(Nota aan gereelde lesers: hierdie is deel van ‘n bloggergroep se hoogs amusante gesamentlike geskryfde misdaadstorie, As julle lekker wil lag, begin hier lees. )
Onthou ook asb om die kommentaar onderaan elke hoofstuk te lees.
“…Mmm nou moet ek fyntrap. ek wil tog nie hê my bloggervriende moet gevang word nie! Hulle het immer my beloof dat hulle my baie goed sal vergoed as ek reg skryf, so kom laat ek nou die redakteur tevrede stel…”
Die Perfekte Misdaad?
verslaggewer: SEEGOGGA
Volkskasbank het sopas bevestig dat gerugte van ‘n groot bankroof wel waar is. Die bank is in ‘n klein dorpie, wat om veiligheidsredes nie bekend gemaak mag word nie. Dit het benewens baie papiergeld, ook besonder waardevolle diamantjuwele asook ‘n groot versameling egte antieke goue muntstukke( gehad).
Mnr Tiekie Pfennig, bankbestuurder, het Maandagoggend oudergewoonte vroeg die oggend bank toe gegaan en die kluis oopgesluit om die alamstelsel te de-aktifeer. Groot was sy ontsteltenis toe hy ‘n pragtige gemeubileerde vertrek vind, in plaas van sy staalkabinette. Die vertrek was kompleet toegerus met kunstige Bali houtbanke, koffietafels, lieflike staanlampe en pragtige tafelkleedjies.
By nadere ondersoek het hy wel sy staalkabinette onder die tafelkleedjies ontdek – dolleeg. Die polisie is onmiddellik in kennis gestel, en hulle het kom vingerafdrukke neem en padblokkades ingestel. Tot dusver wil hulle egter geen kommentaar lewer nie. Die saak word bemoeilik deur hulle plaaslike bevelvoerder, Sersant Gigaba, wat nie op die oomblik vir kommentaar beskikbaar is nie.
Op hierdie stadium is dit onseker hoe die rowers die kluis oopgekry het, want daar is geen teken van inbraak nie. Daar is wel ‘n visitekaartjie op die toneel gevind, maar die woorde daarop is onleesbaar. Die ondersoekspan hou vol dat daar iets bonatuurlik gebeur het, en sommige polisieamptenare glo dat dit daar spook, en weier volstrek om die kluis binne te gaan.
Die omgewing is al jare lank bekend vir sy spookstories, en een van die nabygeleë plaashuise heet ook die “Toweropstal”. Die nuwe huurders het hulle onlangs die gramskap van die bure op die hals gehaal deur elke nag luide musiek te speel en wilde partytjies te hou. Daar is ook vergesogte stories van vuurpyle, en drie spoke wat mense verwilder.
“My koeie het onrustig geraak en ek het duisende rande se skade gely omdat hulle melkproduksie so gedaal het,” het Mnr Bull, ‘n ontstoke buurman aan my gesê.
SEEGOGGA het as verslaggewer self een van hierdie partytjies bygewoon nadat ‘n klagte ontvang is, en was tydelik uit aksie gestel en byna vermorsel toe ‘n groot hoeveelheid Frangelico per abuis ( of dalk aspris) op my uitgestort is. Die vermoede is sterk dat daar ook dwelms betrokke was.
” Nou die aand het hulle skielik opgehou met die wilde musiek en weer klassieke musiek gespeel” vertel mnr Bull. ” Ek het nog so dankbaar gevoel dat my koeie nou weer mooi rustig is, toe ek skielik ‘n onaardse slag hoor. Iets moes daar ontplof het! Ek het onmiddellik die polisie gebel, maar jy weet mos hoe gaan dit deesdae hier. Hulle het hulle nie eers verwerdig om die foon te antwoord nie! ‘n Vorige klagte oor rusverstoring het ook geen resultate opgelewer nie!”
Mnr Bull het bygevoeg dat dit nou doodstil en verlate by die Towelopstal is. Hy vemoed die bure se eksperiment het misluk en dat hulle toe maar getrek het. Hy sien ook nie meer hulle bont zoommobile nie, en by nadere ondersoek het hy ‘n windskewe struktuur, met die woord “ali” daarop geskryf, gesien. Die oorweldigende geur van alkohol het die lug gevul. ” Ek is so bly hulle is weg. Ek dink hulle het hulle ali gesien! ” sê ‘n dankbare mnr Bull.
Op hierdie stadium word die gebeure by die toweropstal nie met die misdaad verbind nie, hoewel dit opvallend is dat die huurders weg is ongeveer dieselfde tyd wat die bank beroof is. Die polisie dink ook dit is onwaarskynlik. Hulle sê dat dit maar net ‘n groep plesierige mense was, en dat hulle beslis nie nugter genoeg was om so ‘n funbeplande misdaad te pleeg nie. ‘n Paar rooi stilleto’s, ‘n rooi kopdoek of twee, ‘n blonde pruik en ‘n hele paar uitermate groot stukkies onderklere word deur die polisie gehou as bewysstukke vir ingeval. Opvallend is die rooi stilleto’s wat op die uitstal rakkie in die polisiekantoor staan. Op ‘n vraag waarom dit daar staan, het die polisiebeamte gebloos en gestotter dat hulle nie plek in die kluis het vir al die gekonfiskeerde items nie.
Intussen is daar berigte dat ‘n klein bietjie van die kontant wat gebuit is, onlangs by ‘n winkel naby Pollmanskop gevind is. Die eienaar weet egter nie hoe dit daar gekom het nie. Niemand wat na skelms lyk, het by sy winkel kom koop nie.
‘n Filmspan wat van die misdaad gehoor het, het ook aangedui dat hulle hoop om ‘n film van die gebeure te maak indien meer besonderhede beskikbaar word.
Seegogga onderneem om ons lesers op hoogte te hou.
Die ondersoek duur voort.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

Seegogga, hierdie towerin se dankie uit haar oud- joernalis hart. Ons eskapade blyk nie so chaoties as wat ek dit aan eie bas gevoel het, uit jou puik beriggewing nie. 😉Phew….ek voel verlig. Dankie Seegogga, dat jy niks van niks genoem het nie. Ek gaan dadelik met die Abrie en towerinne gesels, dat die boommobiel en lekker lorretjie geverf worď, dan kan ons in die niet verdwyn. 😎 Ns.Die bier is lekker hopserig.
LikeLiked by 1 person
Wel as hierdie misdaad oogelos word, is ek mos my beloninkie kwyt. En wie weet- dalk kan ek ‘n ou maandelikse inkomstetjie ook verdien as julle beloning nou nie heeltemal groot genoeg is nie, né.
LikeLiked by 1 person
😄😉🤗
LikeLiked by 2 people
Hopserig, haha. Is dit nou rondspringerig of hupserig?
LikeLike
O HEster, daai hygroman se nuanses slaat oral uit….hehe
LikeLiked by 2 people
😄 😃 😀
LikeLike
Ons kan oorweeg om vir Seegogga te betaal met ‘n Volkskas tjek. Sal nie ons skuldig wees as hy na die omgewing aard en hopserig is nie
LikeLiked by 3 people
Haha, skerp Abrie!
LikeLike
Dankie tog die fisiete kaartjie is onleesbaar! Dit was my grootste bekommernis. Dankie vir jou verslaggewing Seegogga.
LikeLiked by 1 person
Die spoke het hulle werk goed gedoen.
LikeLiked by 1 person
Uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Puik verslag, Seegogga! Daar is nie ‘n sweempie van wat werklik gebeur het nie. Geen vinger kan na ons wys nie. Ek dink die pad vorentoe lê nou oop. Ons moet net nie onder mekaar begin baklei soos in die flieks nie!
LikeLiked by 1 person
Ek is nogal bekommerd oor die onderlinge agterdog en veral teen Hester in die beplanningsfase. Verder is daar die agterdog oor die gesteelde buit. Wie het wat? Of hoeveel? As julle wil, kan julle dit vir my, n buitestaander, gee om dit eweredig te verdeel. Ek is baie eerliK en sal slegs die deel wat my toekom, aftrek.
LikeLiked by 1 person
Nou praat jy meer bull as mnr Bull 🐮
LikeLiked by 1 person
Windskeef struktuur wat sy “ali” gesien het. Daarvan hou ek. Geen niks wat na ons verwys nie. En die bankbestuurder waardeer die mooie meubeltjies in die bank! My gewete is skoon, my glimlag skitterblink…
LikeLiked by 2 people
Ek hoop iemand het daaraan gedink om die Bali blou bal-en-klou tafelpoot te verwyder daar by Toweropstal. Die polisie kan dalk ‘n verband trek tussen die Balimeubels in die bank en genoemde poot.
LikeLiked by 2 people
Dalk. George en Mosselbaai het ook Bali winkels, dalk gaan doen hulle daar navraag.☺ Wie sal nou vir soet Unatjie van sulke dinge verdink.
LikeLiked by 3 people
Well done! Seegogga, jy verdien ‘n Stukkie Bantingsjokoladekoek! Dalk moet ons dit ’n swartwoudkoek maak, daar is mos gewoonlik ‘n versterkinkie in.
LikeLiked by 2 people
Towerinne, wat julle ookal nou verder maak, hou tog net vir Toortsie weg van die versterkinkies af!!
LikeLiked by 3 people
Haai? Nou watter joppie het julle dan vir my?
LikeLiked by 1 person
Gaan sit net doodsil daar in die hoekie…ver weg van die kombuis af!
LikeLiked by 2 people
Nou vra jy my vreeslike moeilike goed om te doen. Mens sou sweer my kos is sleg! 😱
LikeLiked by 1 person
Dis juis te lekker en dit maak mense ook lekker!
LikeLiked by 2 people
Maar eintlik maak ek onskuldige kos, die ekstratjies het gekom as gevolg van die groot aanvraag!
LikeLiked by 1 person
Janee, jy wou mos met die misdadiges loop meng!
LikeLiked by 2 people
Aijaijai
LikeLiked by 1 person
Ek het dan al klaar begin droom en google oor Swartwoudkoek?
LikeLiked by 1 person
Dis presies wat my worrie! Aan die ander kant, daardie vlieënde broodjie was ‘n welkome ou meevallertjie…
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLike
Vlieënde broodjie?
LikeLiked by 1 person
Nee kyk, voordat ek myself nou behoorlik inkrimineer seg ek g’n woord verder nie…
LikeLiked by 1 person
Ek soek daai koek. Moet asb net nie vir Abrie vra om Frangeliko by te gooi ni. Dis lewensgevaarlik.
LikeLiked by 1 person
Nee, ek sal eerder self die goetertjies meng. 😁
LikeLike
Toorts waar was jy toe ek jou, jou taak by ons wegkruipplek gegee het? Jy gaan musieklesse gee en ons leer sing. Lekkervurig sing alt… en Una kannie wag om in die koor te sing nie. Tsk, hoekom moet ek so met jou sukkel?
LikeLiked by 1 person
Dít het ek gemis! Yessss! Ek bring my kitaar saam. Ag, maar dis tog te lekker, hoe opgewonde is ek nou! Ek sal solank begin uitkyk vir lekker goed om te sing en julle kannatuurlik ook goed voorstel. Net nie vreemde goed nie, gehoor?!
LikeLiked by 1 person
Jy moet die kommentare gaan lees daar by Abrie se skrywe. Jy gaan ons rehabiliteer deur musieklesse en koor (hou asb net vir Una in die oog…. sy het ‘n manier om te verdwyn) Ons gaan in die veld stap saam met Abrie…. wat my nou ‘n goeie idee gee. Miskien kan ons soos in “The Sound of Music” loop en “The hills are alive…. with the sound of music….” sing. Dan trek ons ook sulke mooi rokkies en onderrokke aan…. en niemand sal ons ooit van misdaad kan verdink nie. Hoes daai vir ‘n plan?
LikeLiked by 2 people
Joe! Dit klink briljant! Maar Una kan Maria wees, sy het ookaltyd weggedwaal!
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa ek dink die naam pas Una!!!
LikeLiked by 2 people
Buite Oudtshoorn is daar ‘n distilleerdery wat spesialiseer in witblits met name soos BYT, Boegoeblits, Brandslang en Withond. Ek reken as ons dit in Toortsie se swartwoud losmaak kan ons ‘n atoombom maak…
LikeLiked by 3 people
Tannie Frannie! Sien jy! Dis glad nie eers ek nie!
LikeLiked by 1 person
Die heler en die steler, Toortsie – vinkel en koljander!
LikeLiked by 2 people
Maaitjies maak nie so nie.
LikeLiked by 1 person
Is sy tannie Frannie sy het gevra vir die Frangelico
LikeLiked by 3 people
Maar nie bottelsvol nie. 😝
LikeLiked by 1 person
Vaatjies vol. Julle moet gaan kyk wat Hester met ons wil aanvang. Sy het besluit om nog ‘n hoofstuk by te lieg
LikeLiked by 2 people
Ek hou van Abrie se bomplan. Kan dalk net help om ons ‘n voorsprong te gee met ons vlugplan.
LikeLiked by 3 people
Is dit ons volgende boek?
LikeLiked by 2 people
Nie ‘n slegte idee nie…
LikeLike
Seegogga, jy is ń bobaas verslaggewer! Ek nooi jou solank amptelik uit vir ń lang kuier in ons villa in Italië. My noemnaam, Una, beteken ‘ń’ in Italiaans…so ek gaan maklik daar kan wegraak. Hoe sal die polisie oot ń ń kan opspoor?
LikeLiked by 2 people
Dis baie gerieflik om ‘n ‘n te wees…lol!
LikeLiked by 1 person
Ek weet! Met my mond vol skitterende goue tande gaan ek maklik kan saamsmelt met die omgewing…☺
LikeLiked by 2 people
Net nie jou mond te groot oopmaak nie. Die goue tande kan jou weggee!
LikeLiked by 1 person
Solank die ander net nie besluit hulle wil ñ deel van my tande hê nie!!!
LikeLiked by 1 person
Nee wat…goud wat in ‘n mond was, is effe grillerig.
LikeLiked by 1 person
Spoel dit net met Jik af, dan is dit kiemvry.
LikeLiked by 1 person
Wat mens nie ook sal doen vir ‘n stukkie goud nie, ai!
LikeLiked by 1 person
O dit sal heerlik wees, dankie Una. Met my ou beloninkie kan ons een naweek invlieg Franse Riviera toe ook. Ek kyk uit vir n klein villatjie daar.
LikeLiked by 2 people
Yes! Nou het ek al twee plekke om heen te verdwyn.☺
LikeLike
Ek het al geskreeu van die lag by die heel eerste woord: Volkskasbank – dit was classic. Die bankbestuurder se naam: Tiekie Pennie. Die onwillige polisie, die rooi stilletos in die polisiekantoor. Seegogga dit is meesterlike verslaggewing sonder om enigiets weg te gee, maar julle ouens moet versigtig wees vir hierdie slim verslaggewer! Haar aanmerking hierbo omtrent die “maandelikse inkomstetjie” het my ontstig – afpersing is ‘n strafbare misdaad, nè?
LikeLiked by 5 people
Inderdaad. Hoop haar bulk is groter as haar byt
LikeLiked by 1 person
Skerp, Abrie! Solank dit beesbulk is en nie die Ingelse weergawe van gewig en grootte nie.
LikeLike
Volkskasbank! Klink nogal ouderwets as julle my vra. Dis seker die enigste tak in SA…moet ‘n spooktak wees. Dan is ons hele storie ‘n ” figment of our imagination” !!
LikeLiked by 1 person
Jaaaa, dis g’n wonder die spoke loop daar rond asof hulle baie tuis is nie. Ek hoop nie die geld en goete wat ons gevat het is ook spookasem nie.
LikeLiked by 1 person
Ag nee, dan was al ons moeite verniet. Ten minste was die gefranjelliekoseerde poeding en partytjies die werklikheid en is dit tot die uiterste geniet!
LikeLiked by 1 person
Dalk het ek nooit vir Pablo ontmoet nie? Dalk was sersant Gigaba ook ‘n spook? Whaaaaaaa….
LikeLiked by 1 person
Die werklikheid is hard en wreed.
LikeLiked by 1 person
Helaas is dit 😉
LikeLiked by 2 people
Staatsmunte behoort aan die volk. Kis Munte = kas munte =Volkskas
LikeLiked by 1 person
En ons het die Volk se Kas leeg gemaak
LikeLiked by 1 person
Ek is n baie eerbare persoon. Afpersing is n lelike woord! Dis mos maar net n maandelike ou salarissie wat ek vra- dis nou as julle nie my behoorlike deel wil uitbetaal nie. Ek dink daaraan om n eiendom aan d Franse Riviera te soek…
LikeLiked by 2 people
En daarmee te betaal met ‘n salariSIE?
LikeLike
Job WELL DONE! Puik verlaggewing Seegogga.
LikeLiked by 1 person
Dankie !
LikeLike
Ek dink die mense van die klein dorpie braai jou. Nie omdat Volkskas beroof is nie maar omdat jy beweer hulle bly in klein dorpie. Baie oulik gedoen Seegogga, mooi by die feite gehou… 🎑
LikeLiked by 2 people
Daar het wel klein glipsies ingeglip. Die bankbestuurder se regte van is Guldenpfennig, maar omdat dit so lank is, noem hulle hom sommer ou Pfennig.
LikeLike
😱gaan jou by redakteur verkla😂😂
LikeLiked by 1 person
Nee man, Abrie, ALMAL, noem hom ouj Pfennig of ou Tiekie
LikeLike
Ek lief dit, lief dit, lief dit!!! Soveel lekker humor in. Camilla se rooi stillethoes op uitstalling sit ‘n breë glimlag op my gesig 😀😀😀 Ek sien die Balikluis in my geestesoog. Dankie, jy het jou so goed van jou taak gekwyt.
LikeLiked by 2 people
Jy moes gesien het hoe daardie jong poliesmannetjie gebloos het toe ek na die stilleto’s vra. Hy is smoorverlief op jou!
LikeLiked by 1 person
Die Latynse offisier seegogga? My hart sal oorloop van blyddkap as dit Marco… ek bedoel dit hy is.
LikeLiked by 1 person
Hy lyk bietjie jonk maar hy us beslus van Latynse afkoms.
LikeLiked by 1 person
Oooo dis so romanties 💜
LikeLiked by 1 person
Camilla gaan herleef, alles te danke aan ‘n Latynsevoorkomspoliesmannetjie met priemende oge wat droomverlore na twee rooi stilettos 👠 op sy vaal staalkabinet staar!
LikeLike
Tiekie Pfennig ! Mnr Bull!
LikeLiked by 2 people
Giegiegie – ek besef nou eers wat het oorgebly toe die B van Bali afgeskiet is! Interessante name wat die mense van daardie geweste het…
LikeLike
Haha, Tannie Frannie, jy was so besig met die uitgeholde brood vol kroonjuwele, dat jy die B-alie grappie gemis het!
LikeLiked by 1 person
Uitgevang! Sjuuuttt…
LikeLiked by 1 person
Ek wonder net waar is daardie ou hol broodjie?
LikeLiked by 2 people
Hoesêê?
LikeLiked by 2 people
Lyk my die ontploffing by Toweropstal het dowe ore tot gevolg gehad!
LikeLiked by 2 people
Nou wil sy my uit die kombuis hê, so ekkan nie eers meer uitgeholde Bantingbroodjies bak nie.
LikeLiked by 2 people
Sy voer iets in die brood, ek bedoel mou!
LikeLiked by 2 people
😂🥂
LikeLiked by 1 person
Mense kan darem sien dat tannie Frannie ‘n vrou van aansien en litere kennis is. Hier het sy die hele gedig aangehaal van Breyten Breytenbach se Die huis van die dowe
LikeLiked by 2 people
😀
LikeLiked by 2 people
Wat ‘n grootse gedig!
LikeLiked by 1 person
Ja inspirerend. Niemand hoef ooit te voel dat hulle ‘n gedig nie uit hulle kop kan leer.
LikeLiked by 2 people
Klink my hy is op hol!
LikeLiked by 1 person
Saam met iemand in ons midde?
LikeLike
Dit wil so lyk, ja. 😱
LikeLike
Tannie Frannie, jy moet sorg dat jy jou skryfbeurt kry in die volgende verhaal. 😁
LikeLiked by 2 people
Janee, ek’s vas van plan om in te tjip!
LikeLiked by 1 person
🥂🥁🤸🏼♀️
LikeLiked by 1 person
Ek wonder mos nou ook oor daardie broodjie. En nou raak ek honger. Waar is daardie tjoklitkoek? En wanneer gaan ek by die Franse Riviera sit en ‘n boek lees oor die perfekte misdaad, die perfekte vlug daarna en die perfekte aftrede? Ek stel ook voor dat Herster hierdie storie aan ‘n fimmaker vertel. Dit kan ‘n wonderlike komedie wees.
LikeLiked by 1 person
Uitstekende idee…ons almal kan in die film speel…dis sal ‘n komedie op sy eie afgee!😂🤣
LikeLike
Ek sien myself op daardie stilettos met my blonde pruik op perdebytjie 😀😀😀 Dan moet ek met my dronk kop nog op ‘n tafel dans. Oh my word… dit gaan ‘n disaster en nie ‘n komedie wees nie. Dink wel dis materiaal vir ‘n lekker fliek.
LikeLiked by 2 people
Ons gaan nog beroemd raak! 😂
LikeLike
Ons kan vir jou ‘n “stuntlady” reel.
LikeLiked by 1 person
Hier is nog ‘n skeppie gefrangelikoseerde Tiramisu by my. Die teedrinkers het lekkergekuier vanoggend. So, as jy gou maak …
LikeLiked by 1 person
Toorts, Toorts weë die een wat ander verlei 😕
LikeLiked by 1 person
Jy us ook net lus vir ‘n bietjie. 💃
LikeLiked by 2 people
Terug pieng: Wat as, of sê nou maar…Skryf-Safari Uitdaging. – Bali Drome
Terug pieng: “Is this the real life, or is it just fantasy?” | Lekkervurigeaffêre
Dankie!!!
LikeLike
Terug pieng: betyds of laat agter 3? | Seegogga se Bloggie