer en hoe te doen nie. Die een was koppiger as die ander een, elk op sy eie unieke manier.
Daar was op Bredasdorp ‘n hele paar besondere karakters. Een van hulle was oom Snoekie wat so ‘n regte negosiewinkel gehad het. Elke middag het hy hom op die streepsakke vol koring-, meel- , suiker ens agter sy toonbank uitgestrek vir sy middagslapie. As daar van sy “customers” in sy slaaptyd gekom het, het hy hulle weggewys en gese dat hy nou slaap. Hulle moet maar later weer kom!
My pa was ook ‘n ou karakter. Unieke ou omie was hy. Hulle was die mense wat die lewe interessant gemaak het, al wat dit nie altyd so maklik eom met hulle huis te hou nie.
Maar ek dwaal af. Die punt is dat ons ‘n vurige klompie korrelkoppe is, wat seker nodig is om te wees as jy in AFRIKA wil oorleef. Dit maak ook die lewe interessant. Die dat ons so lekker sterk voel oor goeters soos terroriste, die nuwe regering, die uitwyk na ander lande en ja, ook die TAAL.
Nou klets ons lekker oor taal, maar soms voel ek eintlik ons wat Afrikaans praat, is nie korrelkop genoeg nie! Ons laat onsself glo dat Afrikaans nie ‘n vaktaal is nie, nie ‘n besigheidstaal nie, ens. Ons stuur ons kinders soos vroeer, na Engelse skole, ons kla nie genoeg oor Engels op Stellenbosch nie, ons is soms heeltemal te ‘askies dat ek leef’.
Ek dink dat ons destyds met die aftakeling deur die Engelse ‘n minderwaardigheidsgevoel gekry het, en met die hele apartheidskwessie is dit versterk. En nou ly ons as volk aan depressie. Of ons in SA bly of nie, kom ons maak ons kinders groot met nasietrots- soos die Amerikaners. En leef dit uit: Trots Suid-Afrikaans.
As ek so tussen die lyne deur lees, is jy mos ook ‘n Oom Neels aanhanger?
In elk geval, ek het nog altyd gedink die Sagmoedige Neelsie was net ‘n ironiese vorm van selfspot.
Langenhoven se moedertaal was Engels, hy het inderwaarheid lank teen Afrikaans baklei. Hy het net nie gedink dat Afrikaans ‘n taal werd is nie. Tog het hy iewers van plan verander en ek kan net raai hoekom. Van daaraf het hy alles in die stryd gewerp vir Afrikaans. Veral op politieke vlak. ‘n Mens kan amper sê, was dit nie vir Langenhoven nie, was daar nie vandag Afrikaans nie.
Klink dit na iemand wat sagmoedig is?
Gee my enige dag ‘n vurige mens, dan weet ek ten minste hulle lewe en laat dinge gebeur.
Ek is mal oor Langenhoven! Kan maar se hy het my leer lees. Van kleinsaf( so vanaf st 1) lees ek die Versamelde Werke! Brolloks en Bittergal, die Hoop van Suid Afrika, wonderlik spookstories. slim spreuke. Nee hy was ook ‘n vurige ou!
Hoor hoor! vir so ‘n skryfsel!!! Soos my vriendin, Atsie, sal sê: “Hoora Hoora” (hoor daar, hoor daar)….. O Moedertaal, o soetste taal, jou het ek lief bo alles….. ek sal baie dinge doen sodat mense net my taal sal praat… ek leer Xhosa en Sotho-sprekende kindertjies in afrikaans sing, lees, bid… soveel so dat hulle in afrikaans op ‘n eisteddfod gaan sing – in SUIWER afrikaans, so mooi!!! Dankie seegogga, wel gedaan. O ja, ‘n ou Bredasdorpvriend van my wat nou nie meer in die Overberg woon nie, het ‘n epos gestuur – hy geniet jou blog BAIE!!
Dankie Toortsie! Nou is ek baie nuuskierig…..!
leke man.