Liewe Leanie, Annika en Lientjie
Sjoe, ek het omtrent lanklaas geskryf. My tyd is darem nou weer my eie en ek wil graag vandag praat oor iets wat vir my baie belangrik is.
Julle het nou seker al agtergekom dat ek nogal glo in die natuur, die instink en die basiese behoeftes van alle mense, en die geloof in ‘n liefdevolle Vader.
Vandag wil ek vra: Waarom kry ‘n mens kinders? Vandag se dae is daar genoeg voorbehoedmiddels om te verseker dat jy nie sommer sal swanger raak nie ( maar onthou tog ons familie-reputasie van super vrugbaarheid , ne! Moenie kanse vat nie!!!).
‘n Mens kan dus vandag KIES of jy wil swanger raak of nie. Tog KIES baie mense om wel kinders te he. Hulle het ‘n inherente basiese BEHOEFTE om kinders te he en te versorg. Dis weereens ‘n basiese instinktiewe behoefte uit die natuur, wat die voortplanting van die spesies verseker. Die behoefte aan ‘n eie kindjie is veral in ons vroulike geslag baie sterk- so sterk dat sommige vrouens selfs tot die uiterste sal gaan om babas te steel as hulle behoefte nie anders bevredig kan word nie. ‘n Mens het ‘n groot behoefte daaraan om ‘n babatjie te he wat jy kan versorg en vertroetel en grootmaak.
Nou waarom gebeur dit deesdae al hoe meer dat mense kindertjies kry, en dan sommer vroeg-vroeg na geboorte, gaan sit hulle die kindjie in ‘n creche en gaan werk weer? Die redenasie is dat hulle die geld nodig het. Maar mis hulle nie die doel erens nie?
Die taak van die ouer is om self sy kind groot te maak. Dis hoekom hy die voorreg gekry het om ‘n kindjie te he. ( en onthou, in vandag se tyd het hy dit mos GEKIES!, Ja, selfs jy, Steve!) Die ouer is die primere versorger van sy/haar kind, en ook die persoon wat waarskynlik die liefste vir die kindjie is. Ons het ook gesien dat die moeder ‘n instinktiewe aanvoeling vir haar kind het wat partykeer beter is as wat die beste wetenskaplike kan he. Geen creche kan eers naanstenby so goed wees vir ‘n kindjie as moederlike liefde en aandag nie. Geen geld ter wereld kan vergoed vir die gebrek aan ouerlike liefde en versorging nie. En wil ons nie graag vir ons kinders die beste gee wat ons kan nie?
Die eerste paar jaar in ‘n kindjie se lewe is die tyd wat hy vinniger ontwikkel as enige ander tyd in sy lewe. In die eerste 5-7 jaar van ‘n kindjie se lewe ontwikkel hy van ‘n selletjie tot ‘n volwaardige mensie waarin al sy groot en fyn spier-koordinasie vasgele is, sy taalvermoe, sy visuele en ouditiewe, tas- en smaakpersepsies, asook sy persoonlikheid en waardestelsel. Dit is werklik die belangrikste tyd in jou hele lewe , want dit beinvloed die res van jou lewe op dramatiese wyse.
Gida, ‘n arbeidsterapeut het my nou die dag ‘n interessante ding vertel. Sy werk met kinderhuiskinders. Onthou julle dat ek voorheen gepraat het van die “inrigtingskind?” Daar is nou vasgestel dat kinders wat bv van kleinsaf in kinderhuise of inrigtings is, se breine fisies kleiner is en verskil van ander kinders wat in hulle eie ouershuise grootword. Daar word nou navorsing oor gedoen. Dit laat my nou weer dink aan ons hans- eendjies wat altyd kleiner was as die eendjies wat van geboorte af by hulle ma-eend was. Die fout het nie by die kos gele nie- hulle het dieselfde kos gekry. Die omgewing was ook dieselfde – hulle het ook buite in die sonskyn op die gras geloop en ook dieselfde swemtyd in dieselfde dammetjie gekry. Die verskil was bloot dat hulle nie saam met die mamma- eend rondgeloop het nie en nie saans onder haar warm donsies styf teen haar lyf gele het nie.( al het hulle lekker warmwatersakke gehad), en sekerlik het hulle ook nie haar liefde ervaar nie. Hierdie agterstand het hulle ook nooit ingehaal nie, al is hulle later by haar gesit.
Is die babatjie in die creche nie ‘n bietjie soos die hans eendjies nie? Of soos die inrigtingskindjie nie? Ek vra maar net. Hoeveel individuele aandag kry hy? Hoeveel fisiese troeteling( cuddling?) Hoeveel word met hom gepraat, gespeel, gesing? Hoeveel word aandag gegee aan sy fisiese en emosionele behoeftes? Hoeveel aandag word aan sy waardestelsel gegee? Tannie Soria se altyd dat haar ma haar geleer het:”‘JY KRY NET EEN KANS OM JOU KIND GROOT TE MAAK.”
Meer as enige ander tyd in jou kind se lewe, is dit belangrik dat jy hierdie eerste paar jaar in jou kind se lewe hom sover moontlik self versorg. Net jy het die ouerliefde en die instink om dit te doen. Ouma en oupa is dalk die tweede beste, omdat hulle ook die liefde het, maar ai, oumas en oupas is ‘n bietjie geneig om oorbeskermend te wees.
Hiemee, se ek nie dat jy nie hulp moet kry om jou te help met jou kindjie se versorging nie, nee hoe meer hulp jy het, hoe beter. Dis nodig dat jy iemand het om jou te help sodat jy soms net’n bietjie kan asem skep en jou geduld weer kans kry om te herlaai. Dis goed om so nou en dan ‘n bietjie ek-tyd te he – niemand kan aaneen 24 h per dag werk nie. Maar om heeldag elke dag van 8-5 hierdie grootste van alle werke vir iemand anders te gee, is eenvoudig net nie die beste vir jou kind nie, arm of te not.
Bly dus asseblief tuis, ten minste tot jou kindjie skool toe gaan. Dan kan jy ‘n oggendwerk soek. Indien regtig nodig, soek iets wat jy deeltyds tuis kan doen vir ekstra inkomste. Dan kan jy bv saans as die kinders slaap daaraan aandag gee. Kry HULP- met huiswerk en soms versorging van die kindertjies vir kort rukkies, or reel met ‘n vriendin dat julle soms mekaar se kindertjies oppas. Pa kan saans sy deel doen om die kindertjies te versorg, sodat die ma ‘n bietjie iets anders kan doen.
Onthou dus die doel van ouerskap, en moenie die allerbelangrikste( en moeilike) werk op iemand anders afskuif nie.
Maar die laat, en slaaptyd.
Vryf maar so ‘n bietjie oor daardie boepie, en se vir die tweeling, Ouma se goeie nag!
Liefde
Ma
Vir nr 6, klik hier.
Die foto van die kannas is pragtig!!! 😉
My ondervinding is dat die meeste vroue dit bittergraag wil doen. Ek dink die lesser van twee evils moet opgeweeg word. As die ma op haar alie gaan sit en stront uitdink terwyl die kind hom/haarself moet groot maak (ek kan ‘n reeks boeke hieroor skryf, nevermind ‘n blog) gaan sy vir die samelewing baie meer beteken as sy werk.
Ja, kinders grootmaak is nie vir sissies nie. Maar as jy jou kindjie lief het, en die beste vir hom wil gee, moet jy inspring en werk! ek bedoel- met jou babatjie! Dit behels sulke goed soos doeke omruil, op die mat rondrol, om die blok gaan stap, sing stories oor en oor dieselfd grappies, cuddles drukkies ens ens ens ens
almal is nie in die posisie om die kinders by ouma te gaan aflaai nie. Ek moet egter toegee, ek stem saam, n kind het die ma in die eerste jare nodig. Ek het myself eerder met minder klaargekom en my kinders self grootgemaak. Ek is nie spyt daaroor nie.
En so leave ek toe hier ‘n reply, maar die rekenaar vra my om dit te moderate en te besluit of ek my eie reply wil approve of nie!!! My eie blog ken my nie meer nie! Mooi Olga, ek is ook nie spyt dat ek dit gedoen het nie. Dis veral daar die vormingsjare wat so uiters belangrik is. Later kan mens maar werk as jy moet, maar daardie eerste paar jaar is so belangrik.
Voor ek die ander kommentare hieroor lees, wil ek eers skrif wat in my eie gedagtes opgaan: Ek stem! Ek stem! Ek stem!!!
Ons was uiters arm, elke kind het 2 stelletjies klere gehad. Maar ek was by die huis en het elke dag “mamma-tyd” gehad wat ek nie eers die telefoon geantwoord het nie omdat ek besig was met my kinders. Ons het saans boeke gelees. In mamma-tyd het ons gespeel – enige opvoedkundige speelgoed, of ons het gaan stap of piekniek gemaak of wat ook al. Toe hulle skool toe is, vra ek vir die juffrou of hulle ‘n agterstand by die ander kinders gehad het wat in die speelskool was. Haar antwoord: Inteendeel. Wel, as ek kyk wat hulle tot vandag toe uitgerig het, is ek nie EEN OOMBLIK spyt dat ek eerder met geen luukses klaargekom het nie, maar my kinders die opvoeding gegee het wat hulle moes kry nie.
Jammer as ek voorbarig is, maar hier is my bydrae (asof ek nie al genoeg hierbo geskryf het nie!!)
http://toortsie.wordpress.com/2011/02/16/of-mas-moet-gaan-werk-of-nie/
GEDAGTE: MOONTLIKHEID VIR STUDENT WAT M WIL DOEN. Is daar al ooit navorsing gedoen oor die verband tussen tienerprobleme asook swak verhoudings met hulle ouers en die vroee kind behandeling, bv bonding na geboorte, slaap by ouers in dieselfde bed, ouers wat gaan werk as kinders babas is ens? Ek was allermins die perfekte ma, maar tog voel ek vandag trots op my kinders, hulle waardes en hulle deursettingsvermoe mbt studies ens. Soveel tieners haak uit , het baie swak verhoudings met hulle ouers, skop studies op. het lae sedes. Is daar ‘n verband hiermee en die vroe kind behandeling deur die ouers, verblyf in ‘n creche as babatjie ens? Het iemand al hieroor navorsing gedoen? Indien nie, is dit hoog tyd iemand doen dit!!! Resultate sal interessant wees.
Terug pieng: Ouma se bababoek nr 4, liggaamlike kontak, sjuut en borsvoeding | Seegogga se Bloggie