Ja , die see wag vir niemand nie, en al is ek baie lief vir idiome, het ek hierdie idioomspeletjie gemis! Dus skryf ek hom sommer steeds, al kan ek hom nou nie eintlik link nie. dus link ek hom sommer hier: https://hesterleynel.wordpress.com/2017/08/30/le-jou-eier-enigste-haan-onder-die-henne/#like-14920
Ons het op skool idiome geleer dat dit by ons ore uitkom, in so mate dat die idiome en gesegdes vandag nog sommer in my kop spring as ek ‘n storie vertel of lees. ( En dis mos ‘n goeie ding, of hoe?) Daarom het besonder baie van my bloggies idiome as name; daarom het ek ook jare gelede ‘n idioomspeletjie vir die bloggers gemaak; en daarom het ek nou besluit om ‘n hele kategorie oop te maak met bloggies wat idiome as name het.
Dit sal ‘n treurige dag wees as kinders ontmoedig word om idiomatiese taal te gebruik! Natuurlik sal sommige idiome later vanself in onbruik verval, en nuwes sal geskep word soos die taal ontwikkel. Dis mos goed en reg. Dis nou maar wors!
Met stampe en stote het ek nou (hopelik) al my idioomstories in een kategorie gesit – daar is sowaar 26. Kom mens oor die hond kom jy mos ook oor sy stert. As julle hier op die kategorie klik, is daar stories te kus en te keur. (Die seerowerstories het nou nie idoom as naam nie, maar die idioom is destyds daar by elke storie ingegooi, omdat dit destyds daar so in my kop gekom het.)
https://seegogga.com/category/idioomstories/
Ek hoop julle kry lus of kans om hier en daar een te lees, en as julle ook daar by kommentaar ‘n stuiwer in die armbeurs gooi, sal ek deur die dak spring!.

Terug pieng: Laat agter drie, maar: Liewer laat as nooit! Agteros kom mos ook in die kraal en hoe later hoe kwater of iets in diervoege. | Seegogga se Bloggie
Terug pieng: Laat agter drie, maar: Liewer laat as nooit! Agteros kom mos ook in die kraal en hoe later hoe kwater of iets in diervoege. | Seegogga se Bloggie
Sodra ek kans kry, sal ek gaan lees.
LikeLiked by 1 person
miskien kan jy kraterstorie nr 1 lees. https://seegogga.com/2011/01/16/krater-1/
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan lees en vir jou kommentaar gelos.xxx
LikeLiked by 1 person
ag lekker!
LikeLike
Oulik! Ek het gewonder waar is jy. 😁
LikeLiked by 1 person
Hier onder rond!
LikeLike
Gelukkig is hier ‘n administreerder wat kan skakels skep soos wat sy lus het, selfs vir iemand wat ter elfder ure (of daarna) ‘n lekker inskrywing stuur. Ek gaan beslis ook jou ander idioom-blogposte lees, net sodra ek hierdie onmoontlike stuk werk onder die knie kan kry. Werk meng in met my bloggery.
LikeLiked by 1 person
Sterkte met al die werk, Hester
LikeLiked by 1 person
Dankie 🙂
LikeLike
Ek gaan beslis daar lees!
LikeLike
Ek moes vroeër daarvan geweet het dan het ek sommer my blog daar by jou gaan gaps 🙂
LikeLiked by 1 person
!
LikeLike
Terug pieng: Toortsie is ‘n tiener | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog