Skuldig!!!

Hier sit ek nou op die Maandagogggend en EK HET NIE TYD NIE!!! Met ‘n troue oor 5 dae en DUISENDE goeters wat nog gedoen moet word, het hierdie ma allemins tyd om voor die rekenaar te sit en speel. Ma dis presies wat ek doen! Ek lees blogs, gee kommentaar, loer na my stats en nou skryf ek, want ek voel skuldig- ek verwaarloos my blog! Ek het sopas weer die einde van my feeverhaal bietjie verbeter,( die die prins en die diensmeisie, ‘n feeverhaal met julle eie einde), die katvideo van Karen op http://www.vet8zuerich.wordpress.com  op my facebook gesit( dit was SO CUTE!)  ….

Maar wag, ek moet werk, werk ,werk! Sien julle volgende week na die troue as alles goed gaan. En gaan lees die ondeunde http://www.toortsie.wordpress.com se huweliksraad!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

6 Responses to Skuldig!!!

  1. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Genade, vrou!!! Die toorts is ERNSTIG!!! NIKS ondeunds daar te siene nie!!
    Geniet die troue, en as jy soms voel jy wil bietjie wegbreek van die trouwerk af, is hier altyd blogland waar jy kan ontspan!! (en vandag sukkel ek om netjies te tik…)

    Like

  2. Eish – Sterkte

    Die hoeveelste dogter is dit wat nou trou?

    Like

  3. seegogga's avatar seegogga sê:

    2de van 3. so dalk kom daar nog ‘n troue!

    Like

  4. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Sterkte vir more!!! En dan is dit nog my hart se punt ook wat trou!! Ek gaan kom foto’s kyk!

    Like

  5. seegogga's avatar seegogga sê:

    Danki vir julle goeie wense. Tot dusver verloop alles baie goed, maar nou is ek baie moeg en die bruid wil vir oulaas ‘n draai gooi by Jacks!~ Let asb op die tyd van hierdie skrywe en more moet ons almal sparkle!

    Like

  6. Lekker bruilof hou.

    Mag die dag altyd vir die paar die hoogtepunt van hulle lewe wees en mag hulle liefde vir mekaar oor die jare net toeneem.

    Like

Lewer kommentaar op toortsie Kanselleer antwoord