Ouma se bababoek, brief 7: Update oor borsvoeding, reels, en roetine.

Liewe Leanie, Annika en Lientjie

Ag hierdie ouma is tog so bly die ou tweelinkie is uit daardie nare broeikaste en by die huis! Die beste broeikas is die wereld is mos die baba se eie mamma!

Maar nou kom al die verantwoordelikhede skielik op jou en jou man af, Lienkie, en dis nou sommer dubbele verantwoordelikede vir julle, wat nie ervare ouers is nie!

Daarom wil ek jou nou sommer eers gerusstel Lienkie.

Ek weet dat die hospitaal sekere standaard roetines het. Dis, in teenstelling met wat julle dink, nie noodwendig die heel beste vir die babatjies nie, wel die maklikste vir die hospitaal. Die verpleegster het eenvoudig nie tyd om 24uur lank een babatjie op te pas nie. Hulle het nie tyd om met ‘n duppertjie voggies in die mond te drup nie, of heeltyd te monitor  of rond te dra nie. Sekere praktiese gewoontes word ook in bababoeke geskryf en ek het dit ook al vir jou vertel, maar reels is mos gemaak om gebreek te word- deur niemand minder nie as die baba self!

Ek kry nou die dag so ‘n-mail grappie. Daar staan geskryf: New ruler of the world. Onder die opskrif is ‘n prentjie van ‘n babadogtertjie met ‘n dummie in die mond en rattle in die hand. Inderdaad!!! Julle gaan van nou af regeer word! En julle het sommer twee wereldleiers!

Dit werk so. Tradisioneel slaap die babatjie 4 uur lank . As hy wakker is, word hy mee gespeel en weer drooggemaak net voor sy volgende voeding, omdat hy gewoonlik aan die slaap raak terwyl hy drink, en dan wil jy hom nie pla nie. As ‘n babatjie slaap- los hom uit! Moenie slapende honde wakkermaak nie! Dan slaap hy soet vir die volgende 4 uur.

Maar ai, dit werk ongelukkig net nie so nie! Die babatjie is die nuwe ruler en hy besluit dalk hy wil elke 2 uur kos he, of selfs weer na ‘n uur!! ( of ‘n halfuur!) Hy besluit dalk om sy roetine te wissel deur net een uur te slaap, of hy besluit dat hy na hy gedrink het ‘n hele ruk eers wil kreun en steun. En jy as mamma sal vriendelik dog ferm gedwing word om dit maar so te aanvaar, dis nou te se as jy ‘n gelukkige babatjie wil he.

Daarom wil ek vir jou die raad gee. Dis goed om elke dag op dieselfde tyd badtyd te he, gewoonlik net voor jy graag wil he dat hulle die aand moet slaap, want hulle slaap gewoonlik lekker na bad en voer. Daar is egter mense wat dit verkies om hulle babatjies soggens te bad. Dis  goed om te bad voordat jy voer. Sommige  babatjies word egter so gou honger dat dit beter is om hulle te voer of halfpad te voer VOOR  jy bad. Dis goed om doek om te ruil voor jy voer, maar sommige babatjies is so honger dat dit beter is om hulle eers te voer voor die doekruil. Dis goed om die babatjie elke aand op dieselfde tyd te laat slaap, maar sommige babatjies is net nie dan vaak nie! Dis goed om hom elke keer sy200ml( of wat ookal ) te laat dink, maar babajies is nie altyd ewe honger nie!!

Dus wil ek vra: laat jou lei deur jou babatjies. As hulle honger is, voer. Moenie hulle laat wag nie, hulle moet dan nou juis gewig optel! Moenie jou vasstaar teen milliliters nie, kyk of jou babatjie tevrede is, en genoeg piepie.   Moenie bekommerd wees oor doeke, volumes en horlosies nie, wees bekommerd oor jou babatjie se geluk. Daar is niks wat so ontstellend is vir baba sowel as mamma, as ‘n huilende, ongelukkige babatjie nie. Ek self het eenkeer my bloes oopgeruk dat die knope die kamer vol spat, omdat jy van honger gehuil het, en ek nie die knopies vinnig genoeg kon oopkry om te voer nie. Die mamma het ‘n dierlike instink wat nie onderskat of onderdruk moet word  ten koste van die babatjie nie.

In Suid-Afrika is daar op elke dorp ‘n kliniek en tradisioneel neem die mamma elke week haar babatjie kliniek toe. Dan word hy geweeg en ondersoek en sy gewig word op sy gesondheidskaart ingevul. Daar kry hy ook sy inentings op sy tyd en die suster is daar om om by te staan met enige vrae. Dit word elke week gedoen en dis ‘n gratis diens. Ek weet nie hoe dit in ander lande is nie, maar vind asb uit. So leer mens ander mammas ken, en word jy elke week gerusgestel dat jou babatjie na behore groei.

‘n Groot probleem vir nuwe mammas is om te weet hoeveel hulle babatjies drink as hulle borsvoeding doen. Dis regtig nie so belangrik nie!  Voer hom so dikwels as wat hy wil drink, selfs al is dit net ‘n bietjie op ‘n slag. Hy sal kla as hy honger is en tevrede wees as sy magie vol is.

Dit is baie belangrik  dat jy besluit of jy bors- of bottelvoeding wil doen.   Borsvoeding is natuurlik die beste, nie net alleen vir die voordele van die moedersmelk nie, maar ook vir die mond en kaakontwikkeling, die fisiese kontak en die emosionele sekuriteit wat daarmee gepaard gaan. Babatjies word verwar as jy in hierdie vroee stadium  die bottel bysleep, omdat die suigaksie verskil, en verwerp dan die bors, tot nadeel van homself. As jy onseker hieroor is, kontak La Lesche, maar ek het dit destyds geleer, en dit nou weer by die arbeidsteapeut gehoor. Bors en niks anders nie, as jy wil aanhou met borsvoeding. Borsvoeding stimuleer ook melkproduksie , wat weer goed is vir volgehoue borsvoeding, maar ook vir die hersel van jou figuur! Dit laat jou baarmoeder beter saamtrek, herstel  en krimp tot sy vorige grootte. Die wagwoord is dus: hoe meer hoe beter!

Ek sou se dat jy ‘n bottel net moet gebruik vir water of flou rooibostee, as jy dan voel jou babatjie het iets anders as melk nodig. Oefen ook met ‘n koppie as jy krag het, maar los maar liefs die bottelvoedings.

Ten slotte wil ek graag he jy moet weet dat ek hierdie goed nie sommer net se omdat ek so dink nie. Ek het lank gewerk in skole met kinders wat fisiese, neurologiese en/of emosionele probleme het. Saam met arbeidsterapeute, fisioterapeute , spraakterapeute en kinderartse en neuroloe het ons ‘n span gevorm waar die kind of baba en sy plan van aksie volledig deur die span bespreek en beplan is. Algaande leer ‘n mens heelwat van die moets en moenies, en ek hou ook daarvan om op te lees as ek nie weet nie. Verder het ek mos julle drietjies ook grootgemaak. Ek is die eerste een wat sal se dat ek nie weet nie, as ek onseker is. Ek glo daaraan om kenners te raadpleeg as ek nie is nie, en nie net voort te gaan soos tradisioneel die gebruike is nie. Ek glo dat ‘n mamma haar eie oordeel moet gebruik nadat sy seker gemaak het dat sy kennis het, omdat kennis( veral sielkundige kennis, want dis’n jong beroep wat dikwels op bespiegeling berus eerder as konkrete navorsing) wat ‘n mens inwin nie noodwendig altyd korrek is nie. So het hulle jare lank rigiede voedingprosedures beklemtoon, maar dit later weer verwerp en teruggegaan na die natuur. So is dit nou ook met die lawwe idee dat ‘n babatjie alleen heelnag in ‘n donker kamer moet le en slaap waar niemand kan hoor as hy ongemaklik is nie, of andersom die uitermatige gebrek aan dissipline wat deur Spock voorgeskryf is.

Ek glo dat jy moet teruggaan na die natuur, as jy onseker is( God maak nie foute nie) en dat jy moet konsentreer op jou babatjie en ‘n positiewe band met hom. So ontwikkel jou instinkte sterker. Die broeikas en al die pype en goeters het dalk hier bietjie ingemeng, maar dis nou  tyd om absoluut te konsentreer op jou babatjie. Jammer vir die wat nie saamstem nie, maar ek glo hulle het nou eerste preoriteit, bo ou man , jou kuiergaste of enige sosiaal aanvaarde konvensies. Hoe lank is die kindjie ‘n pap babatjie? En hoe lank moet hy leef met emosionele issues, positief of negatief, wat hy hier opgedoen het? Heelwat later, as jy en jou babatjies gevestig is in julle borsvoeding, julle emosioele bande en julle fisiese herstel, kan jy weer begin konsentreer op ander goed. Nou is dit jy en jou babatjies, Leanie, en moenie dat sosiale verpligtinge , huis skoonmaak, man of selfs ek inmeng nie. Klim in die bed (met jou babatjies) en slaap soveel jy kan, speel met hulle soveel as wat jy wil, troetel hulle soveel jy kan, laat hulle drink as hulle “e”se, en geniet hulle.

Later, geleidelik, sal jou lewe vanself na normaal terugkeer. Nou, vir die volgende maand of so is dit net baba en ma-tyd!

Baie liefde en soet slapies saam met die tweeling!

Mamma

Om die volgende brief te lees, kliek hier>

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in ouma se bababoek ( ouerleiding). Bookmark the permalink.

6 Responses to Ouma se bababoek, brief 7: Update oor borsvoeding, reels, en roetine.

  1. toortsie sê:

    Dis soms maar moeilik vir die pappas om te aanvaar dat hulle nou baie kompetisie het, maar hulle moet ook maar help. Een of ander stadium sal jy net weer MOET aandag gee aan pappa ook!

  2. Ingrid Marais sê:

    Ai Gogga eks bly dit gaan so goed met die 2, ja wat gelukkig weet selfs nuwe mammas sommer gou wat werk en wat nie. Mooi naweek.

  3. Hi Seegogga, wat ‘n heerlike verrassing om op ‘n blog met sulke goeie raad vir nuwe mammas af te kom. Lienkie en haar dogtertjies is werklik gelukkig om jou hulle s’n te kan noem en om op jou wysheid te kan staatmaak!

  4. seegogga sê:

    Hallo Marie-Louise, welkom hier by my blog! Ek waardeer jou positiewe kommentaar. Ek gaan sommer nou dadelik daar by jou loer!

  5. Terug pieng: Ouma se bababoek, brief 6: Tweeling! Update oor saamslaap en liggaamlike kontak | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s