Liewe Bloggie
Elke aand voor ek gaan slaap, dink ek aan jou – met liefde.
En dan dink ek: ek het nie nou tyd nie, ek sal more….. en moreaand is dit weer te laat. Dan loer ek gou na jou stats, en sien dit groei en jy word meer en meer gelees, al skeep ek jou so af. En dan lees ek gou een van die skrywetjies wat mense weer gelees het, maar wat ek self dalk lanklaas gelees het … Ag Bloggie, dan kry ek soms foutjies, maar ek dink daar is nie tyd om nou reg te maak nie, ek sal later. Jammer man.
En dan is ek dankbaar oor die mense wat nog lees.
En hartseer omdat hulle nie daardie goed lees wat my naaste aan die hart lê nie…
Ag liewe Bloggie, Ek is lief vir jou.
EN EK MIS JOU!!!
Liefdegroete tot volgende keer.
Jou Seegogga

Sou graag die storie wou hoor van toe jy die bok getref het…
LikeLike
Eendag. Dankie dat jy nog lees!
LikeLike
Ons mis jou ook!
LikeLiked by 1 person
Ek lees jull elke dag! Net lui net kommentaar!
LikeLiked by 1 person
Dis ook goed so…ten minste kuier jy nog hier!
LikeLiked by 1 person
Ek weet presies wat jy bedoel!
LikeLiked by 1 person
Ja, daardie kindertjies hou jou seker so besig…..!
LikeLike
Loer meer in
LikeLiked by 1 person
ek hoop om so te doen!
LikeLike
Ons mis jou
LikeLiked by 1 person
ai. Eendag….
LikeLiked by 1 person
Meer as sewentig het nou al jou blog besoek. ‘n Goeie boek in Afrikaans word net deur ongeveer seweduisend gekoop en dan dalk deur tienduised gelees. En die terugvoer op jou skrywes is positief! Hou so aan, Gogga. Seespinnekop.
LikeLiked by 1 person
Dankie Andre! Ek waardeer dit altyd so as jy, die kenner en ervare skrywer, vir my goeie kommentaar gee!
LikeLike
Baie geluk met jou pos, ek erken dat ek nog beseig is om ‘n goeie aantal van jou plasings te lees. Ek wil net vir jou sê hoe goed jy is op die beskrywing van die dinge jou op blog – ek moet ook erken ek vind dit insiggewend om jou blog te lees. Hou aan met die goeie werk.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com/
LikeLike
Baie dankie vir jou mooi woorde, Hendrik! Ek waardeer dit regtig.
LikeLike
Terug pieng: Skrysafari – Una gered en skryfgedagtes oor blog | Seegogga se Bloggie