
Liewe lesers
Sjoe, ek het so lanklaas geblog. Dit beteken nie ek het lankaas geskryf nie, né. Eintlik was ek heel bedrywig!
As ek nie besig is om een of ander onhebbelikheid of wilde avontuur met die Goue Vroue te beleef nie, neem ek deel aan ‘n kortverhaal kompetisie. In die spesifieke kompetisie was daar 8 uitdunrondtes. Ek is dankbaar om te kan se dat ek deurgedring het tot die finale rondte, rondte 8, (wat uit 2 hoofstukke bestaan het. Rondte 8 en 9 is saam beoordeel, so ek tel dit as een rondte).
Ongelukkig het ek nou nie hierdie finale rondte gewen nie, maar nou het ek 8 stories om mee te werk. As julle my nie in tydskrite sien nie, gaan ek ‘n e-boek maak, maar erens gaan hierdie stories gepubliseer word. Daaroor is ek baie dankbaar.
Soms is ‘n mens te bang om te waag. Of te lui. Of albei. So was ek met hierdie kortverhaalkompetisie. Tot ek die dag voor die eerste sluitingsdatum besef het: As ek nie nou iets doen en deelneem nie, gaan ek dit nooit doen nie.
Ek het ingespring en begin werk ( want alles wat die moeite werd is, kos ‘n bietjie werk). ‘n Kwartier voor die sluitingstyd ( 12uur, middernag, van die spesifieke dag), is my storie toe in. Ek was heel verras toe ek deur is na die volgende rondte, en die volgende rondte, en die volgende rondte, ens.
In die proses het ek geleer, EK KAN. Ek moet sê, die avonture saam met die GOUE VROUE,het regtig so gehelp. Ek glo ek sal nou ‘n boek kan skryf as ek my hart daarop sit. Vroeër het ek nie geglo dat ek dit sal kan doen nie
So wat is die lessie?
Wie nie waag nie, wen nie.
Probeer is die beste geweer.
“Never give up! “
Aanhouer wen!
Glo in jouself!
Roer jou gat en doen iets!
Arbeid adel!
Carpe Diem!
Niks is onmoontlik nie!
Jy kan!
Ja, daar is seker nog lewenslesse,, maar hierdie is al waaraan ek nou so vinnig kon dink. Baie dankie aan die admin van Storieskrywers, en baie dankie Goue Vroue!
Die van julle wat graag’n Wilde avontuur van die Goue vroue wil lees, daar is twee gratis e-boeke om te LEES. Ons was al in baie avonture en was selfs in ‘n naelbyt avontuur in die buitenste ruimte, maar dit is tans nog nie in e-boek formaat beskikbaar nie.
Goue Vroue in Jumanji by Goue Vroue, Letty-Ann Möller, Adri de Kock, Antoinette Goosen, San Dreyer, Anna-Marie Groenewald Seegogga, Madelé Burger, Hannelie Raath, Una Steenkamp, Carien Steenkamp, & Ria Fourie
Price: Free! Words: 14,260. Language: Afrikaans. Published: September 29, 2021 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Adventure » Action, Fiction » Holiday » Humorous
Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture – hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Dit is ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.
Goue Vroue in Wonderland by Goue Vroue, Letty-Ann Möller, Adri de Kock, Christa van Staden, Antoinette Goosen, Anna-Marie Groenewald Seegogga, Madelé Burger, Una Steenkamp, & Ria Fourie
Price: Free! Words: 9,510. Language: Afrikaans. Published: September 25, 2020 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Fairy tales, Fiction » Fantasy » General
’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.
Om een af albei van hierdie boeke GRATIS af te laai en te te lees, klik hier: ( en expect the unexpected!)
https://www.smashwords.com/profile/view/seegogga
Liedegroete.
Seegogga
Dis nou so oulik van jou om hierdie te skryf, Seegogga. Dankie. Ook baie geluk met die skryfkompetisie, ek volg jou elke beweging daarmee.🥰
Dankie Una!
Ek sekondeer Una. Dit wil gedoen wees, en ja, ons wag vir die boek, hoor!
Ek hoop hybkom, Christa!
Baie geluk Seegogga! Dit kos baie dissipline en harde werk om só ver te kom en jy het goed gedoen.
Dankie Hester. Ek is regtig verbaas dat ek so ver gevorder het.
Ek is mal oor jou skets!
Dankue Una, ou skets by een van my virige blogs, wat ek weer gebruik het
Ek stem saam,baie oulike idee en baie geluk Seegogga🥳🥳
Baie dankie, VirgoC!
Mooi so, Seegogga – jy’s ‘n inspirasie!
Dankie Frannie
Ek is so baie trots op my seegogga maatjie. Jy mag en jy kan! Nou wag ons vir al wat tydskrif is om jou stories te publiseer en jy kan maar begin skryf aan daardie boek.
Dankie my Toortsie sussie, wat altyd ‘n liggie in die duisternis is.
Ek is so bevoorreg om sulke beroemde mense te ken
Ha ha, beroemde Goue Vroue
You go girl! Bring daai boek…baie geluk hoor!
Jy is kosbaar en ons Goue Vroue rock!