Ek het dikwels oumas en oupas hoor gesels oor hulle kleinkinders en hoe lief hulle vir hulle is. Kon nooit lekker verstaan hoekom nie. Nou weet ek nog steeds nie hoe dit werk nie- ek is mos nie die tweetjies se mamma nie, maar ek is klaar lief vir hulle, al het ek hulle nog nie eers gesien nie.
Die tweetjies is te pragtig en vorder goed, die kinderarts is tevrede en op hierdie foto’tjie is die tweeling ewe tevrede, lyk dit my! Hulle mamma en pappa word goed besig gehou met voedings elke 3 uur, maar verder is hulle stroopsoet. Die foto is geneem toe die tweetjies so 3 en ‘n halwe weke oud was en vandag, Dinsdag, is hulle ‘n volle 4 weke ou
d. Willem is die
kleintjie, maar die oudste en Markus is die groter boetie , maar die jongste.
Baie dankie vir al julle gebede toe hulle dit baie nodig gehad het. Dit het beslis gehelp!
Hier is ouma se bragfoto’tjies!

Hulle is absoluut pragtig! Baie geluk, jy sal sien, kinders is soos melk en kleinkinders is soos room, xxx
LikeLike
mmmmm ek’s juis so lief vir egte room….!
LikeLike
Ag maar hulle is pragtig!!!
LikeLike
Ouma se liefies!!! hulle is PRAGTIG!!
LikeLike
O, maar hulle is pragtig. Geniet hulle!
LikeLike
Hallo Meermin, Toortsie en Klippie. ja ek stem mos nou heeltemal met julle saam! Hulle is te pragtig en ek gaan hopelik een van die dae hulle bietjie vashou en popspeel.
LikeLike