Ma se seksboek. Brief 13: Hart en verstand

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Ons praat nou so baie oor die fisieke aspek van die verhouding. Dit is egter die emosionele deel van die verhouding wat belangriker is.

Is jy vriende met jou ou? Het julle dieselfde waardes? Is daar iets in hom wat jou hart raak? IS jy lief vir hom? Kan jy sien hy is lief vir jou? Is hy eerlik? KAN JY HOM VERTROU? liefde en respek impliseer vertroue. Immers gee jy jou hart vir hom om vas te hou. En ‘n mens kan nie iets so kosbaar vir sommer enigeen gee nie. (En as jy nie jou hart kan gee nie, beslis ook nie jou lyf nie). Pas dus jou hart mooi op.

‘n Mens kan redeneer dat jy nie kan keer op wie jy verlief raak nie – dit gebeur sommer net. Veral in die flieks lyk dit so. Onwaar! In jou lewe gaan jy baie ouens en mans ontmoet wat jou hart vinniger laat klop – ook ander meisies se ouens, getroude mans, hartebrekers ( players – soos Lienkie sou se), ateiste, drinkers (boozers), ens. Daar is baie visse in die see en baie tot wie jy aangetrokke kan voel – as jy dit toelaat.

Maar ‘n mens het ‘n verstand ook. En glo dit of nie, hy kan en is sterker as jou hart. GEBRUIK HOM! As dit nie so was nie, was ons almal al in buite-egtelike verhoudings en sou die huwelik sinneloos wees.

‘n Mens KAN  iemand ontmoet en BESLUIT: “Nee, nie vir my nie, al wil jou hart dalk bokspringe gee. Gebruik dus jou verstand voor jy jouself toelaat om halsoorkop verlief te raak. My kinders, kies tog iemand op wie jy kan vertrou. Iemand wat volkome eerlik is. Jy wil rustig slaap snags. Jy sal veilig, gekoester voel in sy arms.

As jy egter die regte persoon vind – die een wat aan jou standaarde voldoen, maar wat ook jou hart vinniger laat klop, die een wat ook so oor jou voel, is dit ‘n wonderlike ervaring en is julle fisiese verhouding nie net seksueel van aard nie, maar byna heilig – soos ‘n gebed.  So ‘n verhouding vervul ‘n mens met ‘n wonderlike geluk en vrede, so anders as ‘n blote seksuele verhouding, wat “leeg” voel en selfs “vuil”.

Ek bid dat julle in julle verhoudings met julle ouens so sal voel – en hulle so oor julle – dat julle verhoudings in die hemel gemaak sal wees.

Lekker slaap en liefde.

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

8 Responses to Ma se seksboek. Brief 13: Hart en verstand

  1. “is julle fisiese verhouding nie net seksueel van aard nie, maar byna heilig – soos ‘n gebed.”

    Sjoe dis ongelooflik mooi! Ek wens daar word aan kinders vertel wat geestelik gebeur wanneer jy seksueel verkeer. As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek verseker nie geeksperimenteer het nie. Ek glo in my hart ek is maagdelik rein na my bevryding en doop … ek wens net soms ek kon dit vir my man weg bêre eendag!

  2. seegogga sê:

    Dankie Girl, gee jy om as ek deel van jou kommentaar in my boekie gebruik?

  3. Olga sê:

    Krappie, ek hoop wat jy in Neelkie wakker gemaak het,sal sy verder aan die jeug oordra. Sy het die beter kans dat hulle na haar sal luister.

  4. LOL. ja hulle noem my soms Nell en antie Olga noem my Neelkie 😉

    Natuurlik kan jy… Met graagte. My eerste ondervinding op varsity gehad en in elke verhouding was dit die norm… Op 32 en na my bekering voel ek BAIE anders oor die saak.

    • seegogga sê:

      Dankie, Neelkie. Dit bewys nou ook weer van die trappies- mens trap nie eintlik sommer terug nie, ne. Ek is bly oor jou bekering en dat jy met jong mense werk. Ek hoop jy kan iets hieruit gebruik. Sal laat weet as boekie gedruk is.

  5. toortsie sê:

    ek wag ook vir daardie boekie – dis ‘n beslis MOET HE vir elke dogter. Maar sommer vir ALMAL wat in verhoudings is. almal kan daaruit leer. Baie dankie!!

  6. seegogga sê:

    Sjoe, maar ek kom nou met ‘n skok agter hoe duur dit is om te druk! Ek hoop die volgende qwote is goedkoper!