Ma se seksboek . Brief 14: Geloof

Liewe Leanie, Annika en lienkie

Dit bring ons by die volgende aspek: GELOOF.

Julle gaan nou al drie vas uit. Bid vir God om vir julle die pad te wys – is dit die regte ou vir jou? Bid vir julle verhouding. Bid vir jou ou!

Bid ook saam met jou ou. As julle twee saam oor julle geloof kan praat, as julle saam kan bid, is dit wonderlik.

Geloof ( of die gebrek daaraan) is vir alle mense ‘n rigtingwyser en ‘n anker ( of nie). Sonder geloof raak ‘n mens maklik drywend. Geloof dra ‘n mens deur diep waters, dit hou jou op die regte pad, dit bind jou saam. Bid alleen, maar ook saam en jy sal sien dat julle verhouding ‘n nuwer, dieper dimensie kry. God sal vir julle duidelikheid gee oor baie dinge. Hy sal julle dra en beskerm.

Bid vir jou ou!

Lekker slaap en liefde.

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

4 Responses to Ma se seksboek . Brief 14: Geloof

  1. Weet jy watter boek ek dink ‘n must read is vir enig seun en meisie…

    Wild at Heart vir die seuns (maar die meisies moet dit lees om te sien wat in ‘n man se hart aangaan)

    Captivating vir die meisies (seuns mag dit dalk boring vind maar die meisies leer waarin hulle skoonheid lê)

    Die boek(e) is geskryf deur ‘n egpaar John en Staci Eldredge.

  2. seegogga sê:

    Dankie, Girl, ek gaan dit vir my bestel.

Lewer kommentaar