Briefie aan ‘n Bloggie

Liewe Bloggie,

Ek verlang vannaand na jou. Ek het so uitgesien na ons twee se tydjie saam, en noudat ek hier by jou sit, is my hande lam, my brein suf en my wil min.

Ek het my voorgeneem om oor die fisiese ontwikkeling van die babatjie te skryf- het immers maande gelede al navorsing daaroor gedoen. Miskien is dit nou omdat dit al bietjie laat is, die tweelingetjie loop al amper, dat ek so traag is.

Hierdie afgelope weke het ek so hard gewerk soos nog nooit tevore nie, voel dit my, en noudat ek hier by jou kan sit, is ek te lam. Ag, Bloggie, wees asseblief maar geduldig met my. jy weet mos dat ek baie lief is vir jou.

Vandat jy in my lewe gekom het, het wêrelde oopgegaan, ek het dinge geleer waarvan ek niks geweet het nie, wonderlike nuwe blogvriende het my pad gekruis. In moeilike sowel as gelukkige tye is jy by my en jy verstaan altyd soo goed! Jy is regtig goed vir die siel!

Maar nou is dit baie laat en slaaptyd, dus groet ek eers tot anderdag. Ek stuur vir jou een van my gunsteling liedjies. Die woorde van die liedjie wil my altyd tranerig maak. Maar as ons nou die oorlog en goeie verlore vriende kan vergeet en net aan ons twee dink, dan is die woorde ook heel gepas.

Ek verlang na jou!

Liefde

Seegogga

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

14 Responses to Briefie aan ‘n Bloggie

  1. Kameel sê:

    Gelukkig is Bloggie, geduldig en verdraagsaam…. eienskappe wat ons as mens met tye te min van het.

  2. Toortsie sê:

    En ons verlang na die Seegogga!!

  3. ‘n Ou foto’tjie van die kleingoed sal al troos?

  4. Toortsie sê:

    Het jou so skrams in die kerk gesien vandag, met die uitloop.

  5. Olga sê:

    sterkte krappie. Goedgaan.

  6. seegogga sê:

    Ek weet nie wat aangaan dat mens soms moet inlog en ander kere nie. Ek kom glad nou die dag agter dat ek iemand wat ek van die begin af “follow” nie meer “follow” nie, en ek het regtig niks gedoen nie. Toe moet ek sowaar weer die follow knoppie druk om op hoogte te bly van nuwe inskrywings. En soms as ek die rekenaar aansit en my gmail wil lees, dan is dit skielik nie beskikbaar nie, tensy ek weer inlog. Selfde met wordpress. Is daar ‘n terrorris in my laptop? ‘n Spioen of ‘n spook op die internet???????

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord