‘n Wereld staan verwonderd

Dit was ‘n naweek van verwondering- vir my, vir die hele wereld, maar snaaks genoeg nie vir baie Afrikaanse Suid Afrikaners nie. Hoekom nie? Vra ek myself af? Is hulle te vasgevang in hulle foutiewe indoktrinasie tydens hulle grootwordjare? Of is hulle maar net nie groot genoeg nie?

Een van die wysste manne op die aarde het gesterf, en sy uitlatings sal lank onthou word- en veral ook sy nalatenskap. 10 uit 10 vir die SAUK wat op so ‘n mooi wyse die geskiedenis van Suid Afrika en ook die geskiedenis van hierdie groot man vasgevat en aan ons vertoon het. Ek verstaan nou mooi hoekom Nelson Mandela, maar ook FW De Klerk  albei so die Nobelprys vir vrede verdien het. En ek voel oneindig trots en selfs weer patrioties.  Ons het ‘n pragtige land, ‘n spesiale land, en ek hoop die huidige regering het geluister na Nelson Mandela se  boodskap wat so  deur die TV beklemtoon is.

En al is ek dan nou laat agter 3, bring ek hulde. More sal ek weer aangaan met die lewe.

Vir die van julle wat die feeverhaal van sy lewe wil sien, gaan soek op Youtube. Dit is daar. Ook die verhaal van Suid Afrika.

Hier is ‘n paar van sy kwotasies, ‘n hele paar bladsye lank.

http://www.goodreads.com/author/quotes/367338.Nelson_Mandela

En hier is Johnie Clegg met die groot man wat saam op die verhoog verskyn. Ek weet net nie of die Franse in die gehoor geweet het wie werklik daar voor hulle staan nie!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

8 Responses to ‘n Wereld staan verwonderd

  1. MaanKind sê:

    Jy weet daai gevoel as jy net nog een laaste slukkie uit die blik kondensmelk vat? En dan nog n héél laaste sluk? En besef dit was nou net mooi bietjie verby genoeg? Daai gevoel ja…

  2. Twilight sê:

    Nee wat, ek was een van daais wat gesukkel het… Nie soseer dat ek dink Nelson Mandela was nie ‘n besondere mens nie – hoewel hy foute gehad en foute gemaak het soos enige ander mens. Dis die net nie KLAARkry nie, wat my ondergekry het. En dieselle ou stories uit dieselle ou (lieg) bekke. Nog is het einde niet. Vervlaks!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s