Sondagmiddagblues 2

Dis alweer Sondagmiddag en ek sit en tob alweer oor my blog. Wat maak ek nou eintlik hier?

Ma se seksboek is klaar- daar is nie nog episodes nie.( Terloops, ek kry baie goeie  terugvoering en ‘n 100 is al verkoop. Die koste van die druk van die eerste 200 boekies amper gedek. Ek gaan nou weer 200 laat druk, diekeer sonder die klein drukkersduiweltjies wat ingesluip het, en dan moet ek woes bemark- by skole ens asook deur ‘n boekverspreider).

Maar die punt is, ek moet iets kry om oor te blog- en gou ook! Dit moet iets wees wat tot mense spreek-iets wat hulle graag sal wil lees, anders het blog nie sin nie. Lewenslessies? Toortsie doen dit reeds. Interessante brokkies? Dit verg navorsing. En ek het min tyd. Toegegee, ek spandeer ure voor die rekenaar om niks konstruktiefs te doen nie- miskien moet ek meer gedissiplineerd wees….  nog ‘n boek? Ek dink en weet wat ek wil doen, maar somehow is die drang, die inspirasie nog nie daar nie. Persoonlike goeters, bv naderende oumaskap, ‘n troue in die vooruitsig, die resoutantbedryf en die sights wat mens by die nagklub sien? Sjoe, nee , dis net wat dit is- te persoonlik, al sou ek graag daaroor wou blog. Miskien as niemand nou geweet het wie ek is nie….

 So hier sit ek nou – bietjie in die middel en wankelrig, soos iemand met midlifecrisis.

Ek het nou ingeteken op ‘n hele paar blogs en sights wat goeie skryfgewoontes probeer bevorder, en kom ons hoop die help! Lyk my mens moet elke dag so 5 min of meer skryf. Maar dan moet mens iets he om te se.

Hoe kry julle dit reg om elke dag iets te he om oor te blog?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

8 Responses to Sondagmiddagblues 2

  1. toortsie sê:

    Ons kry dit dalk reg omdat ons van nature baie babbel?
    Gee vir ons raad oor hoe ons moet gaan goedkoop toer, asb!!

  2. toortsie sê:

    Vertel vir ons staaltjies uit jou skoolhoudae!!

  3. Skoor sê:

    Moet nooit iets se as jy nie iets het om te se nie.

    The rest is history.

    Wens ek was nou by die see, hierdie Bolandse hitte maak my gat lam!

  4. Vlam sê:

    Skoor praat ware woorde daar. 😉

    Ek het ook die elke-dag-blog ding gedoen – kan jy dit glo! – maar dit was op die ou einde te uitputtend. Ek kan wraggies nie blog as daar nie iets op my hart is nie, baie impulsiewe ou dingetjie, ekke. 😆 En daar is nie elke dag iets op my hart nie, so, dan sharrap ek maar vir die res van die tyd.

    Dieselfde met comments los. Ek lees nogal baie blogs, maar los (deesdae) selde ‘n comment. Net as ek iets oppie hart het, sien. :mrgreen:

    Maar as dit jou sal help: ek lees lekker aan blogs waar mens lees van die skrywer se daaglikse wel en wee. (Dalk verveel dit ander, ekself is ook nie lief om daaroor te skryf nie!)

    • seegogga sê:

      Hallo Vlam, ek waardeer jou kommentaar! Dis die punt- ek wil graag oor baie goeters skryf, maar ek voel dis te persoonlik. Wil my nie so blootstel nie- te veel mense weet wie seegoggga is! Ai tog, miskien moet ek nog ‘n blog begin, met ‘n geheime naam.

      • Vlam sê:

        Jong, as mens nie kan skryf oor die goed wat vir jou belangrik is nie, wat’s die punt?
        Dalk moet jy eers die water toets met ‘n storie wat nie te veel opskudding sal veroorsaak nie, maar tog na aan die hart is?

        Ag, ek is ook nie ‘n goeie een om raad te gee nie, hoor! 😆

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s