Ma se seksboek. Brief 22: Imagoterapie

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Ek het gister gepraat hoe elke soort mens, die introvert( die skilpad) sowel as die ekstrovert(die donderstorm) moet aanpas om kommunikasie ( en vrede!) te probeer bewerkstellig.

Daar is tegnieke wat kommunikasie bevorder. Die eerste is om effektief te luister.  Kyk vir die persoon, knik instemmend met jou kop, herhaal wat hy se, en luister sonder om kommentaar te gee.  Maak seker jy verstaan reg, deur ding e te se soos: So jy se dit…. en dan te herhaal hoe jy nou verstaan het wat hy gese het.  Vra ook agterna:” Het ek dit nou reg gese?”

In Imagoterapie ( meer daaroor in die boeke:”Getting the Love you want” en “Keeping the love you find” se Harville Hendrix dat ‘n konfliksituasie as volg hanteer moet word:

1.Maak ‘n afspraak met jou maat en se dat jy graag met hom wil gesels.

2. Gaan sit regoor mekaar sodat julle mekaar in die oe kan kyk en hou mekaar se hande vas.

3.Persoon A, wat die probleem het, praat nou met haar maat en stel die probleem in ‘ek’ boodskappe, bv “Ek voel ongelukkig omdat jy altyd laat is, want ek kon ander goed in hierdie tyd gedoen het.”

4.Die maat( persoon B) wag tot A klaar gepraat het en weerhou hom daarvan om ‘in te chip’ en homself te verrdedig of beskuldigings terug te slinger. B herhaal dan wat A gese het soos bo beskryf, en vra of hy dit reg herhaal het. Hy hou aan om dit te herhaal totdat A tevrede is dat hy dit reg herhaal het, maw tot hy dit reg verstaan.( EN HY BLY KALM!!) Hy vra dan of daar nog iets is wat A wil se en herhaal dit ok weer.

5. Hierdie gesprek hou aan totdat A alles gese het wat hy wou, en B alles herhaal het en reg verstaan sonder om enige kommentaar te lewer.

6. B vat nou alles saam wat A gese het, en vra of hy iets uitgelaat het.

7. Nou gee B empatie deur A se gevoelens te reflekteer en te probeer begryp, bv Ek kan sien dat jy ongelukkig en kwaad voel omdat jy voel dat ek jou nie respekteer  as ek heeltyd laat kom nie, en dit maak vir my sin, want jy het baie werk en…… of so-iets.

8. As A nou tevrede voel dat B haar reg verstaan het, word die rolle omgeruil. Nou eers stel B sy kant van die saak. A moet op op haar beurt dieselfde reageer deur te herhaal sonder om kommentaar te lewer ens.

9. Na albei partye hulle kant gestel het op hierdie manier, kan gesamentlik na ‘n oplossing gesoek word.

Sjoe! Dis moeilik! ‘n Mens is mos kwaad! Dit voel ook “weird’ aan die begin. Maar aggressie en kwaai geoelens word opgelos deur dit in ‘n aanvarende atmosfeer te opper en dikwels los die probleem homself sommer op deur ‘oop’ te maak. Hoofsaak is dat die een die ander kans moet gee op uit te pak voordat hy kommentaar gee, en dat die uitpak op ‘n kalm en beheerste manier moet wees.  As julle sukkel met kommunikasie, en dalk ernstige probleme ondervind, probeer dit ‘n slag in plaas daarvan om in mekaar se keelgatte af te klim!

Dan kan julle julleself ook altyd herinner dat ‘n saak altyd twee kante het. Ag, en onthou tog: Moet nooit groot issues oor die foon uitpraat nie en moet tog nooit baklei  met smsse nie! ( en selfs nie eers mxit nie!) Die geskrewe woord is hard en permanent. Jy kan dit nooit weer terugtrek nie.  Daar staan dit dan swart op wit – en finaal.

Wag dus tot julle mekaar van aangesig to aangesig sien en genoeg tyd het. As jy rerig kwaad is, skryf dan ‘n brief en verbrand dit dadelik sodat net jy daarvan weet.  Jy kan dan die volgende dag as jy beter voel, meer logies redeneer.  Sms bloot dat jy nie nou daaroor wil praat nie, maar dat julle die saak sal bespreek wanneer julle mekaar weer sien.

Baie paartjies breek op tydens die “powerstruggle” omdat hulle nie daar verby kan kom nie – hulle ‘vlug’ en begin ‘n nuwe verhouuding met ‘n ander maat.

Ware liefde kom eers wanneer ‘n mens verby die “powerstruggle” kan kom en vrede kan maak met mekaar, mekaar kan aanvaar soos elkeen is en die ander een kan liefhe met foute en al.”warts and all” soos die Engelse se.

Nouja, haal diep asem, tel tot tien en……

Slaap lekker, my liefste kinders!

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

4 Responses to Ma se seksboek. Brief 22: Imagoterapie

  1. Smurfi sê:

    Seegogga,
    En hier kom leer Smurfi ook nou hoe om op ‘n mooi manier te fight! 😆 Jy kies die regte woord “Powerstruggle” elkeen wil die “fight” wen nê! 😉 Ek moet die stuk weer lees en weer lees, veral daar waar dit sê moenie in “chip” nie, dit is mos daar waar al die …”Ja, maars” ook inkom, en dan begin die fight in al sy glorie! 😆

    Kom net eers verby die “Powerstruggle” , en wees lief vir mekaar foute en al! Dis mos hoe dit hoort! “Ma se seksboek brief .22” is mos puik!

    En glo my, daardie in “chip” en “ja maars” werk nie!!!!! ook nie “Jannie jammergaai” en “Sannie martelgaai” nie! 😉

  2. seegogga sê:

    Dankie Smurfie! Ek wil ook graag jou blog lees, maar weet nie hoe om daar uit te kom nie! Laat weet my asb!

  3. toortsie sê:

    saterdagoggend gaan ek hierdie seksboek van les 1 af lees, stap vir stap…. dis ‘n afspraak
    dankie vir hierdie fantastiese kommunikasie les

  4. Terug pieng: Kommunikasie | Toortsie se Blog

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s