Die juffrou en John: Deel 2

Oorentoesiasties en onervare en onvolwasse.  So het die juffrou begin skoolhou en haar met volle oorgawe in haar nuwe beroep gewerp.

Die kinders het na haar toe gekom in hulle ‘af”-periodes – sang, godsdiens, voorligting en liggaamsopvoeding asook in al hulle Afrikaanse periodes.  Dit het beteken dat haar klasse die heeltyd gewissel het: nou die st 6e en 8’s saam,  nou weer die 8’s en 7’s ens. Soms het sy een leerling tot selfs 5 x per dag gesien, soms glad nie; Multi-graadonderrig op sy ergste, maar die klasse was klein en elkeen se taalvermoë was min of meer  op dieselfde vlak – heel onder, 0.

Haar klassie was in die prefekte se kamertjie en soggens het sy en haar leerlinge saam om ‘n tafel gesit, en na skool het hulle  ‘n gesamentlike sessie in die skool se taallaboratorium gehad  waar elke kind op sy eie deur ‘n program moes werk en by die juffrou kon inskakel om hulp. Sy kon weer individueel op elke kind inskakel sonder om die ander te steur. Dit was jare voordat daar so-iets soos persoonlike computors was, maar haar skool het ‘n wonderlike progressiewe skoolhoof gehad. Was dit dalk die eerste skool met ‘n taallaboratorium in die land?

Sy het al haar leerlinge en hulle ouers persoonlik leer ken: Daar was die  Skotte wat geweier het om skooldrag te dra of hulle hare te knip, en wie se uitspraak niemand in die skool kon verstaan nie, behalwe miskien sy:( ” Hi. Lizz, how is Graeme doing in your English class?”  ” I don’t know. I never ask him a question, because I don’t understand a word he’s saying!”)

Daar was die 2 Amerikaners; ‘n dierbare skaam seun wat uitruilstudent was, en ‘n wyse meisietjie wat al in byna elke land in die wêreld skoolgegaan het. Haar pa het vir ‘n oliemaatskappy gewerk.  Die 2 Belgiese en Hollandse meisietjies was natuurlik voor almal, met veral die Vlaams wat regtig baie soos Afrikaans is.

Daar was die pragtige Britse boetie en sussie, fyn opgevoed en uit ‘n lieflike gesin ,en die mooi blonde Britse Heather, wat nooit ooit die letter H oor haar lippe laat kom het nie: (“Miss, ‘e pulled me ‘air!”)

En dan was daar die twee boeties wat soos dag en nag verskil het: die rowwe opstandige st 7 rebelletjie en sy ouer boetie, die ‘answer to a teacher’s dream’, John.

Sy het die kinders leer Afrikaans praat, en hulle vir haar Engels.( “Miss, your tongue ties. When you want to say something like ‘don’t do that , do this,’  you say: ‘don’t do dat do dis”….but it’s ok, miss, we understand what you mean!” John.)

Sy het hulle geleer van ons land se gebruike, boeremusiek  en  fauna en flora. Hulle het haar geleer van Underground Music – Huriah Heep, Black Sabbath en Deep Purple.

Sy het hulle geleer van vleisbraai, biltong en droë wors. Hulle het haar geleer van koffie met suiker, melk en lepel sommer klaar in, onion and cheese pies en veral baked beans on toast.

Saam het hulle die skoolgronde deurgeloop, aan alles gevat en die Afrikaanse woorde gesê. Hulle het uitgery veld toe en die natuur in Afrikaans verken.   Sy het hulle na die Randse Paasskou en goudsmeltery geneem om hulle ‘n breër beeld te gee, en hulle is saam skrootwerf toe om materiaal te gaan soek vir die vlot wat hulle vir die skoolkarnaval moes bou.

Sy het hulle dikwels smiddae sommer huis toe geneem omdat hulle so ver van die skool af gebly het en binne ‘n halfuur weer by die swembad moes wees. (Hulle was feitlik almal swemmers wie se ouers na haar dorp toe gelok is deur die fabriek en die wereldberoemde swemafrigter wat hulle op die dorp aangestel het.)

Sy het haar leerlinge baie, baie goed leer ken, en hulle ook vir haar.

Wie het vir wie geleer? Soms dink sy dat sy die een was wat die meeste geleer het – van ‘n ander taal, ‘n ander kultuur, ‘n ander leefwyse.

En tussendeur was daar een leerling wat gesorg het dat hy nie ongemerk en in die bondel bly nie, wat haar aandag doelbewus opgeëis het met sy buitengewone hardwerkendheid, sy verantwoordelikheid,  sy insig, sy vrae, sy tussenwerpsels, sy kwinkslae en soms sy moedswilligheid: John.

Klik hier vir vervolg

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Vertelling: Die Juffrou en John. Bookmark the permalink.

7 Responses to Die juffrou en John: Deel 2

  1. Kameel sê:

    Dankie dat jy verder geskryf het…. en NEE ek is nie teleurgesteld nie. Ek geniet elke oomblik daarvan – Hoe dan anders…. dit gaan oor kinders…. en ‘n sekere John 😉

  2. Dis ‘n FANTASTIESE foto daardie!

  3. Toortsie sê:

    Ja, mag die onderwysers nooit vergeet watter belangrike rol hulle speel nie. Maar vandag is dit sulke vol klasse… swak dissipline… ai. Tog probeer die onnies nog steeds hulle bes!

  4. seegogga sê:

    onderwys gee is soveel meer as net die vak wat jy gee, maar ongelukkig maak die groot klasse dit baie moeilik .

  5. Terug pieng: Die juffrou: Deel een | Seegogga se Bloggie

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s