Hier is die eerste hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9
Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te
NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:
https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

“Kom ons gaan Rhebusfontein toe!” Seegogga praat met bravade . Sy het nou genoeg gehad van Covid watookal. Al meer berigte doen ook die rondte dat die siekte dalk mensgemaak is. Sy wonder wie dit kan wees wat so gemeen is.
Toorts is dadelik entoesiasties. Sy het mos ‘n permit – en alreeds ‘n polisie-rekord. Wat kan sy dan nou nog oorkom? Buitendien deel sy Seegogga se bekommernis oor haar Rhebusfonteinhuisie en ook die vooruitsig van avontuur.
Toorsie wil sommer die volgende oggend 5vm wegspring, maar Seegogga het gewoond geraak om eers so 10vm op te staan tydens die grendeltyd.. Agt uur die volgende oggend val hulle in die pad. Toortsie ken al die plaaspaaie en agterpaaie en hulle ry sonder voorval tot so duskant Jacobsbaai, toe daar skielik ‘n mannetjie met ‘n uniform uitspring en hulle tot halt roep.
Seegogga sak dadelik terug in die sitplek en begin hyg. ” Ek is op pad hospitaal toe! Ons het reeds gebel” sê Toortsie en hulle sien hoe die dapper verkeerskonstabeltjie verbleek. Toorts wil vir hom van haar heerlike kaaskoek gee, maar die mannetjie skud sy kop wuif hulle haastig weg met ‘n vermaning dat hulle veilig moet ry.
Die res van die pad vlieg verby. Rhebusfontein lyk pragtig soos altyd in die laatmiddagson. Hulle pak gou af en vaar die kombuis in. Daar staan sowaar nog ‘n botteltjie Franjeliko langs die wasbak.
“Dis snaaks” mymer Toortsie. ‘Ek is byna seker ek het alles in die spens weggepak. En die bottel was nog nie oopgemaak nie. Maar hierdie een is halfpad – en kyk hier le die shotglasie in die wasbak. Kan die waar wees? Was hier ‘n inbreker in haar Rhebushuisie? Ons deursoek die huis maar kan niks verder verkeerd sien nie..
“Jy seker maar net vergeet Toorts. Ons was ook so lanklaas hier”, maar Seegogga se hare rys. Die tweetjies laat hulle egter nie afsit nie. Met ‘n glasie Franjeliko en Toortsie se heerlike banting southappies en kaaskoek gaan sit hulle op Seegogga se blou stoepie in die laaste lig, en neem gou ‘n selfie wat hulle op die Dameskringwhatsup groep sit. ” Kom! Rhebus is leeg sonder julle!”tik hulle onderaan.
” Jy weet, vandat jy dit daardie eerste keer genoem het, dink ek altyd aan dameskring as dameskroeg!” lag Seegogga.
Die volgende oggend stap die twee in die pragtige straatjie af tot aan die rand van die bos. ‘n Entjie verder skyn ‘n sonkolletjie deur die bome . Onder groei die mooiste varings en blomme. ” Kyk hoe mooi! ” fluister Toortsie. Die twee stap nuuskierig nader. Die opening tussen die bosse lyk soos ‘n paradys. Eenkant is ‘n blou poeletjie tussen mosbegroeide rotse en weggesteek tussen die bome sien hulle die buitelyne van ‘n mooi houthuisie.
” Wie sou daar woon? Kom ons gaan klop”, sê Seegogga. ” Ek is doodseker dis baie gawe mense want kyk hoe mooi het hulle alles gemaak!”
“Help! skree Toorts en begin terughardloop. “SSSSPINNEKOP!”
‘n Groot swart spinnekop het reg voor haar voete uit die boom geval. Seegogga wikkel haar beentjies om by te bly. Gelukkig is Toortsie ook nie so vinnig nie , maar die twee doen hule bes om so vinnig moontlik weer uit die bos te kom.
Skielik stop Toortsie. “Kyk daar!” sê sy saggies. Agter die een Rhebushuisie sien hulle ‘n donker skaduwee van iemand wat gebukkend vooroor sluip

Hier is jy alweer in die middernagtelike ure bedrywig! MAL oor jou skets van jou mooi huisie, weet net nie wat Toortsie van daai spinnekop gaan dink nie 😀
LikeLiked by 1 person
Ja Frannie wat maak jy ook so in die middernagttelike yre? Maar meer as een nagwolf is goed.ons moet Caronamouna vang!
LikeLiked by 1 person
Dis nog vroeg hier by my – so halfnege se koers. Maar jy en ek het mekaar wel al as nagwolwe geëien, nè 😉
LikeLiked by 1 person
O ja skoon vergeet jy is oor di3 water! Maar nou gaan ek slaap!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop regtig nie Caronampuna is ‘n spinnekop nie 🙈
LikeLike
En die verhaal skop af in pure Towerinstyl met witleuentjies om die owerhede om die bos te lei, drankmisbruik gedurende lockdown, nuuskierigheid wat definitief net kan lei tot onheil, ongediertes wat pla (hoe groot was die ou spinnekoppie?) en “n onheilspellende teenwoordigheid in Rebus fontein. Puik afskop Seegogga! Ek kan nie wag om te sien hoe die Towerinne gaan reageer op hierdie nuus nie.
LikeLiked by 2 people
Wel eerlike Toortsie is deur die lickdown verander… en ek ook, ne!
LikeLiked by 2 people
En IS ons verander! 😷
LikeLiked by 1 person
Ons groei 😁
LikeLiked by 1 person
Ek wonder ook oor die grootte van die spinnekop, Hester. Ek hoop hulle gaan in millimeters antwoord, en nie sommer met duime wegspring nie!
LikeLiked by 2 people
Julle moet maar bur Toortsie vra as sy weer haar asem teruggekry het. Dis sy wat so groot geskrik het net toe ek die oulike mense in daardie mooie huisie wou gaan ontmoetm
LikeLike
Hy was HUGE! Groot genoegom vir my EN Seegogga met een hap in te sluk! Groot! Baie groot. Ek weet as ‘n spinnekop groot is.
LikeLiked by 1 person
Die fobies groei soms in die gedagtes …
LikeLiked by 1 person
🧐😂
LikeLike
En in die verbeelding!
LikeLiked by 1 person
Aaa, ‘n heerlike begin aan ons storie! Ek gaan so ‘n rukkie wag voor ek registreer, want ek wil eers die ander kans gee om te skryf, sodat dit my denke stimuleer… tans sonder my muse. Sy het Corona.
LikeLiked by 1 person
Bly net by ons, Bytjie, ons is juis op pad om Coronamouna n ding of 2 te leer!
LikeLiked by 1 person
Ek gaan bybly.. Coronatjie weet nie wat haar gaan tref nie
LikeLiked by 1 person
Toortsie het jou sekerlik weggehandloop, Seegogga, met diè dat sy in berge boer en sodoende polosierekords opdoen?
LikeLike
Adrenalien dien vreemde dinge.
LikeLiked by 1 person
WoordNoot hou Doom iewers in haar huisie aan, sy is altyd paraat.
LikeLiked by 1 person
Ek het n box vol Doom…eks oppad!
LikeLiked by 1 person
Nou wonder ek of ek nie maar daardie whatsapp bdskp sal ignoreer nie. Perdebytjie se goggas in haar tuin gee my klaar die horries. Lekker afgeskop Seegogga.
LikeLiked by 1 person
Nee a! So kan jy ons nie in die steek laat nie! Wie sal ons dan red? En wie gaan die liefdesverhaal van die mooi huisie ontrafel?
LikeLiked by 1 person
Daai was sweerlik ‘n plastiek spinnekop om ons twee agies aan hulle vrees neusies rond te lei….hehe. Lekker Seegogga. Wonder of die sluiper en frangelicodief Coronamouna is…📚✏🤗😉
LikeLiked by 1 person
Plastiek nogal.
LikeLike
Hier is nou die bewys: Ver van jou goed, naby jou skade. Dat iemand nou sowaar in my jaste krap agter my DRANK aan!
Naar hoor hier, ons het kekker gelag toe daardie verkeersman ewe my koors wou meet. Hy staan twee meter van my af en hou sie masjientjie in die lyg. ‘Twenty four’ sê hy. Lyk my ek het koue koors en Seegogga was reeds erg siek! 😂🥂
LikeLiked by 2 people
Toorts, ń mens wat pas oorlede is, het ń 24 grade temperatuur…dit sê google… Laat Seegogga asb ń tjeklysie aftik, net om seker te maak dis jy daar by haar.😳🧐
LikeLiked by 3 people
😂
LikeLiked by 2 people
Ek sal ook deelneem…gee net n Klein kansie
LikeLiked by 2 people
Ooo genade as toorts se koors 24 is het sy haarself koud geskrik….hiers n ding
LikeLiked by 2 people
Ag wonderlik! Pragtig geskryf, ek sien dit sommer. Lyk so mooi soos hier by ons. Kan nie wag vir die volgende een nie. Toortsie, daai sounnekop gaan my ook laat hardloop
LikeLiked by 2 people
Lyk my daar gaan bsie gehardloop wird in Rhebusfontein! Ek sal op die stoep dit en julle dophou.
LikeLiked by 1 person
Hi
LikeLiked by 3 people
Welkom hier!
LikeLike
Dankie! Ek wil tog vra, is die skadufiguur waarvan Toortsie praat nie dalk Antjie Somers nie?
LikeLiked by 1 person
Ouens soos Antjie Somers kom nie sommer op Rhebusfontein nie, want hierdie is die ideale droomdorpie en as hulle dit sou waag om hier te kom sal hulle gou teesped optel. Maar ja, ons het al ‘n trol soos ou Broodina gehad wat haar neus oral probeer insteek het. Ek stel voot jy tik Rhebusfontein op Google en kyk ‘n bietjie wat jy daat vind. En dan is daar nog iets: ‘n baie mooi storie oor Die vervalle biblioteek. Ek sal later kyk of ek die link kan stuur vir jou om te lees.
LikeLike
Sjoe! Wat ‘n verligting. Dankie, Seegoggatjie.
LikeLiked by 1 person
Alles van die beste! Ons sien uit na jou aandeel. Hierdie gaan nog ‘n kaaaaang storie word. 😁 En jy kan enige iets verwag. Be warned. Nou krul my tone behoorlik, want ek weet jy is ‘n bobaas storieverteller. Onthou om solank in te skryf dat jou naam op die lys kom.
LikeLiked by 1 person
So jy is veilig hier want hier is alles altyd van die beste!
LikeLiked by 2 people
Toortsie,ja,ek kyk nog die kat uit die boom;-D
LikeLiked by 2 people
Nou is dit reg 😁
LikeLiked by 1 person
Tx
LikeLiked by 1 person
Sjoe, het op die punt van my stoel gesit en duime vas gehou dat daar nie probleme kom eerste met die mannetjie langs die pad en toe die spinnekop en nou nog n skaduwee wat rondsluip nie. Lekker afskop seegogga.
LikeLiked by 1 person
Lanklaas van joy gehoor, Scrapy. Jy en die diere van Rhebus gaan weer lekker gesels!
LikeLike
Beslis, Het juis in Trompie se oor gefluister dat ons binnekort gaan kuier. Wag net dat hy Dinsdag by haarkapper kom om sy bosgaas af te sny. Hy lyk soos n wol bol.
LikeLiked by 1 person
Regso!
LikeLiked by 1 person
Jammer julle… Daai spinnekop kom moontlik van my huis af… Ek was te lanklaas op Rebus. Ek is op pad!
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: Die Towerinne en Caronamouna Hoofstuk 6 – toortsie.com