So lees ek mos nou die dag oor soekterme wat by Toortsie uitkom. Ek het lank gelede ook eenkeer oor my snaakse searches geskryf.
Vandag is die nou weer my beurt. Tog lekker ‘n bietjie plesierigheid. Ek is nou al gewoond aan eienaardige( onder die belt?) goed wat mense tik en by my uitkom., waarskynlik vanweë ‘Ma se seksboek’ . Goeters soos vroulike orgasme, stywe voël, los meisies, warm vry, ens.
En ek dag my seksboekie is mooi prim en propper en effens outyds!
Direk daarna kom toe stalagtiete en stalagmiete. Kon nie help om te dink dat die stalagtiete ook iets met ma se seksboek te doene gehad het nie, maar nee, ek onthou nou ek het oor koning Ludwig se grot geskryf.
Maar vandag vra iemand vir :”vroulike vagina” Ekskuus?
Dan is daar elke liewe dag ‘n hele paar mense wat navrae het oor die kleurwiel. “Watter 2 kleure moet mens meng om rooi te kry?” is onlangs gevra. As julle nie weet, nie, gaan lees maar die bloggie! Of koop vir jou 3 kleure( rooi, blou en geel), en begin verf.
Behalwe die gereelde navrae vir ‘n tameletjieresep( wat ek nie het nie) en die vrae oor ware liefde( wat almal tog so graag wil hê), en baie gereëlde vrae oor babas na aanleiding van ouma se bababoek, is daar vandag toe iets heeltemal anders: ‘”gediertes met knypers”. Wat op aarde????
Toe kom ek mos agter dis nou ek -Seegogga!
Nou toe, Gediertetjie met knypers, hier bring jy vroeg oggend ‘n glimlag op my gesig, met stalagtiete en al. Maar nou wonder ek oor die vroulike vagina…. Wag, laat ek maar nie sê wat ek wonder nie!! 😯
*giggel*
Hallo Natasha, welkom hier!
Tammeletjie is mos maar net botter en suiker en ‘n warm pot en roer tot alles smelt en dan gooi jy dit vinnig op was papier. En dan sukkel jy die res van die Tyd om jou pot skoon te kry
Ag, dankie Gogga! Ek sal dit insit by my tamaletjie blog waarna mense heeldag loer vir ‘n resep!
Voel so afferig op hierdie Vrydagoggend….. nou het ek weer ‘n glimlag op my gesig 🙂 Die mensdom darem!!!!
Ai, Kameel, hoop jy voel gou beter!
Hier knyperige gedierte kan nie sonder handskoene aangepak word nie 🙂