lag ‘n slag

Vandag sê ons dominee mos, dat ons meer moet lag. Hy speel selfs vir ons snaakse video’tjies om ons te laat glimlag. Volgens hom lag ‘n mens minder,  hoe meer opgevoed jy is. En dis ‘n groot fout, want lag is gesond! Vrolikheid is ook ‘n opdrag van God. “Verbly jou in die Heer. ” en ” Wees altyd deur bly”.

Ons bekommer ons oor die dag van more en ons stres en ons wroeg – alles onnodig.  Al wat ons moet doen, is om te vertrou op die Here, en te glo dat Hy vir ons sal sorg, en ons te verbly in Sy genade.

Ons kry selfs ‘n opdrag. Ons moet elke dag hierdie week met ete eers ‘n grappie vertel voor ons begin eet.

Dis nou net presies die boodskap wat ek vandag nodig gehad het in hierdie tyd wat ek my so opwerk van bekommernis en so moet stry teen die swaarmoedigheid.

Ek het my sommer net daar voorgeneem dat ek  nou , hier, gaan stop om te bekommer oor die dag van more, die klein plesiertjies is die lewe meer gaan waardeer en die lewe meer gaan geniet. Die lewe is heeltemal te kort vir wroeg!

Mag dit vir jou wat hier lees ook ‘n vrolike week wees!  En sommer net om jou ietsie te gee om dalk oor te glimlag, kyk hier onder.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

6 Responses to lag ‘n slag

  1. Kameel sê:

    Ek het lag so nodig soos die suurstof wat ek inasem. Behalwe vir my ernstige dae (ek het hul net so nodig – dis my make up) gaan soek ek iets om oor te lag. Die blogs gee my baie lag oomblikke…. baie dankbaar daaroor 😆

  2. Kameel sê:

    NS. Ons mis baie uit as ons nie in die oomblik lewe nie!!!

  3. seegogga sê:

    Dis baie waar wat jy se, Kameel!

  4. Toortsie sê:

    Dankie Seegogga!! Ook vir die lekker kat video. 😆 Ja, Stan het my ook uit my 2 weke lange wolk gehaal…. 😉

  5. Terug pieng: Blogbeker | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Terug pieng: Reader appreciation awards « OLGA SE OKSELTJIES

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s