Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.
Seegogga, Frannie, Ekmyself en Kameel probeer om Woordnoot op die waentjie te kry sonder m aan haar te vat.
“Hou moed, Maatjie, hou moed,” sê Seegogga met haar kommunikasieknoppie in haar oor.
“shhhhhhhhhhh shhhhhhhhhhtttttt”
“Druk jou defrost knoppie op jou linkerarm!” Woordnoot beweeg nie.
Seegogga besef nou dat sy nooit vir die Goue Vroue gewys het waarvoor al die knoppies op hulle ruimtepakke is nie. Daar is die telepatieknoppie by die oor, die temperatuurreguleerdeer op die linkerarm, die knoppie vir verdwyn en verskyn, en die knoppie vir kos en energie , ook op die linkerarm.
Die lazergeweer is vasgegespe aan die goue lyfgordel en die knoppie op die gespe gooi beskermende strale om jou sodat niks jou kan tref nie. Die goue stewels is om oor water, ys of vuur te kan hardloop. Die selfoonagtige dingetjie op die regterarm is ‘n kommunikasiemiddel om boodskappe aarde toe te stuur, tale in gewone Afrikaans te vertaal en kennis in te win soos mens met Google doen. Die antennas op die kopskerm het GPS in en bepaal allerlei posisies, weersveranderinge, en temperatuur.
Maar dit help niks as die Goue Vroue dit nie weet nie!
“Druk gou die middelste knoppie op julle linkerarms” roep sy uit. Self doen sy dit ook en voel ‘n genadige hitte deur haar lyf versprei.
Die Goue Vroue , wat almal noual halfpad verkluim was, kry weer pienk wange – Almal behalwe Woordnoot.
Seegogga besef dat Woordnoot nie kan beweeg nie.”Gou, Sonell, gaan haal jou haardroër! Una, warm water asb! Julle ander, haal gou af julle buffies!”
Sonell begin om Woordnoot te blaas met die haardroër en Una spoel warm water oor haar. Almal wat plek kry, vryf die ys van Woordnoot af met hulle buffies. Met hulle temperatuurreguleerders is dit nou nie meer ‘n problem om aan Woordnoot te raak nie. Terwyl die vroue verwoed werk om Woordnoot te ontdooi, beweeg die sneeuwurms stadig maar seker al nader. Seegogga pluk haar lazerwapen uit. As een te naby kom, gaan sy hom skiet, sowaar!
In die proses sien niemand die geruislose grys ruimtetuig wat bokant hulle koppe hang nie.
“Terug GVVP toe!” Skree Appeltjie en San. ” Kom ! Daardie yswurms kom nou al vinniger nader!”
‘’GVVP?” wonder Trommeltjie.
“Ja die Goue Vroue Vuurpyl, man!”Appeltjie is haastig en bekommerd.
Hulle probeer, maar Woordnoot kan nog nie lekker beweeg nie, en die waentjie waarop hulle haar getel het, het intussen aan die ys vasgevries.
Die vroue beur en trek, maar hulle vorder stadig. “Kom ons los die waentjie en dra vir Woordnoot!” Una en Toortsie sit daad by die woord en tel Woordnoot op.
Appeltjie en Aalsie is eerste by die GVVP , maar kan nie in nie, want Sonell sit met die kontrole in haar sak en sy is dringend besig met die haardroër.
“Gee, ek sal oorneem, Sonell, maak ons tuig oop!” Christa se stem raak al dringender, want die sneeuwurms is byna by haar. Sy verbeel haar sy sien aaklige lang tande op en af beweeg in die sneeukoppe.
Die vroue klim in om vir Woordnoot , Una en Toortsie op te help. Die volgende oomblik skyn ‘n verblindende wit lig af op die 3 wat nog in die sneeu naderkom.
Die Goue Vroue kyk verbysterd hoe die Toortsie, Una en Woordnoot gillend opstyg en deur ‘n luik van ‘n grys vlieënde piering verdwyn. Die piering kantel skeef en trek geruisloos, maar teen duisligwekkende spoed weg, so 20 grade na links , reguit skuins links van ‘n groot Black Hole.
Sal Positief asb help!

Pppppfffffttťtttt……
Goeie griet Seegogga. My hart is nou so op loop. Moedhou Woordnoot, ons het jou
Dis vir my ook erg,Appeltjie. Ek hoop ons kry hulle eendag weer.
Ek is bly daar is ‘n telepatieknoppie op ons almal se ruimtepakke. So kan ons oral konrak hou!
Netso! Daar is hoop om daardie vlieënde pierinf oo te spoor
Woordnoot, ek het so paar ander mede-klinkers wat ek wil gil. Wadehel? Wa moet ons nou daai ander GV gaan haal? Seegogga, is daai GPS inni pak om ons ook op te spoor? Ek druk telepatie knoppie en sê net heeltyd, is ok, ons kom. Lyk vriendelik en moet nie panic nie , maar moet nie sommer net rond gestoot word nie👽🧑🚀🦾
Ja hopelik werk die GPS goed. Ek gl9 hulle hoor. Bsie dankie dat jy hulle si bemoedig! Maar bemoedig asb ook maar die klomp hier in ons GVVT! Ek hoor ‘n geween en ‘n gekners van tande.
Genade! Van erg na erger! Ek sal vinbig die knoppies moet leer!
Wel, ons sal jou telepaties inllig waarvoor die knoppies is. Asseblief. Let op en laat ons weet waarheen julle op pad is.
Ek hoop Una het rigting. Of WoordNoot. Ek en paniek werk nie goed saam nie.
Seegogga, ekverwonder my aan jou ongelooflike verbeelding en skryftalentben natuurlik jou kunssinnigheid daarmee saam.
Liewe land en daar gaan hulle, sommer net so. Ek is verstom en verslae.
Sjoe Seegogga, dit is oulik geskryf. Ek sal sommer ook weer saam wil probeer.
Nou toe, asb! Jy is mos ook in die GVVP!
Nou hoe nou. Daar trek ons drie, die een half verkluim met min woorde, Toortsie rigtingloos en ekke tegnologie-geremd!
Ek hoop jou telepatiekanaal werk. Jy hoef niks te dien nir, jy moet net die regte knoppies druk rn as dit nie werk nie, druk jy almal.
Ek is dalk tegnologies nie heeltemal so dom nie. 🙈
Dankie tog daarvoor!
Maar ek het ń gun!!!
”n Spesisle een. Ag ek hoop tog julle is veilig daar in darie vlieēnde piering!
Sorry, ma nou lag ek so, een half verkluim, rigtingloos en tegnologie geremd😂😂😂😂😂. Maar wag, ons moet eers almal in die GVVP laat kalmeer en dink. Kan ook nie sê kyk vir weird goed nie👽, maar kyk of iets anders lyk tot ons julle kom haal. Kry Woordnoot om te defrost🌻
Ai Woordnoot en dit alles omdat jy nie in die beheerkamer gebly het nie. Nou is jy bevrore en weg.
Briljant geskryf. Hoe kan ek daarop volg. Sal voorwaar ‘n haas uit ‘n hoed moet ruk vir die een
Ek kan nie wag nie
Druk ek almal? Is jy seker dis veilig, Seegoaa? Ek blaas dalk op soos ń Blaasoppie en pop!
Oe al daai knoppies – waffer ene is nou weer waffer??
Ek het klaar verdwaal in my lugpak se knoppies.
Terug pieng: Gyselaarsdrama – Ruimtestorie – toortsie.com