my kerkkoevertjie

brood vr liefdadigheid 001Nouja, almal wat die Bybel lees, sal weet dat daar geskryf staan dat jy ‘n tiende vir die Here moet gee. Maar hoeveel van ons doen dit werklik? Die volle tiende?

Ek moet bieg dat ek dit jarelank nie gedoen het nie. Jy gee virdie diaken iets, jy gooi in die kollektebord, jy dra hier en daar iets by vir die blindes, gee toebroodjies vir die bedelaars……

Totdat ek met die huisverhurings begin het. Nadat my man jare lank om my ore gekerm het dat ek ‘n begroting moet hê, en ek net eenvoudig te arm was om eers te dink aan geld hiervoor of daarvoor opsy sit, het ek aan die Here belowe dat ek ‘n 10de van alle winste vir Hom sal opsy sit. Hierdie geld bere ek dan pligsgetrou ‘n ‘n koevertjie en mag glad nie daarvan gebruik vir myself nie.

Toe dink ek, ek kan mos maar vir myself ook so ‘n 10de koevertjie maak. En wat van ‘n 10de koevertjie vir aanbouings? Ek wou so graag die garage in ‘n woonstel verander. Wat van ‘n 10de koevertjie vir die uitgawes aan my raambesighed? Die red vd geld kan gaan aan kos, water en ligte rekeninge ens ens.

En weet julle wat? Dit werk! Skielik het ek geld vir die kerk, om te gebruik vir iemand in nood, om ‘n goeie daad te verrig. Ek het al tweekeer iemand se huispaaiement betaal omdat die bank gedreig het om die huis te vat. Ek kon al groot rekeninge vir mense betaal om die wolf van die deur af te hou. Ek gee vir die kerk self van tyd tot tyd ‘n redelike groot bedrae.

Maar daar is ‘n paar vrae.

As ek nou ‘n R100 of meer in die kollektebordjie gooi, kan ek dit dan weer uit my koevertjie gaan haal? Ja, ek glo so, dis mos deel van my 10de. Die probleem is dat ek dit meestal dink, en dan later as ek by die huis is, dit al lankal vergeet het. So dit gebeur meestal nie.

As daar ‘n dure funksie vir liefdadigheid is, bv ‘n dinee met ‘n spreker of dans – iets wat ek normaalweg nie sou bywoon nie, omdat ek in die verlede nooit geld gehad het nie, kan ek dan van daardie geld vat en dit bywoon? Dit gaan mos vir liefdadigheid? Kan ek kerkbazaar toe gaan en na hartelus gaan koop omdat dit vir die kerk gaan? Vroeer het ek maar meestal gekyk en net ‘n sosatie of twee gekoop? Nou kan ek mos daardie mooi duur slaailepels koop wat iemand vir die kerk geskenk het. Kan ek? Ek monteer ook elke jaar ‘n hele paar skilderye gratis vir die kerbazaar, want ek het altyd dit as my bydae beskou. Maar eintlik kos dit ‘n hele paar honderd rand en ek moet die persoon wat my daarmee help, se salaris betaal. Kan ek dit uit die koevertjie haal? Ek het nog nooit, maar kan ek, terwyl ek nou so daaraan dink?

Die eintlike probleem waaroor ek nou hierdie blog skryf is dit:  kan ‘n mens aanmekaar dieselfde persoon help? Die nood is oral so groot. Hier kom briewe en briewe aan: blindes, dowes, gestremdes, spesiale skole,  spierdistrofie, Bybelverspreiding, dierebeskerming, vroue wat koekies bak op ‘n klein dorpie –  almal, almal soek geld. Die hele wereld het te min geld . Ek ook.  (En kan ek net meld dat ek ook oortrokke by die bank is. Maar hierdie geld is nie vir my of my kinders nie.)

(Dit laat my mos nou dink aan die bedelaar by die asgate. In die motor het ek een en ‘n halwe vars brood gehad wat die huurders by die huisies agtergelaat het. Twee seuntjies het my kom help om die swart sakke uit my motor te laai. Ek het hulle elkeen ‘n geldjie gegee en die hele brood, wat hulle vir hulle mamma moes neem. ‘n Groot man het toe aangedrentel gekom ( hy het my geensinds gehelp nie) en gevra of ek vir hom ook ietsie het. Ek het hom die halwe brood gegee. Hy het die brood met ontevredenheid bekyk:” Is dit dan nou al wat ek kry?” Die hele pad dorp toe, het ek gewonder oor bedelaarsregte. Is daar dalk ‘n minimum bydrae wat mens vir bedelaars mag gee? Is daar dalk ‘n bedelaarsorganisasie wat se dat hulle sal staak as hulle nie genoeg kry nie? Kan ons dalk deur die wet verplig word om vir elke bedelaar ‘n hele brood te gee ipv ‘n halwe een?)

So, ek het nou hierdie koevertjie ( en hy is nie bodemloos nie, hoor, maar op die oomblik is daar ‘n paar duisend rand in, sowaar) – genoeg om ‘n betekenisvolle bydrae erens te lewer. Goed,  ek moet ‘n groot deel weer by die kerkantoor gaan afgee. Maar moet ek regtig weer ‘n substansiele bydrae gee vir iemand wat sukkel, maar vir wie ek al 2 of 3 x vantevore substansiele bydraes gegee het – omdat hy nou vra? Ek het maar nog altyd gegee soos dit oor my pad kom en daar was lanklaas iets wat oor my pad gekom het, tot dieselfde persoon nou weer. Daaroor voel ek bietjie…kriewelrig.

Hoe voel julle oor hierdie sake?  Ek sal so graag julle wyse raad en opinies wil hoor. Miskien sal Frannie met haar goue broodjies weet!

 

 

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels and tagged , . Bookmark the permalink.

33 Responses to my kerkkoevertjie

  1. Oulik Seegogga, ek het ook altyd die koevert ding gedoen en dit werk vir my ook.. Maar nog nie weer vandat ek getrek het nie. Net die naweek gedink ek wil weer begin.
    Ek haal niks uit koevert wat nie vir daai spesifieke ding bedoel is nie..

  2. Toortsie sê:

    Uitstekend geskryf. Jy vra baie vrae.
    Jy sou jou kollektegeld uit daardie tiendekoevert kon haal, as jy sou wou, maar as jy vergeet, weet net dat jy dit gaan terugkry sonder dat jy dit selffs besef.
    Ek dink nie jy mag vir jouself by die basaar gaan koop uit daai koevert nie. Sou jy die koevertgeld by die basaar gebruik, moet jy die items weggee wat jy gekoop het, want daai koevert is mos juis om ánder te seën. Jy mag die dane wat gratis raamwerk vur due basaar doen, se vergoeding uit die koevert haal as jy sou wou.
    Ek glo daaraan dat mens moet gee met ‘n blymoedige hart, so as iemand ondankbaar is, of keer op keer vir jou kom vra en dit nie meer lekker is om te gee nie, moet jy nie gee nie. Die Heilige Gees sal jou hart rustig maak wanneer jy vir iemand gee wat Hy wil hê jy moet gee.
    Ek voel dat die voorreg van daardie koevert in jou hand juis is dat jy self mag kies waar jy dit wil aanwend, tot voordeel van ander. Niemand mag jou manipuleer om voordeel daaruit te kry nie en juis dít was die rede vir my bankbestuurderstorie, van irmand wat my gedruk en gedruk het en ek nee gesê het en sy toe die volgende dag op db skryf dat, as jy dink jy het vriende, dink weer. O, dis ook die rede vir my vriendeblog.
    Gee daai geld daar waar jou hart sê dis reg, en as jou hart nie so voel nie, moenie gee nie en moet ook nie skeg voel nie. Hier is soveel nood om ons, ons jan onmoontlik nie oral bydra nie.
    En o, ek het ook so ‘n sendingbankrekening wat ek op dieselfde manier bedryf, al vir jare, en skveel seën ontvang vandat ek dit begin doen het.

  3. Voel ek het my lewe deur nooit genoeg gegee nie… Ten opsigte van diegene wat dit onses insiens nie verdien nie, dink ek dis soos met vergiffenis – tot 70 maal 7… Wat ek wel vas en seker weet, is dat ons geen benul het van hoe moeilik ware armoede is nie: as mens dag na dag swoeg net om iets – enigiets! – te ete te kan kry, gaan jy as jy die dag wel ‘n ekstra geldjie het, dit maklik op goed uitgee wat vir ander mense na geldmors kan lyk…

  4. woordnoot sê:

    Dis n opdrag wat soveel seën bring. My oorlede man het aan die begin van elke finansiele jaar n begroting saamgestel. Daaruit het hy beplan vir een skoolkind se toer. Een behoeftige familie se huur. En so het hy n lysie gemaak. En daarby gehou. Dit het goed gewerk vir ons maar die tye het verander…

    • seegogga sê:

      Dis ‘s wonderlik as ‘n mens so ‘n lysie kan he. Ek is egter nie so georganiseerd nie. Die koevertjie le daar en broei en groei sonder dat ek aan hom dink, totdat daar eendag iets op my pad kom wat absoluut reg voel.

  5. VirgoC sê:

    Ek dink dis wonderlike manier van geld begroot (val my pa nou van sy wolkie af oor ek daai woord geskryf het). Ek glo om enige mens te help wat honger is en sal nooit nie gee of deel wat ek het nie. Oor geld gee, dink dit is blessing as jy dit kan doen. Jou gevoel daaroor dink ek is jou soul se manier van jou laat weet of jy die regte ding doen.

    • seegogga sê:

      Dankie vir hierdie bemoedigende woorde. Dis hoe ek ook daaroor voel, en ek glo ek het tot dusver die regte besluite oor die geld geneem. Dit was hierdie keer lank voordat die regte ding oor my pad gekom het.

  6. Ons sukkel nou juis met persone wat al talle male uitgehelp is deur die gemeenskappie hier, tot op die punt waar hulle nou die hulp as vanselfsprekend aanvaar en geen poging aanwend om hulleself te help nie. Hoe draai ‘n mens nou briek aan? Hulle is nou werklik besig om deure in hulle eie aangesig te laat toeslaan, want almal is vies oor die toedrag van sake. Dis bly moeilik.

  7. Lank gelede koop ek wyn by ‘n drankwinkel in Houtbaai. Daar was die dag een of ander munispale verkiesing aan die gang. ‘n Bergie staan daar voor my in die betaaltou met ‘n plastiekbottel vaaljapie. “Wat kos dit?” vra ek die ou. “R5, ” se hy. Ek gee hom toe nog R5 en se hy moet maar nog ‘n botteltjie koop. Pure ongeloof op sy verkreukelde gesig. “Danke my laanie!Dankie” en toe as ‘n nagedagte”Ek het vandag vir die NP gestem”

  8. As jy kriewelrig voel omdat jy heeltyd dieselfde mens moet help, sou ek sê dis tyd om daardie koevertjie toe te maak.

  9. aj vosse sê:

    Ek sal net die bietjie bylas… ek het ook al kriwelrig gevoel oor die gee en die neem!
    Voor on uit SA weg is was dinge baie swaar… ons/ my besigheid het na 1994 plat geval… baie van ons in die Oos Kaap se bou verwante besighede het gely… OK, so… ons was aan die ontvang kant! Dis nie lekker nie… maar as klein oogies honger aan kyk en dan kom kom daar ‘n klop aan die deur of vroeg oggend is daar ‘n sakkie of twee kos buite die deur… die Here het geluister, en die mense het gehelp.
    Ons sal altyd danbaar wees en hier help ons wanneer ons kan! Ek glo dat die brood op die water weer terug kom!
    Dankie vir jou vertel… ek ket lekker gesmaail vir die bedellaars wat moet staak… ek meen, hulle het ook regte, soos jy vetrel! 😉
    Dankie dat jy my weer herhinder het dat ‘n tiende moet ‘n tiende wees! 🙂

  10. Kameel sê:

    Ek gaan nie oor jou koevertjie praat nie maar sommer oor ons een dogter en haar man wat altyd in die verknorsing gesit het….en ons en van haar susters moes bly uithelp. Ek het tot my kar vir haar gegee. Ek het net eendag die briek aangedraai…die ander aangeraai om dieselfde te doen sodat hulle kan leer om nie gedurig in ander se oë te kyk nie. Dit klink hard maar dit het gewerk. As jy geld het vir sigarette maar nie kos nie verwag jy werklik ander moet jou koskas volhou? Daar is groot nood en Jesus het gesê ons moet na die armes omsien…ons het Sy wysheid nodig vir die groot taak.

    • seegogga sê:

      Ja Kameel ek stem 100% saam met jou. Tough love! ‘n Familielid het eenmaal van Tvl af hier kom kuier met sy nuwe vrou, n nuwe laptop, nuwe digitale kamera sowel as die foto ontwikkelaar,( dis was n hele paar jarw gelede toe digitale kameras net op die mark gekom het), en selfs n nuwe digitale videokamera. Alles goed wat ek begeer het, maar nie geld voor gehad het nie. Hulle het n week verniet in een van my strandhuisies gebly. Ons het hulle met liefde ontvang, onthaal ens ens. Maar toe hulle moes gaan, leen hulle by my man R2000 want hulle het nie geld vir petrol nie! My man het gegee( en nooit weer teruggekry nie), maar ek sou nie! Ek sou aangebied het om die digitale kamera of d videokamera te koop! Dit of niks.

  11. vvuureoc sê:

    Ek sal liewer nie my gewese kerkverband noem nie want ek het geruime tyd al bedank.
    Het begrip vir jou vrae want ek het agtergekom hoe gemeentes werk…. sodra hulle meer as R1o,oo bo hul uitgawes in die bank het word daar ‘n eksta leeraar of welsynswerker aangestel. Dit is egter opmerklik dat die predikante al hoe minder doen soos wat hulle getalle vermeerder. Huidbesoek het ek 15 jaar lank nie ontvang nie maar twee uit die drie predikante was by kongresse,besprekings verenigings of sinodes.ten minste 1 maal per jaar.
    my 10 % gaan vir die druk van Afrikaanse bybels wat bybelvesreiding laat druk en vesrei.

  12. Pete sê:

    Daardie Skrif in Maleagi was vir Leviete bedoel, gewone gewlowiges mes elke DRIE JAAR hulle inkomste vertien EN DIT SELF EET. Ons is lekker gebreinspoel deur teoloë wat ‘n lekker gaping gesien het.

Laat 'n boodskap na VirgoC Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s