Sing jy van blomme, of sing jy van geld? Nee, nee, nooit nie van geld! Nee, nee, nooit nie van geld!”Leon het mos oos vroeg vanjaar hieroor geskryf>
Wel, dit was seker in die goeie ou dae, toe ons seker ook almal arm was, maar daar tog meer dinge was om vreugde te gee – rustigheid, helder lug, groentetuine, ‘n melkkoei in die agterplaas, naaldwerk op die gras onder die boom, ridders op wit perde, kerse, ‘n lieflike gevoel van genoeg tyd……..of is ek nou simpel nostalgies, en idealisties?
Want vandag sing ons van geld, ons jaag dit na, ons bekommer ons dood daaroor, en raak heelteml depressief! Ja, ek ook! So, “ko laat ons sing!”
Wel, ek is ongelukkig nie ‘n ryk man nie, en ongelukkig het ek nou ook nie ‘n ryk man gekry nie, en ongelukkig is dit so waar deesdae:
Gelukkig woon ek mos hier in die OVERBERG, die plek wat ek al in my kinderjare uitgesonder het as die beste plek om te wees in tye van hongersnood- met al die allekruk, perlemoen, mossels, suurvytjies, waterblommetjies, skilpaaie, veldkool, bokkies harders en vleie, sal hier wel iets van wees om te oorleef. ( O ja, en ons restourant, Merino Grill was mos die eerste een op Bredasdorp om skaapstertjies op die spyskaart te sit! drie stertjies, vingeraflek-lekker met roosterkoek en konfyt vir net R28, hierdie hongersnoodtye voor Kersfees!)
Dus as ek so nou en dan bietjie wegraak, weet dan dat ek gaan soek het!
Ag, en terwyl ek so soek neurie ek mos saam met ou Lucas Maree:( ongelukkig is dit al video wat ek kry- luister maar na sy mooi stem en sien dat selfs die Ingelse gedink het die woorde is die moeite werd om te vertaal.) Ek dink regtig hy het ons volk se hart geraak met hierdie liedjie! En waar die hart van vol is…….
En op die ligter noot, groet ek eers tot volgende keer! Maar hier is ‘n vrolike lessie:
Ja Seegogga, ek wonder self wanneer geld dan so verskriklik belangrik geraak het. Maar ongelukkig HET dit! Ai, ek gril vir myself as ek daaraan dink. Maar ons het almal die ou geldjie so nodig!
Liewe getroue Toortsie, jy is sowaar ‘n liggie hier op die Suidpunt! Dankie vir die richman -tip!
dit SING so lekker….. 🙂
Ek is verlief op geld.
Seegogga
Langs die ikoon wat jy vir foto’s gebruik, is die ikoon vir videos (die een wat soos ‘n stuk film lyk). Dit is Add Video. Kliek daarop. As jy ‘n video van You Tube wil gebruik, gaan na From URL en sit die link (soos jy dit copy van youtube) daar. Kliek insert into post. Dit sal die video in jou post sit wanneer jy publish.
As ek nou boonop reg onthou . . .
Wow, dankie xena, ek het al voorheen probeer, maar ek gaan nou probeer dadelik hierdie post probeer verander en sommer iets invoeg waarvan ek heeltemal vergeet het. Ai en dankie vir die herinnering aan hierdie belangrike Transvaalse wet, wat intussen uitgebrei het na die Kaap toe, ook!
Sien jy het reggekom
Baie dankie, ja, Xena, altyd gewonder hoe julle dit regkry! Toortsie moet dit invoeg in haar blogkurses!
Sal sommer die skakel hiernatoe stuur!!
Terug pieng: Hoe begin jy ‘n nuwe blog?? « Toortsie se Blog
Nou toe nou, blogkurses brei uit. Nou moet ek nog net leer hoe om ‘n video op te sit by kommentaar- daardie prentjies is mos dan nie bo nie! Kom Xena, lyk my jy weet hoe! vertel asb!