Dis Sondagaand, na ‘n lang rustige dag by die see. Die wind het gewaai, en die witperdjies het galop op die groenblou water, ‘n besonderse mooi kleur vandag – kabeljouwater. Die sterretjies het by hulle honderde in Stinkbaai rondgevlieg en ons het vermoed dat daar dalk elwe is. In die hawe het Parrie sy patrollie gedoen, ten spyte van die wind.
Ja, dis somer!
En ek sit nou hier soos gewoonlik, met ‘n bietjie blues. Die jaar is op sy einde en so ook nog ‘n tydvak in ons lewens. Hierdie jaar wat tot dusver heeltemal anders as verlede jaar ( vir my baie beter as verlede jaar, dankie Vader) en gekenmwerk deur verandering; in lewenswyse, toekomsverwagting, en sommer net op baie, baie gebiede.
Vandag het Struisbaai afskeid geneem van ds Lukas, sy eerste eie dominee, wat reeds 17 jaar lank die gemeente bedien het, en nou sendingveld toe gaan. Ook Struisbaai verander.
Verandering en harde werk. Maar die jaar is nog nie om nie. Wie weet watter veranderinge nog voorlê? In ons land was daar, wat my betref, besonder dramatiese veranderinge en nog word vorentoe voorspel.
‘n Vriendin glo sterk aan hierdie einde van die jaar- nie as die einde van die wereld nie, maar die einde van die huidige lewe soos ons dit ken. Volgens haar en haar godsdiensgroep is dit die einde van die huidige bestel en die begin van ‘n nuwe bestel. Daar is baie teorieë en tekens wat daarop wys.
Ek is skepties oor sulke voorspellings en sien maar net die veranderinge in my eie lewe en weet dat daar in my eie lewe ook ‘n nuwe bestel moet kom.
En julle? Hoe voel julle oor die jaar wat amper verby is en die nuwe jaar wat voorlê?
http://www.zappinternet.com/video/ViMsTofFek/Bob-Dylan-The-Times-they-are-A-changin-1965
Dit was in baie opsigte ‘n moeilike jaar, maar daar was ook groot vreugdes. Ek dank die Here oor ‘n spesifieke verandering wat plaasgevind het; dit is iets waarvoor ek oor die dertig jaar al bid. As ek vandag eerlik moet wees, moet ek sê ek wens werklik die Here se koms in naby. Nog nie veel aan die nuwe jaar gedink nie. Dit voel ver my ook asof daar veranderinge voor ons lê.
Ja, Kameel, hoe sal ons weet? , n Mens moet nert glo: soos ‘n Kind!
Het net vandag met iemand daaroor gepraat – hierdie is vir my nie ‘n lekker tyd van die jaar nie, om verskeie redes. Een is: almal is moeg, en ietwat gefrustreerd en ge-irriteerd. Maar die jaar self? Daar was goeie dinge en slegte dinge, soos gewoonlik maar. Ek hoop net enige moontlike veranderinge beteken meer vrede. In die land, wereld en in harte 🙂
Ai, ek hoop regtig so, saam met jou!
Ja, die jaar lê op sy rug….. Mag ons ‘n goeie feesseisoen hê, gereed vir wat ook al voorlê
Ai, ek hoop to g so! En VREDE OP AARDE!