to write or not to write that is the question

Ek het vadag oor die radio gepraat oor my blog – niks om oor huis toe te skryf nie, dis sommer ons plaaslike stasie weer ek 3x per week ook soggens die nuus moet lees, alles vrywillig, maar dit het my weer gebring by die kwessie oor blog.

Holly Lisle, daardie vrygewige skrywer wat gereeld die oulikste gratis wenke stuur vir die van ons wat wil weet,  sê dat ons mooi moet dink waarom ons skryf. Dat ons moet eg wees, maar dat ons ook moet weet: deur jou skrywe leer ander jou ken, of jy dit nou wil hê of nie. Erger nog, mense vind goed van jou uit waarvan jy nie eers bewus is nie.

Of ‘n mens dus wil of nie, jy stel jou innerlike bloot aan diegene wat jou skrywe lees, selfs al skryf jy oor goed wat jou nie eers regtig raak nie. Hoe dan nou gemaak met die goed wat jou regtig raak? Die goed waaroor jy eintlik graag wil skryf? Die goed wat jou rerig na aaan die hart lê?

Want as ‘n mens lief is vir skryf, is jy ook lief om oor goed te skryf waaroor jy voel, goed waaroor jy graag iets wil sê – waarskynlik omdat dit  iets is wat jou raak. ‘n Mens sien dit ook duidelik in blogs. Mense skryf oor goed wat vir hulle belangrik is, oor hulle daaglikse doen en late en dinge waaroor hulle sterk voel.

Is bloggers dan dalk uiterste ekstroverte? Of is hulle juis introvert en is skryf die enigste medium waardeur hulle van gevoelens kan ontslae raak? Of is hulle bloot in hulle hart skrywers, en geniet dit om  woorde in te span? ( maar in die proses hulleself bloot te stel?) Indien hulle slegs wou skryf om te skryf, sou hulle dagboek gehou het. Blog impliseer dat hulle graag wil he ander moet dit lees.

Ek dink dis dalk ‘n kombinasie van baie faktore. Die skrywers in ons, wat graag  wil motiverend, humoristies, of insiggewend wil skryf, die wat wil dig, die wat hulle emosies wil uitskryf, en die  wat hou van stories vertel.

Die meeste van ons het skuilname, maar ons vriende en sommige medebloggers weet wel wie ons is.

Hoe voel jy as blogger daaroor dat die hele wereld weet wat jy dink en voel en wat in jou lewe gebeur? Wil julle nie asseblief vertel nie?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

24 Responses to to write or not to write that is the question

  1. Dirkie sê:

    Ek probeer om op ‘n geselstrant te skryf / wroeg/galbraak/soms slaag ek glad nie daarin nie-maar ek voel definitief beter, daarna. …dit wat my te blootstel(baie intieme smart) sal ek nie oor skryf nie. Die wat lees-kommentaar soms nie/ die wat ek graag my woorde voor skryf/ het nie eens ‘n rekenaar nie. Ek beskou my blog soms as deel van ‘n terapie /veral toe ek geblog het oor Kinderloosheid/kinderaanneming/versoek van Biologiese mense om kontak te maak….Daardie blogs se terugvoer en bemoediging aan ander in dieselfde posisie was absoluut die moeite werd- dit kon die wêreld maar gelees het- as ek net iemand daardeur kon troos.

  2. Kameel sê:

    Jy raak hier nou aan ‘n ding wat my lankal laat wonder. Hoekom skryf ek wat ek skryf? Wanneer ek vir myself sê ek gaan nie meer skryf nie raak dit soos met Jeremiah, ‘n vuur in my binneste wat my brand. Ek skryf oor dit wat in my binneste lê…. oor die pad wat ek geloop het.”Vertel jy nie te veel van jouself, en die mense in jou lewe nie?” vra ek…. maar dan weer, ek is nie ‘n halfmaat mens nie. So dit bly vir my ‘n tameletjie wat ek nie weet watter kant toe mee nie.

    • seegogga sê:

      Ek is bly jy noem jou stryd, Kameel. Ek sit met dieselfde tameletjie. Wanneer vertel ‘n mens te veel van jouself? Moet ek nie liewer ‘n blog begin waar niemand weet wie ek is nie, en dan kan ek na hartelus skryf?

      • Kameel sê:

        Ek kommunikeer op dieper vlak met mense… dit is wie ek is. Om heeldag oor koeitjies en kalfies te praat is vir ‘n tydjie lekker, maar dan wil ek weet wie is jy, wat maak jou wie jy is, wat se pad het jy geloop..wat is jou lief en jou leed. Dit is nie nuuskierigheid nie, net ‘n liefde vir mense, en ‘n omgee. Jy moet kan skryf wat in jou binneste aangaan seegogga… en jou hart uitskryf. Ek weet dit is al wat vir my ook satisfaksie sal bring… wanneer dit wat in my lê, uitgeskryf is.

  3. Slakkelak sê:

    Ek dink mens skryf eerstens omdat jy iets het om te vertel. Persoonlik gee ek nie om indien iemand weet wie ek is nie. Ek wil nie anoniem wees nie, ek wil IEMAND wees. Ek is ‘n groot introvert en deur te skryf wat ek beleef gee ek mense ‘n kykie in my siel. Miskien hoop ek mense verstaan my beter en dat daar ‘n beter aanvaarding van my sal wees, want dit maak my seer wanneer mense nie altyd my bedoelings verstaan nie, omdat ek ‘n slegte verbale kommunikeerder is en dan kom dinge soms uit op ‘n verkeerde manier.

  4. seegogga sê:

    Dankie dat jy ons vertel, Slakkelak. Dis lekker om jou so te leer ken! En ons leer baie by jou!

  5. seegogga sê:

    Om te skryf is beslis helend, vir my is dit ‘n uitlaatklep, en ja, ek wil my ook graag uitskryf. Maar soms wil ek sommer net skryf om herinneringe neer te pen, om inligting te gee vir ander mense wat dalk sukkel met dieselfde goed waarmee ek destyds gesukkel het, bv Ma se bababoek, of soms om idees te gee oor goed waaroor ek sterk voel, bv ma se seksboek, of die Overbergstories. My een dogter het my ook gevra om staaltjies uit my verlede neer te skryf. Dis mos die snaakse goed wat ‘n mens bybly, en deel vorm van die aangemame herinneringe aan jou jeug.In ‘n tyd toe dit met my swaar gegaan het, was dit lekker om sommer lawwe goed wat al met my gebeur het, neer te skryf. Ontvlugting?

  6. cathome36 sê:

    Cattie geniet jul skrywes. ek stoei met dieselfde as kameel… en het maar onlngs begin blog. ek is eintlik nie ‘n woorde mens nie, maar lap en wol auntie by my uithangplek op my dorp is ek mev. Wol!!!! maar die blog-ding wou my nie los nie… en dis so goed om te weet daar is ander wat dieselfde stryde stry… soos met stiefkinders, geloof en lawwighede en mooi dinge kan deel, so ook hartseer. Ek het ook dinge waaroor ek graag wil skryf, maar in my geslote gemeenskap en familiekring dit nooit sal waag nie… en tog vind ek ‘n uitlaatklep vir daardie verborge dinge deur op ander se blog te lees, te oordink en te besef jy is nie alleen nie. en so tussendeur tog deeltjies van jou diepste denke uit te laat vir ander om te lees…. en ja, as my seer en ervaring weer vir iemand anders kan troos en hoop bring, is dit tog alles die moeite werd, of hul weet wie jy is of nie…
    Dankie goggie vani see vir al jou mooi skrywes… miskien is dit jjuis omdat ek weet wie jy is, dat ek dit nog meer geniet om dit te lees

  7. Interessant om te sien wat ander mense dink.

  8. Toortsie sê:

    Om te skryf op ‘n blog is vir my ongelooflik bevrydend. En ja, ‘n mens stel jou beslis bloot. Maar ek geniet die gesels van die blogs. Die goed wat op blogs verskyn, is alledaagse, menslike goed, baie keer selfs meer menslik as wat ons in tydskrifte lees?
    Iemand het een keer op die radio gesê dat deur te skryf, kry baie mense ‘n stem. Want baie mense kry dalk nooit die geleentheid om iets te sê nie – hulle word doodgepraat, of daar word bloot sommer vooraf deur die aanhoorders gedink dat die ander ou se denke of idees simpel is. Deur te skryf kry jy kans om jou stempel af te druk en jou opinie te gee. En wonderbaarlik is daar mense wat selfs daarmee saamstem , of dalk verskil!

    • seegogga sê:

      Jy, raak hier ‘n belangrike ding aan, Toortsie, dat die gewone onbekende mens nou ook ‘n stem kry. Is dit nie wonderlik nie? Hy kan sy idees vir die wereld vertel sonder om afgeskiet te word deur familie, vriende, redakteurs en uitgewers.. En dit staan die ander in die wereld vry om te lees of te ignoreer soos hulle wil. En miskien, erens, beteken sy skrywe vir iemand iets. En as dit maar vir een persoon iets beteken, is dit die moeite werd!

  9. Blog is ‘n manier vir my waarop ek my gedagtes neerpen. Dit is ‘n bonus as mense dit lees, maar ek wil boekhou van wat ek dink en die gedagtes maklik opspoor

    • cathome36 sê:

      Catti like jou reply. ek voel saam met jou. Ons moet kan skyf wat ons wil skryf, dis mos annerman se keuse of hy wil lees of nie. En niemand gaan vir my of namens my besluit nie. Maar disook elkeen wat lees se voorreg om daarop te ‘comment’ wat hul wil sonder om oorlog te maak of mislik te wees. Dit is immers waaraan enige publiseerder/skrywer fotograaf , ens hul blootstel wanneer hul iets op skrif sit op paier of blog vir die www om te kan lees. dis net soveel lekker as iemand lees wat jy gedeel het en ook ‘n positiewe stuiwer ingooi in ons armbeurs…

    • seegogga sê:

      Hallo Xena, en op ‘n blog kan ‘n mens dit ten minste self ook lees. My skrif is onleesbaar, soms vir myself ook.

  10. Son sê:

    Sommige mense skryf, veral op ‘n blog, omdat hulle ook hulle “15 minutes of fame” soek. Hulle soek erkenning en hulle raak ‘stats hoere’ soos Johan Swarts destyds geskryf het. M.a.w. hulle check heeltyd hoeveel mense het hulle blog kom lees en hoeveel kommentare is daar. Hulle skryf ook soms die grootste klomp stront.

    Ander mense skryf omdat hulle nie anders kan nie, want dit MOET uit. Soms skryf hulle lang tye nie en soms skryf hulle aanmekaar, afhangende van wat in hulle koppe aangaan. Hierdie skrywers steur hulle min aan statistieke. Die skrywes is vir hulle ‘n soort van pelgrimstog.

    Nog ander skryf boeke omdat hulle ‘n storie het om te vertel, party vir geld, ander vir kreatiwiteit.

    Soos mens lees, kom mens agter wie skryf vir watter rede. En wat maak dit actually saak. Live and live 🙂

    • seegogga sê:

      Hallo Son, lanklaas van jou gehoor. Ek moet bieg ek is mal oor die stats. Maar dis glad nie hoekom ek skryf nie. Ek het op skool al dagboek gehou en stories probeer skryf – hoogs geheim, net vir my eie oe, so ek glo ek voel darem ek val nie in die eerste kategorie nie.

  11. Son sê:

    Sorry – live and LET live 😆

  12. Alvida Van Zyl sê:

    Ek wonder soms of skrywers ” aspris” tik foute maak, of is dit deel van ‘n skryf-style? Ek is so lank al uit SA, en word dikwels gevra, om oor ons wedervaringe te skryf. Dit was nie ‘n maklike besluit om jou land, en onse mense te verlaat nie. Die onbekende wereld oorsee, het ons dankbaar, en nederig gemaak, in baie opsigte. Maar nou MIX ekke, MY TAAL VREESLIK,……soms….. aspris…!!!!

    • seegogga sê:

      Ek doen ook Alvida! Soms het n ander taal net die regte woorde wat jy nodig het om n sekere idee of gevoel oor te dra. Met ‘n dogter wat skryf kan jy gerus ook! Ek glo baie mense sal wil lees wat jy te sê het. Wanneer kom julle weer SA besoek? Sal jou graag weer wil sien!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s