ANGLER’S PRAYER
LORD, grant that I may catch a fish
so big that even I,
in speaking of it afterwards,
may have no need to lie.
Anon.
“Tamaai haai! Tamaai haai!” Dis April 1922 en dis die kinders van Hermanus wat so roep. Hulle het ‘n groot haai naby die Marine Hotel gesien.Daardie jare het daar dikwels sulke groot haaie is die see naby Hermanus se ou hawe geswem, en as iemand een gewaar het, was dit die algemene uitroep.
Op Hermanus het daar ook ‘n bobaas visserman gewoon: Bill Selkirk. Toe Selkirk die geroep hoor, los hy alles, vat sy sterk bamboesstok, en stap see toe.
Dit was die jare toe dinge nie sommer in ‘n winkel gekoop is en klaar nie. Selkirk se stok is omtrent 4 meter lank. Die katrol het hy self gemaak van die as van ‘n fietspedaal. Op die katrol het hy meer as 500m Ierse tou (Irish twine) en aan die voorpunt van die tou is meer as 3 meter sterk draad. Aan die draad het hy ‘n 4-gallon parafienblik vasgemaak om as dobber te dien. Die blik het hy rooi geverf, en nog verder vol lug geblaas deur ‘n fietswiel se klep wat hy aan die blik vasgesoldeer het. Heel voor is ‘n yslike handgemaakte hoek.
Net na 2 nm die middag byt die haai. Die rooi blik verdwyn skoon onder die water in. Selkirk se handgemaakte katrol het geen rem aan nie. Hy beheer die katrol met ‘n stuk leer om sy hand te beskerm en die visstok rus in ‘n leersak om sy lyf.
Heen en weer oor die klippe hardloop Selkirk al agter die haai aan. Die wat Hermanus se kuslyn daar naby die hawe ken, sal weet dat hierdie geen geringe stelling is nie! Selkirk moet kophou om te keer dat die haai die tou met sy stert afsny of dit op die rotsriwwe deurskuur( of dat hy dalk self in die gevaarlike see beland!).
Die winkels, poskantoor en bank sluit hulle deure om na die groot geveg te gaan kyk. Drie-uur gaan verby, vieruur, en almaardeur moet Selkirk hawe toe hardloop en terug
Uiteindelik, na 7 die aand, is die haai moeg en Selkirk kan hom inkatrol hawe toe. Hy het byna ses uur lank met die vis gespook.
In die hawe skiet hulle toe die vis met ‘n harpoen en al die omstanders help om hom uit te sleep.
Die nuus word wereldwyd in die koerante versprei: ‘n Groot witdoodhaai is gevang. Hy is 4,o3 m lank en weeg ‘n volle 987Kg- ‘n wereldrekord.
In die fotografiese museum op Hermanus kan mens gaan kyk na die tande van hierdie ‘tamaai haai.’ Die hoek is ongelukkig deur iemand gesteel.
Dis vir my baie jammer dat hierdie wereldrekord op die ou einde toe nie erken is nie, oa omdat Selkirk ‘n dobber gebruik het.
Tot vandag toe ( en ek het oral rondgebel om uit te vind) is daar volgens my wete nog nooit ‘n swaarder vis van die kant af gevang nie.
Desjare se mense was vindingryk en baie dapper. Wow!!!! Amper 1000kg en dit word nie erken nie. Gelukkig het oorlewing dit van geslag tot geslag oorgedra. Wow! en die foto is darem ook daar.
Ja, dis die visvangstorie van die eeu, dink ek.
Goeie genade! Dis omtrent ‘n visvangstorie!
Ja, dit herinner my aan ‘n gediggie wat ons op skool geleer het. Ek gaan dit gou by my blog voeg!