Boekbespreking: “The hundred-year old man who climbed out of the window and disappeared”, deur Jonas Jonasson.

 Alan Carlsson, ‘n 100 jarige oom in ‘n ouetehuis, was nie lus om sy 100ste verjaardag wat die kwaai matrone vir hom gereël het, by te woon nie. Toe klim hy deur die venster en land met sy pis-slippers in die blombedding. En so begin die avontuur van ‘n leeftyd.

As jy wonder wat dan nou met iemand kan gebeur wat reeds 100 jaar oud is, lees gerus die snaakse absoluut buitengewone avonture van Alan en die mense wat hy deur die loop van sy avonture ontmoet het. Tussenin kry ‘n mens ook ‘n terugblik na Alan se vroeëre lewe en ook sommer die wereld se belangrike gebeure die afgelope 100 jaar.

Alan se ma het vir hom geleer dat die lewe gebeur soos hy gebeur en dinge is soos dit is. Hy het dus nooit eintlik vooruit beplan nie en nie geglo hy kan ‘n bydrae lewer tot die wereld nie. Tog lewer Alan ‘n baie belangrike bydrae om die wereldgeskiedenis te verander. Hy was die man wat toevallig op die verkeerde plek op die regte tyd was. Dit is fantasie in werklike wereldgebeure vevleg en die resultaat is skreeusnaaks.

Daar is reeds 8 miljoen eksemplare wereldwyd verkoop en die boek is al in 35 tale vertaal. Hierdie is ‘n heerlike tong-in-die-kies boek wat telkens verras met die onverwagte. In hierdie depressiewe covid tyd, is dit lekker om ‘n ligte boek te lees wat die lagspiere prikkel. Ek beveel dit sterk aan.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Boeke en flieks, Los opdrifsels and tagged , . Bookmark the permalink.

16 Responses to Boekbespreking: “The hundred-year old man who climbed out of the window and disappeared”, deur Jonas Jonasson.

  1. Letty-Ann sê:

    En daai slippers met die ongeskikte naam is so genoem omdat ou ooms die geneigdheid het om te ver van die pot te staan en dan hulle slippers nat piepie.

  2. Toortsie sê:

    Dankie! Nou het jy my ook nuuskierig. 😁

  3. Ek gaan moet lees, baie dankie vir die deel.

  4. woordnoot sê:

    Nou klink daai mos soos die boek wat ek nou moet lees……

  5. Klink na ń lekker lees boek

  6. Christa sê:

    Ek was mal oor hierdie boek! Ook “The Girl who saved the King of Sweden” … van dieselfde skrywer.

  7. seegogga sê:

    Accidental adventures if the 100 year old man

Laat 'n boodskap na trommeltjies Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s