Ma se seksboek: Brief 8: Vryheid en gebondenheid

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Ja, dis wonderlik om verlief te wees.

Dis egter wanneer ons so onbeskryflik lief voel vir ‘n ou dat ons partykeer te veel gee op fisiese ( en emosionele!) gebied. Ons wil graag vir hom alles gee wat ons het!

Ongelukkig werk dit nie altyd so nie. Party maak misbruik daarvan. Hulle soek meer die fisiese deel.  Jou gevoelens is minder belangrik.

Ander wil jou heeltemal oorheers. Hulle raak later baie besitlik, jaloers en voorskriftelik.  Wees versigtig vir ouens wat baie jaloers of besitlik is en bv. vir jou wil voorskryf wat jy moet aantrek ens., alles onder die vaandel van liefde. Jy word so ongemerk-ongemerk sy slavin. Pasop, so ‘n ou raak dikwels later geweldadig. LOS HOM!

Party voel weer bedreig. Hulle is bang om te diep betrokke te raak en voel maklik vasgevang in ‘n verhouding. Party raak heeltemal paniekerig as die meisie begin “moederlik” raak en bv sy kamer aan die kant wil maak of so-iets.

Onthou, hoewel ons dadelik hoogsverlief is en dolgelukkig is om die heeltyd by hom te wees en hom te koester en hy vir jou, is ‘n man se vryheid vir hom baie belangrik. Hy wil soms saam met sy vriende(“die boys”) wees en mansdinge doen, en hy wil nie vasgevang voel nie.

Vergelyk die volgende idiome: Hy het “die strop om die nek”; “Nog ‘n goeie ou het sy gat gesien” ens. Hierdie idiome word net vir die MAN gebruik. Kyk ook op die troues en op troufoto’s na die bruidegomme.  Die bruid is stralend: dit is die gelukkigste dag in haar lewe. Die bruidegom het soms ‘n gespanne trekkie om die mond en lag nie heeltemal so hartlik nie – en soms glad nie!

Pas dus op dat die ou nie voel jy wil hom vashou in ‘n verhouding nie.  Hy sal spartel om los te kom. Hy wil vry voel!

Lekker slaap my liefies.

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

5 Responses to Ma se seksboek: Brief 8: Vryheid en gebondenheid

  1. “Vergelyk die volgende idiome: Hy het “die strop om die nek”; “Nog ‘n goeie ou het sy gat gesien” ens. Hierdie idiome word net vir die MAN gebruik. Kyk ook op die troues en op troufoto’s na die bruidegomme. Die bruid is stralend: dit is die gelukkigste dag in haar lewe. Die bruidegom het ‘n gespanne trekkie om die mond en lag nie heeltemal so hartlik nie – en soms glad nie!”

    Dink jy regtig dis so? Altyd? Ek wonder hoekom? Hoekom is “vrouens” (as mens dan nou wil veralgemeen) so stralend op hulle troues (al die bruidegomme wat ek ken is/was ook op hulle troues, daar word gewoonlik net nul aandag aan hulle gegee) en dan aards ongelukkig later in hulle lewens? Dis seker maar net hoe mans is…

    Ek stem 100% saam oor besitlike/jaloerse mense (dieselfde geld vir vrouens ook). Dit kan iemand se lewe vernietig as hulle in so ‘n verhouding0huwelik vasgevang word.

  2. seegogga sê:

    Dankie Leon, ek sal die woord “soms” insit. Natuurlik is almal nie so nie. Maar dis tog opvallend hoe ouers geterg word oor hoe hy homself gaan vasteken ens en hoe dikwels mans baie bang vir die huwelik is. Ons hoor ook selfs van ouens wat nie opdaag by die kerk nie en gaan kyk maar na (sommige) van die troufoto’s. Ek dink wel omdat die lewe deesdae vryer is, is die huweliksmaats ook meer ontspanne. Maar dan skei mense deesdae ook weer makliker, ne.

  3. Baie, baie waar woorde die. Ek het baie lank gelede ‘n verlowing verbreek omdat my verloofde my aan die arm gegryp het tydens ‘n bespreking, nie eers ‘n getwis nie. Ek het die volgende oggend na die vyf blou merke op my arm gekyk en net daar besluit om hom te laat gaan, ek was vas oortuig dat hy later aan my sou slaan. Ek is nog steeds nie spyt nie, amper 25 jaar later.

    • seegogga sê:

      Sjoe, Celia, ek is rerig bly jy is betyds uit! Die moeilikheid is dat almal nie betyds die tekens sien nie. Dit is meer as fisiese mishandeling, dis ook ‘n geestelike aftakeling van jou selfbeeld en eiewaarde.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s