Ma se seksboek. Brief 20: Hoe ver?

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Julle wonder seker waarom ek nou in soveel detail beskryf wat julle eintlik eers moet uitvind in die huwelik?  Wel, gedagtig aan al die ‘moes’ troues deur die eeue, help dit nie om met oogklappe deur die lewe te gaan en te dink dat my eie kinders nooit voor die versoeking te staan sal kom nie.  Ek dink as ‘n mens al hierdie dinge VOOR  die huwelik weet, is jou kanse om te wag tot jy getroud is, beter.

Dit klink vergesog en wild, en miskien is dit ook, maar as jy kan leer om jou vriend seksueel te bevredig en hy vir jou, SONDER penetrasie, is julle behoefte tot volkome liggaamlike vereniging meer hanteerbaar.

Miskien praat ek nonsens.  Maar as ‘n mens reeds 4 jaar uitgaan, soos julle, Leanie, kan dit net moeilik wees om kuis te bly.  As ‘n mens dan ook voel dat julle definitief wil trou, maar nog nie finansieel gereed is nie, en die drange wil handuit ruk, is dit ‘n oplossing.  Maar wees uiters versigtig.!  Baie paartjies het al swanger geraak deur net met mekaar te ‘speel’.

Nouja, my ma sal tot in haar siel geskok wees, en baie ander ma’s ook.  Ek dink egter ek is redelik realisties as ek dink aan vandag se jongmense.  Ek self het laat getrou en algaande, weet julle reeds, gaan mens verder op die trappies en draai nie om nie.

Wees egter baie stadig.  Hou hierdie spel vir jou toekomstige huweliksmaat en nie sommer vir enige kerel nie.  Annika, jy en Conrad gaan nog nie lank genoeg uit nie!  En Lienkie, nou nog slegs drukkies en soentjies ( al is die ou ook hoe ernstig).  Soos met alle mense, is alle verhoudings ook uniek.  Wat vir een reg is, is nie vir ‘n ander reg nie.  Wees oopkop daaroor, maar om redelik ver te gaan met die ou wat jy jou lewensmaat wil maak, leer jou ook aspekte van hom ken wat bonuspunte of struikelblokke in die huwelik kan wees. Ek dink julle het drie pragtige vriende, maar julle ken hulle binneste beter as ek.

Lekker slaap en baie liefde.

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

2 Responses to Ma se seksboek. Brief 20: Hoe ver?

  1. Enige iets waaraan jy die woord seks kan koppel, beteken jy het te ver gegaan. Orale seks byvoorbeeld… Ek persoonlik dink jy kan net soen. Enige iets verder as dit is oor die tou trap. Seks is geskape merendeels vir die een word van man en vrou en nie oor die plesiere daaraan gekoppel nie. As jy buite die huwelik op die prikkels reageer laat jy jouself oop vir ander ball game…

    Ek weet dit is vrek moeilik, en ek is dankbaar die Here was (IS) my genadig dat ek nog nie weer in ‘n verhouding was na my my omkeer nie. Want ek weet verseker ek sal sukkel.

    • seegogga sê:

      Sjoe, ek dink self dis moeilik. En miskien is dit wat ek hier preek nie volgens almal se standaarde nie. Maar ek weet ook dat die meeste mense nie 4-5 jaar lank net gaan soen nie. (dis hoe lank iemand wat ek ken met haar vriend uitgegaan het voor hulle getrou het). Met media druk en verandering in die waardes van die samelewing, is dit baie moeilik om maagd te bly. Sy kon dit regkry tot die gine wat haar voorbehoeding voor die troue moes gee, se verbasing. Blykbaar is dit deesdae ‘n rare verskynsel. Sy is vandag baie bly dat sy kon wag tot sy getroud is en nie hierdie kroon op die huweliksverhouding geskend het nie.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s