” Dis die vrolike vlam wat klap en kraak
en swaarkry tot lekkerkry maak
en die werk met lekkerkry klaar kry” (of so-iets) jare gelede deur Langenhoven geskryf. Ongelukkig le my Versamelde Werke nou ver hiervandaan en moet ek op my gebrekkige geheue staatmaak.
Ek het ‘n opdrag gekry van Olga af, om oor vuur te skryf, en dis eintlik gevaarlik: ek is mos nou besig met ‘n seksboek!
Dink nou net daaraan dat vuur so ‘n belangrike rol in ons lewens speel, dat hy oral in die taal ook uitslaan: Hy is vurige vryer. Hulle het ‘n vuurwarm vryery aan die gang. Sy oe vlam van woede. Hulle is vuur en vlam vir die saak. Die nuus versprei soos ‘n veldbrand. Hy het baie brandewyn gedrink en is nou vuurwarm.Die chillies brand soos vuur. Fireballs is ronde lekkers. Moenie, verder moeilikheid soek nie, jy gaan net olie op die vuur gooi. Hy brand van begeerte. Ens.
Watter vuur is vir my die lekkerste? Die braaivleisvuur? of miskien die kaggelvuur. Ek kan ure so in die vuur staar en die vlammetjies bestudeer. Geen twee vure is ooit dieselfde nie, nes die see ook gedurigdeur verander. En soos ek nooit moeg raak om vier die see te kyk nie, so raak ek ook nooit moeg om vir sy teenoorgestelde, vuur, te kyk nie en my bene so behaaglik uit te strek en lekker gekoester te voel in die warmte van die vuurtjie nie. Miskien is dit die lekkerste van alles, dat die vuur, benewens sy noodsaaklikheid, sy potensiele gevaar en sy dramatiese mooi voorkoms, ook so heerlik warm maak.
Terug pieng: Die groot vuur « Leon von Moltke se blog
Ek het ietsie daar by my opgeplak, jammer dit het so lank gevat!
en ELKEEN s’n is WONDERLIK ANDERS!!! Dankie vir die saamspeel!!!
Kaggelvuur bly maar die geselligste hittetjie op die koudste winteraand.