Nouja, na ek laas so lekker die trein ingehardloop het, gebeur daar toe iets: iets vreesliks. Net mooi so na die treinstorie, toe ek lekker goed voel oor my blog.
My laptop, wat my absolute plesier gegee het die afgelope amper 3 jaar, besluit dat hy nou genoeg gehad het.
Ek moes die tekens van ooreising raakgesien het. Sy traagheid om te begin werk, sy koors met tye, en soms, sy stakings. So algaande het hy meer opstroppelos geword, al hoe meer lus om sommer net niks te doen nie, en toe uiteindelik sy finale staking.
Arme laptop- ek het jou ooreis! Maar al my mooipraat wou niks help nie, hy het besluit dat hy nou genoeg gehad het, en die computerdokter se dat hy dalk ‘n nuwe hardeskyf moet kry.
Ag, nee! Net nie dit nie!!! Ek moet mos oorsee, het nie geld vir siek computers nie!
Nou probeer ek my man se nuwe laptop- ‘n ander soort as myne. Dis al asof die lettertjies op ander plekke is- ek sukkel om hulle te vind. Ek kan ook nie e-mail nie, iets blok my outgoing mail. van telkom af, en die g-mail wat ek vir myself gestuur het as toets, is summier deur hom geklassifiseer as SPAM.Toe ek dit wil unspam, toe blok hy my heeltemal. Al my g-mail na myself word nou permanently gedelete!!!!
Maar die ergste van alles is dat ek saans, middernag, as dit my blogtyd is, nie ‘n laptop het nie, want dan is hierdie meneertjie besig om woeste musiek te maak by Jack’s, ons nightspot. Elke aand vanaf 7 nm tot so 4 vm sit ek hier- unplugged, af-lyn, en verlore. Ek sit nou hier in blues tyd en blues kry oor tegnologie!
Maar nouja, alles het sy voordele ne, ek het vir ‘n verandering weer tv gekyk en nogal ‘n mooierige ou fliek op tcm gesien. Ek het die hele eetkamer oorgeskuif en reggepak, so ook my raamtafel en spaarkamer. Soms is dit goed op laptop-vry te wees, ne!
Wees dus asb geduldig met die uwe.
Ag aarde, ek weet hoe dit voel. Dis asof iemand jou een long gesteel het en jy net nie genoeg asem kry nie! 😀 Baie sterkte, ek sal vasbyt!
More Pikkie! Ek het klaar besluit, sodra al die vakanasiedae verby is, gaan ek vir my ‘n nuwe laptoppie haal by Telkom. Sonder sekere goed kan ‘n mens nie meer sonder klaarkom op my ouderdom nie.
Ek stem saam!!! (al vra ek juis vandag vrae oor ons tegnologiese maatjies). Daar is goed waarsonder mens nie kan klaarkom nie. En ‘n Laptoppie is een van hulle!
Sal graag al ‘Ouma se bababoek briewe wil lees’.!!!
Waar kan ek hulle opspoor.
Ek het ‘n seuntjie van 5 maande, en sal graag hierdie ‘Ouma’ se raad ook wil lees en gebruik.
Groete,
Julene Erasmus
Caledon
Wes-Kaap
Hallo Julene! Welkom hier! As jy aan die regterkant van die skerm kyk, sien jy ‘n afdeling: seestrome, kategoriee. Daar is ouma se bababoek. As jy daarop klik, kry jy al die hoofstukke. Dan kliek jy net op die een wat jy wil lees en hy verskyn volledig. Ek hoop jy kom reg. Laat weet asb.