Aandag! standardiseer rekenaars en selfone!

So breek my laptop mos so ‘n maand gelede.

En ek kry ‘n nuwe laptop.

En hy is Grieks!

Ek weet nie waar is my files nie, my foto’s is toe in ”folders”, Daar waar die aanhalingstekens moet wees, is die @ en daar waar die @ moet wees, is die “. My nefie het die reggestel. Die ding moet South African English praat, nie Uk English nie. Die Britte is nie meer ons heersers nie. NOU HOEKOM IS HY VANNAAND WEER OP BRITSE ENGELS?

Sy skrif is so klein ek kan dit nie lees nie, Ek moes hom op 110% stel en glo ek sal dit more weer moet doen, en niks is cool nie, behalwe sy spoed.

Hy is vinnig! Jippie! Ek hoop ek leer hom eendag ken. Maar hoekom moet mens elke keer so sukkel? Waarom standardiseer hulle nie die goed nie? Waarom kan almal nie dieselfde chargers het met dieselfde punte nie, en waarom kan alle printers nie sommer op dieselfde manier met die laptops praat nie en waarom …..

Nee wag, laat hierdie ou tannie nou eers gaan slaap. More sal ek die mannetjie bel dat hy my kom verduidelik hoe om goed in te scan, waar die hakies is , waar net mooi alles op hierdie boksie vol perriwinkle skulpies is. Die seegogga wil tik!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener!, Los opdrifsels and tagged , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to Aandag! standardiseer rekenaars en selfone!

  1. Toortsie sê:

    In elk geval, veels geluk met jou nuwe vinnige laptop!

  2. Una se gedagtes sê:

    My maag draai sommer as ek iets hoor van ñ nuwe rekenaar of selfoon!🙈🙉 Sterkte daarmee, Seegogga.

  3. woordnoot sê:

    Eish…niemand glo my as ek sê tegnologie is die dywel se uitvindsel nie want niks steel mens se vrede vinnger as tegnologie, nuwe rekenaars, selfone en al daai jazz nie.

  4. seegogga sê:

    JDaar praat jy nou die waarheid!

  5. Ai Seegoggam sterkte. Dit is een rede waarom ek duurder betaal om ‘n Apple produk te besit. My iMac het tien jaar diens en gradeer elke keer maklik na ‘n nuwe bedryfstelsel toe. Sonder om skielik Grieks te weea. Ek kan ‘n Apple produk koop en alles werk soos dit gewerk het. Ek haat dit om te sukkel, dit mors onnodige tyd. Ek het wel ook ‘n Windows rekenaar en op die oomblik moet ek hom gebruik om my verwysings te doen aangesien Microsoft nie meer sy bedryfstelsel ondersteun nie. Ek oorweeg om in te ruil, kan R15 000 vir hom kry. Maar, dan moet ek inbetaal op ‘n nuwe een, nogal baie. Dit kos R42 000. Ek troos my egter daaraan dat ek dit met een artikel se geld kan betaal, veral as ek die R15 000 vir my ou model kan kry. Sy makeer niks, alle ander programme werk perfek. Ek HAAT Microsoft en sal maklik na iets anders oorskakel, as daar iets was. Sal nog vertel waarom ek Microsoft nou nog meer HAAT.

  6. Jy opper almal se frustrasie, of meeste van ons sin. Hoop jy geniet die laptop en kry dit vinnig uitgepluis…

  7. ekmyselff sê:

    Geniet jou nuwe laptop, jy gaan sommer vinnig weer gewoond raak aan hom

  8. Jy eggo my sentimente oor tegnologie. Na my afgelope ses maande met selfoon duiwels wil ek sommer terug keer na die slingervtelefoon. Nietemin geluk met jou nuwe laptop

  9. VirgoC sê:

    Geluk Seegogga. Maar ja, ek hoor jou. Trommeltjie, ek stem sam oor foon. Ek dink hoe meer dae hoe meer verpes ek al die tegnologie. Ek verstaan nie hoe dit nie mense uitfreak nie, hoe gemakliker en vinniger, hoe meer skills word verloor. Dalk net ek wat so probleem het met iets wat nie ma of pa gehad het wat so besluite doen nie🙈

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s