As Pappa huis toe kom


As Pappa huis toe komAs pappa huis toe kom 001

As Pappa huis toe kom

saans as die lang skadu’s op die gras kruip

en my bene moeg en stowwerig is

as die dag al lank en oud voel

soos ‘n lang vakansie en vervelig,

dan voel ek nuwe lewe bokspring 

en sing;

dan huppel ek hom tegemoet

en die wind jaag my aan.

Ek duik in sy arms in,

want nou gaan die dag begin

as Pappa huis toe kom!

Ja gelede geskryf na aanleiding van my kinders se opgewondenheid as hulle pa van die werk af gekom het en dan met hulle lekker rowwe speletjies gespeel het soos net ‘n pa kan.

Aangesien dit more Vadersdag is…..

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in gedigte en rympies (seestrome van verlange), Los opdrifsels and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to As Pappa huis toe kom

  1. perdebytjie sê:

    Alte oulik!

  2. Andre Kotze sê:

    Baie mooi.

    A

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s