Liewe Leanie, Annika en Lienkie,
Wel. eers wil ek se:Leanie en Riek, baie baie geluk met die geboorte van julle tweeling!!! Sjoe, hulle is twee pragtige ou seuntjies, en hierdie ouma is sommer klaar lief vir hulle. Dis regtig wonderlik hoe vinnig hulle herstel het na so ‘n vroee geboorte. Dit gee ook sommer ‘n klein ideetjie van hoe vinnig ‘n babatjie ontwikkel.
Nou is jy sommer ook die eerste mamma van julle drietjies, Leanie, en eensklaps, sonder dat jy nou juis ‘n keuse het, verander jou hele lewe dramaties. Skielik is jou man nie meer die enigste belangrikste man in ou lewe nie, jy het nou ook sommer 2 VIP’S. waaraan jy feitlik al jou tyd aan gaan bestee!
Onthou maar weer die gesegde: Jy het net een kans om jou kind reg groot te maak.
Ek weet jy wil dit graag na die beste an jou vermoe doen met die kennis tot jou beskikking. Niemand is perfek nie, ek was ook allermins die perfekte ma, maar ons probeer mos almal, so moenie jouself te veel kasty nie, maar dit help tog om op te lees oor die jongste bevindings en beginsels en dan natuurlik verder die moederlike instink.
En raai nou net wat is die jongste bevindings? Die jongste wetenskaplike navorsing oor kindersorg bewys ( na jare se bespiegel en toetse en proefnemings en waarskynlik duisende rande ook) presies die wat in die oertye getel het, nl hoe nader aan die natuur, hoe beter!
Dit beteken dus: hoe kaler, hoe beter, hoe nader aan die mamma, hoe beter, en borsvoeding op aanvraag!
Ek het pas met ‘n jong arbeidsterapeut gesels. Volgens haar is dit nou wetenskaplik bevind dat dit beter is as die babas by die mammas slaap en wel om die volgende redes: 1. Die mamma se hartklop help om die baba se hartklop te reguleer. Die baba se hartklop is dus meer reelmatig en werk nie so hard nie. (Die een hart leer dus die ander?).
2.Die mamma se liggaamshitte help om die babatjie se liggaamshitte te reguleer. Word die babatjie se lyfie te koud, word die mamma se liggaam warmer om hom warm te maak, en word die babatjie te warm, koel die mamma se lyf hom weer af. Fantasties ne, die natuur? Velkontak is belangrik, en daarom is min klere belangrik: vel tot velkontak moet dit wees. Daarom is dit veral vir vroeggebore babatjies belangrik om by die mamma of selfs op die mamma te le. Magdalene se vroeggebore klein seuntjie moes twee weke lank net so op sy mamma le in die hospitaal, eso tussen haar borste. Hospitale verskil hieroor omdat almal nie genoeg fasiliteit het om dit te doen nie, maar dit is die ideaal. Soveel moontlik by die mamma in die bed, of so nie in ‘n spesiale buidelsak voor op haar bors, as die mamma rondloop.
3. Babatjies slaap rustiger en meer en meer weerstandig teen siektes by sy mamma as alleen. Sodoende groei hy gouer en beter en is gelukkiger( en die ma kry ook meer slaap in!).
4. Wiegiedood kom minder voor by babatjies wat by die mamma slaap. (Lg is op hoorse deur iemand wat erens iets gelees het, maar ek sal gaan oplees daaroor. Jy kan ook maar oplees wanneer jy kan, daar sal wel goed op die internet beskikbaar wees.)
5. Die ma se asemhaling reguleer die babatjie se asemhaling.
Nou toe nou!!! Alles wat die oermamma en al die soogdiere nog altyd INSTINKTIEF gedoen het, is sowaar toe nog al die tyd die beste! ( Ten spyte van eeue se ontwikkeling van die mens, die hoogsontwikkelde wese van almal op aarde!) Hulle het dus nou na jare se navorsing uitgevind wat elke hond, kat en bobbejaan nog altyd geweet het.
So glo dit nou maar asseblief, want dis mos nou wetenskaplik bewys. Hopelik sal die moderne mens wat so ver van die natuur af geleef het, nou weer terugkeer na die natuurlike wese en sy natuurlike instinktiewe maniere, soos God hom geskape het.( En hierdie wetenskaplike bewyse het sommer nog iets bewys ook: God maak nie foute nie!)
Dus, liewe Leanie, BACK TO BASICS! Jou babatjies is vroeggebore, baie klein en nog nie heeltemal stabiel wat liggaamshitte betef nie. Vergeet asb van die standaardkonvensies en gaan terug na die natuur. Dis die beste ding wat jy vir jou babatjies kan doen en jy sal sien daar is niks lekkerder as om presies dit te doen nie. Dit is ‘n aanpassing, ja, en vir die pappa ook, maar die lewe is vol aanpassings en hoe makliker ‘n mens aanpas, hoe beter. Dit is goed as die pa ook weet dat dit nou eers tyd is om die allerbeste vir die babatjies te doen, al strook die nie met wat ‘n mens altyd vooraf beplan het of soos jy self grootgemaak is nie.
Lekker snoesig slaap langs daardie twee bondeltjies lewe!
Baie liefde.
Mamma.
OM NR 7 TE LEES, KLIK HIER
My twee apies was altwee refluks babatjies. Ek het ‘n paar dinge geleer. Refluks = Bitter min slaap. Maar as hulle teen my lyf was, was hulle rustig. Soms MOET mens net ‘n breek vat en dis dan wanneer ek Pappa se hemp oopgeknoop en daai klein bondeltjies kaboems op sy bors geplak het. Vandag is daar ‘n ongelooflike ‘bond’ tussen my kinders en my man en ek kan dit nie bewys nie, maar daai gesaamslapery moet iets daarmee uit te waai hê.
ek stem! Ek wens iemand wil ‘n studie doen oor tieners met probleme en of daar ‘n verband is met hulle babatjiedae ( OF babatjie nagte- alleen en verlate in ‘n reuse donker kamer). En ek wens my kinders wil hier lees wat jy geskryf het.
Back to basics! Dis iets waaraan ek verskriklik glo! Oor ALLES in die lewe. Dalk is ek outyds, maar wat daarvan?
Neewat, jy is nie outyds nie, kyk hoe oulik blog jy met al hierdie nuutste tegnologie! Maar sekere dinge in die lewe bly dieselfde ne, mens bly mos mens en sy kernbehoeftes bly dieselfde.
Goeie raad wat jy in jou reeks gee (en as ‘n nuwe mammie weet ek mos).
Arjun het in die begin op en by ons geslaap, maar hy’s deesdae heel gelukkig in sy cot. As hy die dag ongelukkig is sit ek hom mooi op my bors en dan “broei” ons tweetjies lekker, maar hy raak nou swaar! 😉
Ag, ek is bly jy geniet jou babajie so. Hule is so gou groot. As die outjie swaar aak, sit hom langs jou. hy sal ewe gelukkig wees!
Terug pieng: Ouma se bababoek. brief 5: werk of tuisbly en kind grootmaak? | Seegogga se Bloggie