Sondagaandgedagtes: Om te probeer en te fouteer

Onthou julle die Bybelverhaal van die werkers wat die talente by hulle baas gekry het? Hule het mos gaan woeker daarmee en die geld dubbeld teruggemaak- almal behalwe die arme ou wat net een talent gekry het. Hy was te bang om te waag en het toe sy talent gaan begrawe, met katastrofiese gevolge.

Vanoggend vertel die dominee op Mooreesburg vir ons hoe belangrik dit is om te probeer. Hy wat nie probeer en soms misluk nie, lewe nie!

Hy vertel van die top krieketspelers in die wereld wat meer balle mis slaan as wat hulle raak slaan. Byna twee derdes van hulle balle is mis of swak. Tog is hulle die wereld se beste spelers. Edison het duisende kere misluk voordat hy uiteindelik die gloeilamp reggekry het.

Ons maak almal foute. Foute is deel van die lewe en deur foute te maak , leer jy. Daar is nie ‘n mens sonder foute( dus ook sonde) nie. Tog is ons geneig om nie die suksesse raak te sien nie, maar wel die foute,  veral die foute van ander mense. Soms konsentreer ‘n mens so op die foute, dat jy die goeie punte miskyk. En dan oordeel jy baie maklik. en is ook onvergewensgesind.

Jesus leer ons die “onse Vader”   “….Vergewe ons onse sondes soos ons ook die vergewe wat teen ons sondig. ” Hê? Wat bid ons nou eintlik hier? Ons Vader moet ons vergewe soos ons ander vergewe vir hulle foute?  Maar ons vergewe so moeilik! Ons oordeel so maklik! Wel, ons vra ons Hemelse Vader om presies so te doen soos ons doen!

Jesus leer ons egter dat die persoon wat sonder sonde is, die eerste klip kan gooi- en daar is niemand sonder foute, sonder sonde nie.

Vergewe dus daardie persoon wat jou te nagekom het, die persoon wat foute gemaak het wat jou dalk in die moeilikheid gedompel het, die persoon wat jou liefde verraai het, jou ouers wat jou soms onregverdig behandel het, jou naaste. Want ek en jy, ons is ook nie fouteloos en sondeloos nie.

En daar preek die dominee toe mos vir my ook ‘n deur oop en ek besef dat ek nog nooit behoorlik iemand naby aan my vergewe het nie, dat ek nog altyd in my agterkop ‘n verwyt het. Dat ek geoordeel het soos iemand wat dink dat hy sonder foute is. En ek buig my kop in skaamte .

En ek vergewe.

en ek vra vergiffenis…

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

6 Responses to Sondagaandgedagtes: Om te probeer en te fouteer

  1. Kameel sê:

    Forgiveness is God’s grace in action through us. 😉

  2. seegogga sê:

    Wat sou ons tog daarsonder gedoen het?

  3. Toortsie sê:

    Ja , ou Seegogga. Soms vergewe ons makliker as ander tye. Maar ons moet, né, want daardeur word onsself losgemaak….

  4. Flenters sê:

    Dit is makliker om na Bo vergifnis te vra as om te vergewe…… Geen wonder ons sukkel maar soms nie, maar gelukkig is dit net tydelik.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s