So wyd soos die Heer se genade

Die Overberg is ‘n klein deeltjie van ons land met ongelooflike kontraste. Somers is ons “dooie”  tyd- bruin, vaal, effens groen, blou-blou berge maar nooit vervelig nie. In die winter is ons groenste groen en lemmetjiegeel. En alomteenwoordig is die see- vaalwit en stormagtig, potblou en kalm, en met onverwagste skatte! En dan het ons mos ook die Suidpunt van die ganse Afrika, hier op L’Agulhas.En ja, julle kan maar bietjie jaloers word- ons woon op ‘n wonderlike plek!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

10 Responses to So wyd soos die Heer se genade

  1. Olga's avatar Olga sê:

    krappie, ek kan dieselfde se. In tye van swaar reen soos nou, kan ek die rivier hard en duidelik hoor. In my bed. Die rivier is sowat 1km weg.

    Like

  2. seegogga's avatar seegogga sê:

    Lekker, Olga! Watter rivier? Ek het naby Vaalrivier grootgeword.

    Like

  3. Toortsie's avatar toortsie sê:

    As ek 5 keer kon “like” druk, het ek!!

    Like

  4. BB's avatar BB sê:

    Wyd, ja! Baie wyd!! Eendag…..

    Like

  5. seegogga's avatar seegogga sê:

    Ai, julle bloggers is almal dierbaar! Maak mens sommer lus om nog te blog!

    Like

  6. Ek is mal oor die tweede foto.

    Like

  7. seegogga's avatar seegogga sê:

    Hallo Xena! Dis net buite Bredasorp geneem, in die somer ‘n “dooie” afge-oeste land, maar met die donkerblou reenwolke en die laatmiddagson daarop, omtower tot goud. Ek was self verbaas daaroor – moes dit net afneem.

    Like

  8. Olga's avatar Olga sê:

    Pragtig. Nee, wat, mooi bly mooi.

    Like

Lewer kommentaar op Jan Twak Kanselleer antwoord