Showtime! ( ‘n Week na: The show must go on)

‘Een hunters extreme asb?”

“Hier’s hy. R 20”

“2 Poncho’s asb!”

“Right! R36″

Ag, tannie, hou maar die kleingeld!” Ek neem die twee tweerandstukke en kap dit so tweekeer op die barcounter soos ‘n pro. Dis wat mens moet doen as jy ‘n tip kry.

Ek leer!

Om ‘n shooter te drink is ook ‘n ernstige besigheid. Eers word die shooterglasies in ‘n ry gesit en tot op die rand vol geskink. Dan tel die drinkers dit op en hou dit in hulle hande tewyl hulle mekaar ernstig aankyk. Dan, op ‘n gegewe moment, as almal reg is, word die glasies gelyk gelig en “gedown”. Die glasie word harderig  tweekeer op die counter getik voor dit neergesit word. Dan is die ernstige saak verby en kan almal weer normaalweg lag en gesels( welliswaar dalk effens lighoofdig van die skielike “shot?”).

Daar is ook die volgende:

“Anna-Marie, sjoe, jy lyk darem sexy vir jou jare.” en as ek op die stoel klim om die musiek te verander:” Hoor hier, jy het regtig sexy boude”

“Luister, mannietjie, Dis nou GENOEG! Dit stop nou HIER! ( nadat ek hom ‘n paar keer gewaarsku het). Jy noem my nie WEER op my naam nie! Vir jou is ek Tannie Anna-Marie en daar is die deur! UIT!”

Dan was daar Shaun, ‘n gereelde klant wat elke aand sommer daar rondgehang het en vanself gewag het tot ek toemaak om seker te maak dat ek veilig in my motor is voor hy ry. Sonder dat iemand gevra het of iets gese het. Dankie Shaun! Ek waardeer dit!

Donderdag het daar uit die bloute ‘n vroutjie by die restourant opgedaag wat werk soek en al voorheer gewaiter het en vandag het my barman weer opgedaag: welliswaar met twee blou strepe onder die oë en ‘n groot baie skewe neus, maar hy lyk darem nie meer of hy uit die Rocky horror picture show uitkom nie, en dus kan ek nou hier sit ek tik!!!!

Maar volgende week is Mega week, die heel besigste week op die Bredasdorp kalender.

It’s showtime!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

3 Responses to Showtime! ( ‘n Week na: The show must go on)

  1. MaanKind sê:

    Sterkte! Hierdie tyd sal ook verbygaan, en voor jy weet, dink jy terug aan daardie tyd toe…

  2. seegogga sê:

    Ja, die lewe is ‘n avontuur, glo ek. Ek hoop jy voel al beter!

  3. toortsie sê:

    Go for it, Girl!!! Jy KAN mos!!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s