Kaalvoet in die reen- ‘n kraterstorie

Dis laaankal tyd vir ‘n kraterstorie, so hier is hy.

Ek begin gewoonlik goed met alles, maar êrens, somewhere, gaan iets gewoonlik verkeerd, né. Nie ernstig, doodsake nie, net sommer……. krateragtig?

Vir my verjaardag besluit my liewe dogter om haar ma te bederf: ‘n Aandjie  uit na die teater -‘n duur, maar spesiale uitstappie. Dis nie elke dag dat ek my verjaardag by haar in Holland vier nie!

Ons was hare en tittevate, trek ons heel mooiste klere aan. Ek het nie skoene wat deftig genoeg is, saamgeneem Holland toe nie, maar sy het ‘n paar hoëhak stewels wat mooi by my uitrusting met sy kant jassie sal lyk.

Die ongeluk is net; die stewels is ‘n nommer te groot vir my. Tissues voor in die toon sal darem seker die probleem oplos, glo ons.

Ons vertrek lekker vroeg, want ons wil voor die tyd ietsie lekker eet, maar dit reën, en gewapen met sambrele kry ons die treine en busse na ons bestemming. Noodwendig moet daar van die bushalte af gestap word.

Ons stap en stap fluks( in die reën onder die sambreeltjies). Kort-kort word die slimfoon se gps geraadpleeg, maar die teater is net weg!  Naderhand word daar by ‘n restourantjie gevra, maar hulle het nog nooit van so ‘n teater gehoor nie.

Teen die tyd is my arme drie-en-sestigjarige tone redelik vodde in die te groot skoene, maar ek kla nie, ek doen my bes om by te hou. Dit voel na kilometers en kilometers.

Toe tik my dogter weereens die informasie op haar foontjie in…… katastrofe! Ons het verkeerd gestap en is nou baie ver van die teater af! En ons moet jaag, wat dis amper tyd dat die show moet begin!

Ons hardloop, want nou moet ons gou ‘n taxi kry – wat ons nie kry nie, want dit reën en almal is vol! Gou ‘n stukkie trein ry -trappe af, trein  ry en weer trappe op, en HARDLOOP!

Nee, ek kan eenvoudig nie meer nie. Ek stop en pluk die stewels uit.  Toe hardloop ek verder in Amsterdam se strate:  sambreel en bootse onder my arm, en op my sykouse !

Ja, teen hierdie tyd is daar lankal nie vir een van ons meer tyd om te sukkel met sambrele nie. Ook nie met te groot stewels nie.  En ons lê oop soos ons hardloop, sykouse of te not.

En uiteindelik  kom daar ‘n taxi tot ons redding!

In die motor druk ek  die bootse oor my waternat voete en sliep slop, nat tot op die been,  en al druppend van kop tot toon, is ons die teater binne – gelukkig net 5 minute laat, en ons moes net ‘n klein bietjie wag om te kan binne-gaan.

My arme kind was hewig ontsteld, want sy wou graag haar ma bederf, en kyk nou net. Maar sy het! Sy het my ‘n onvergeetlike herinnering gegee! ‘n Lieflike teater, ( Cirque Stiletto) en ‘n lekker avontuur. Wie van julle het al ooit kaalvoet ( of op sykouse) in Amsterdam se strate rondgehardloop in die reën?

Eendag in die ouetehuis, sal ek nog lekker sit en grinnik daaroor.

so is ons van die huis af weg op pad teater toe

so is ons van die huis af weg op pad teater toe

op die eerste stasie, prim en propper onder ons sambrele

op die eerste stasie, prim en propper onder ons sambrele

en so het ons by die teater aangekom
en so het ons by die teater aangekom

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Euro-trip, kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

10 Responses to Kaalvoet in die reen- ‘n kraterstorie

  1. karen sê:

    Hehe, wat ‘n snaakse storie! En nee, nog nooit so iets gedoen nie, dit moes nogal ‘n gesig gewees het. Bly die teater was lekker 🙂

  2. Son sê:

    Dis sulke stories wat die lewe die moeite werd maak!

  3. Toortsie sê:

    😆 Ek sê altyd: As so iets nie gebeur het nie, het jy niks gehad om te vertel nie!! 🙂

    • seegogga sê:

      Gelukkig, met my ‘ luck’, gebeur daar met my baie sulke goed – van vliegtuie wat my tas weggooi, of my ‘n nag in Istanboel loslaat, tot treine wat vir my wegry, karre wat papwiel in die veld kry of breek op die R300, skoene se hakke wat op die boonste trappie van ‘n stel trappe breek, …. noem maar op…. dit tesame met my wankelrige koordinasie, maak die lewe vir my net een groot avontuur ( tot ander mense se ontsteltenis…)

  4. seegogga sê:

    birds of a feather…..

  5. Gogga sê:

    NIe in Amsterdam nie maar wel in London. Ons was ook so oppad teater toe en ook met ‘n nuwe paar skoene wat nog nie ingeloop was nie. Na ‘n paar blokke se loop was ek ook net klaar gestap en besluit kaalvoet is baie beter.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s