Ma se seksboek. Brief 24: Liefde en respek

Liewe Kinders

Daar is nog duisende goed waaroor gepraat en geskryf kan word, maar miskien moet ek nou eers hier stop. Kom gesels gerus as daar iets is waaroor jy wonder.

Die hoofsaak van al hierdie hierdie dinge is liefde en respek.  Ek hoop julle het wonderlike vreugdevolle verhoudings met julle vriende en dat julle eendag wonderlike liefdevolle lewensmaats sal kry.  Ek hoop ook dat julle aan julleself sal skaaf om eendag goeie huweliksmaats vir julle mans te wees.

Lekker slaap en al my liefde.

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

15 Responses to Ma se seksboek. Brief 24: Liefde en respek

  1. Smurfi sê:

    Ja Seegogga; LIEFDE en RESPEK, is baie, baie belangrik, as mens mekaar liefhet en respekteer kan dit mos net goed gaan want elkeen rspekteer die ander een se gevoellens. Dis amper of die twee woorde sommer alles saamvat. Om ook jou naaste lief te hê soos jouself, dan kan jy mos geen kwaad of lelik doen, aan ander en veral aan jou heel naaste nie, jou man, jou vrou nie of jou kinders nie. As almal net dit wil toepas, sou ons die volmaakte wêreld kon hê, want niemand sou iets verkeerd doen wat hy nie aan homself gedoen wil hê nie.

  2. toortsie sê:

    ek versoek jou ernstig om nie te gou te stop nie. miskien dink jy nie nou aan nog onderwerpe nie, maar jy gee sulke fantastiese, praktiese raad. dalk moet jy ma se huweliksboek, ouma se bababoek, ens oorweeg. meer oor verhoudings. daar is SO ‘n behoefte daaraan, soveel mense wie hulp soek oor verhoudings. ek glo iemand wat al verder op die lewenspad gestap het, kan die ander SOVEEL leer, want ondervinding is iets wat nie weggegooi kan word nie. nou gaan ek slaap. lekker slaap

  3. toortsie sê:

    maar ons help dan so mooi!! kyk al die kommentare!

  4. Terug pieng: Leesstof « Herriemerrie

  5. seegogga sê:

    Gee nog onderwerrpe waaroor ek nog nie gepraat het in die seksboek nie, dan skryf ek daaroor- tog net assebliefg nie oor VIGS nie- ek sowel as al die kinders is sat daarvoor.

    • Baby Jane sê:

      As hulle dalk nie sat was nie, het hulle dalk die boodskap gekry en dan was vigs nie die snelgroeiendste onder blanke studente nie.

  6. Ek sê net vanmiddag vir my oudste dogter dat haar vriend regtig ordentlik is, hy praat mooi met haar, haar respekteer haar besluite, ondersteun haar, ‘n mens kan ver kom met so iemand. Ek stem saam, moenie ophou skryf nie. Lekker week vir jou!

  7. seegogga sê:

    Hallo Baby Jane, en Celia, welkom by my blog! My man het hom destyds byna doodgeskrik toe hy eendag ewe onskuldig by die huis kom en ons jongste- so 10jr oud, kom so aangehuppel en se: “Pa, het pa vir my ‘n kondoom ?” Hulle moes ‘n taak oor vigs maak. ,Kinders word in die skole praktiese klasse gegee hoe om ‘n kondoom aan te sit, kompleet met ‘n model van ‘n penis. Daar is gratis kondome in die koshuisbadkamers op Stellenbosch. Ons kinders het almal tot satwordens toe die boodskap gekry- die VERKEERDE boodskap,nl, slaap maar rond, dra net ‘n kondoom. Die dat vigs so toeneem. Al hierdie programme oor vigsvoorkoming het niks gehelp nie. Die regering het dit self onlangs erken dat die programme nie gewerk het nie.
    Terloops, so ‘n gratis kondoom is die ideale ding om ‘n waterbom van te maak – vra maar die studente!

  8. Smurfi sê:

    Seegogga, lag ek nou te lekker oor die “Waterbommme” kan my indink hoe vlieg daardie kondome in ‘n koshuis rond vol water,.. vet pret! En vir die wat dit gebruik vir die rondslaap redes, hoop hulle is maar in die minderheid, wat sal mens tog sê, hulle gaan net later baie spyt wees oor die rondslapery. Die Waterbomme klink meer na skoon suiwer pret! 😆

  9. hx sê:

    Stunning! Jy moet dit publiseer in boek-vorm!!

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s