Lied van ‘n Mamma by haar slapende kind
Ek sal vir jou ‘n versie maak
Ek sal vir jou ‘n liedjie sing
wat fluister van die wind-
‘n reenboog en die see,
van blomme en van soentjies,
van die vreugde wat jy my gee.
Ek sal vir jou ‘n versie maak
van die koue winternag-
van ysreen teen die ruite
toe ek by jou siekbed wag.
Ek wag vir die nuwe more
vir die son se nuwe dag
Ek wag dat jy gesond word
en vrolik vir my lag.
Ek sal vir jou ‘n versie maak
my liewe kleine kind,
want na die donker nagte
het ek jou lag weer teruggevind.
En as jy lag is dit soos perels,
diamante en robyn:
Jy is soos kosbare skatte
my liewe kindjie klein.
seegogga, dis SO mooi! Daar is NIKS soos ouerliefde nie!!
Wie is die skilder?
Hierdie is ‘n stokou afdrukkie van Bessie Pease Gutmann. Die titel is : the new love.( waarskynlik die teddie ipv die poppie?) Dit was nog altyd vir my so ‘n mooi prentjie. Ek het hom nou afgeneem en bietjie helderder gemaak met “fix”. Sy het pragtige kinderprentjies geteken . Jy kan haar gerus Google