Die lewe loop draaie . Soms so stadig dat jy dit nie agterkom nie, soms vinnig en dramaties. In hierdie tyd van verandering in my lewe, kom daar toe nog ‘n paar onverwagse kinkels, hobbeltjies in die bestaan.
Die eerste, minder aangename ding is die gesondheid, wat met die ouderdom ‘n hobbeltjie gemaak het. Daarna was ‘n lekker hobbeltjie ‘n week lange vakansie saam met ons omgeegroep by Calizdorp se lekker warmwaterbron. In hierdie koudste van koue winters was dit ‘n heerlike warm ervaring.
Maar die grootste, onbeplande draai was ‘n maandlange besoek aan Holland, waar my kind bly. Glo my as ek sê dat ek dit nooit voorsien het nie en dat alles binne ‘n minder as ‘n maand gereël en gedoen is. En was dít nou ‘n lekker, onverwagse ( Hollandse) draai! Julle Kapenaars sal jaloers wees as ek sê dat die hele Augustus en die eerste deel van September wat ek daar was, heerlik WARM was – kaal arms, somerklere, warm en lekker! Sit daarby lekker kaas, wyn , shop, en sommer net geen verantwoordelikhede nie, by my dierbare kinders en kleinkinders, en jy het mos ‘n wenner!
Daarom dat ek bietjie slap gelê het met die bloggie, ne! Maar hier is ek nou weer, stadig maar seker!
‘n Stalletjie by die blommemark, Amsterdam.
Met die Rijksmuseum in die Agtergrond
‘n Wenner vir alle tye – bravo Vermeer!
Die paadjie van my kinders se huis na die plaaslike winkelsentrum in Amstelveen
Wat ‘n lieflike plek. Ek wil ook nog gaan.
Hallo Kindjie, dis regtig vir my ook baie mooi daar.
Pragtige foto’s!
Dankie Sonnetjie!
WOW!!!! Dit is nou vir die pragtige skoon plek met sy blomme, en, en, en……
Jy is voorwaar ‘n geseënde vrou!!!
Die munisipaliteite doen hulle bes en sit selfs gereeld nuwe potplante op die sypaadjies van dorpies soos bv Edam en Delft!
Fantastiese foto’s! Ek wil nog een keer “ordentlik” na Amsterdam toe gaan, nie net ‘n namiddag nie!! 🙂 My ma het daardie skildery (Vermeer) in ‘n tapesserie (hoe spel mens dit?) uitgewerk. Dit hang hier by my in die huis.
Ek weet nie hoekom dit so mooi is nie – dalk is dit die lig, en die pragtige vasvang daarvan. Dalk is dit die stille rustigheid, maar van al die skilderye in die Rijksmuseum is hierdie een vir my die mooiste en nadat ek hom al jare lank in talle afdrukke gesien het, verstaan ek hoekom dit so beroemd is. ‘n Mens word net nie moeg daarvan nie.
Dis daai paadjie winkelsentrum toe wat mens baie bevoorreg oor moet voel!
& mooi foto’s!
Dis so mooi en rustig, ‘n mens kan nie glo dis in die middel van ‘n stad nie
Ons was September 2012 daar….wat ‘n ervaring! Dit was wonderlik!
Jou foto’s is pragtig!
Hallo Tertia, welkom hier! Baie dankie vir jou mooi kommentaar. Ja, Amsterdam is regtig pragtig met sy regop skewe huisies.
Pratige fotos! Sal wat wil gee om eendag daar `n draai te maak. So skoon en mooi en beskaafd.
Ek en my vrou hoop om Aprilmaand by my suster in Duitsland te gaan kuier. Was jy al daar?
Hallo Louwie, baie welkom hier op die bloggie en dankie vir die mooi kommentaar. Ja, ek was al in Duitsland en dit is pragtig, julle sal dit baie geniet. Maar Holland is net langsaan en dis die moeite werd om sommer ‘n paar dae Holland toe ook te gaan. Holland is ook goedkoop. Die pryse in die supermarkte vergelyk baie goed in vergelyking met SA en oral kan jy verniet kaas proe. Moet net nie gaan uiteet nie. Kyk of julle julle besoek teen die einde April begin Mei kan reel. Dan is dit tulpe tyd en ‘n besoek aan Keukenhof is absoluut die moeite werd. Kyk gerus hier: https://seegogga.wordpress.com/2012/04/29/tulips-from-amsterdam/ Hoor graag weer van jou.