Nouja, ons weet nou dat ‘n ou baie sterk seksuele gevoelens het en baie daarvan hou om jou vas te hou en te vat wat hy kan kry. Hy sal dalk baie verlief op jou wees, maar hy sal altyd die ander mooi meisies ook nog raaksien. Onthou, hy is so gemaak. Dit is normaal. Om die waarheid te se, as hy nie so is nie, moet jy begin twyfel.
Kyk die kat uit die boom uit. Hoe is hy andersinds? Hy mag dalk net latent homoseksueel wees! Vandag is gays meer openlik as in my tyd, maar nie almal klim uit die kas nie( erken dat hulle gay is nie). Almal van ons wil graag normaal wees en het in ons kop die idilliese droom van ‘n gelukkige huis met ‘n man, vrou, kinders en ‘n hond(of kat). Ook die gay. Daar is waarskynlik nie een gay wat nie liewer heteroseksueel sou wou gewees het nie. Daarom ontken party van hulle steeds hulle homoseksuele gevoelens en streef hulle droom na.
Ai, en hulle is SULKE gawe vriende en verstaan SO goed hoe jy voel en het SO dieselfde belangstellings. En ja, hulle het selfs ‘n sterk fisiese drang na jou ook! Maar dalk net na jou- ander meisies laat hulle koud. En jy sal hulle ook later koud laat.
Daar is goedjies wat hulle verklap: ‘n Baie mooi blyplek; ‘n sekere liggaamshouding; vriende wat verdag lyk. Luister vir jou sesde sintuig.
Malan-my-Lam was baie lief vir my(regtig!) en hy was ook nogal vryerig. Maar hy het dikwels in die begin van ons verhouding gese dat Wendy( vriendin van ons) eintlik meer sy geesgenoot is. Sy was ook mal oor hom. Maar hoewel sy mooi was, was sy nie vir hom hoegenaamd sexy nie. Sy’t hom glad nie op so ‘n manier aangetrek nie, ten spyte van haar deurskynenderige rokkies. (Asseblief! Mans???) Verder het hy hierdie pragtige gedekoreerde woonstel gehad, kompleet met persiese tapyte en hy was ook ‘n versamelaar van outydse meubels ens. Ek het hom ook twee of driekeer sien loop met “snaakse” vriende wat hy nie regig graag wou he ek moes ken nie. (Hulle was bv net besig om te groet, of haastig, of so).
Phil, my goeie gay vriend, het altyd vir my gese dat ek tog nie met Malan moet trou nie, maar wou nooit uitbrei nie. En gelukkig het ek nie! Malan het heeltemal ingekonk. Sy droom was aan skerwe. Hy het uiters promiskieus (met losse sedes) geword om sy droom te probeer herwin. (Sommige gays word juis so en probeer by soveel moontlik meisies slaap om te bewys dat hulle wel hetero-seksueel is). Eers later, met terapie, het dit aan die lig gekom dat Malan eintlik homoseksueel was, maar dit nooit aan homself wou erken nie.
Ai ja. Ek kry hom jammer, maar ek is baie dankbaar dat ek nie met hom getrou het nie.
Lekker slaap en baie liefde.
Ma
Dankie seegogga. Dis SO ‘n nodige onderwerp!! En jy het dit met deernis behandel.
ek hoop regtig as jou briefies opraak…. dat jy NOG ‘n paar sal skryf!!!
het julle gesien? Ek was EEEEERRRRRSSSSTTTEEE!!! WE LA
Dankie Toortsie, ten minste lees iemand nog! Ek is nou in die proses om die boekie te druk en uit te gee. Hoop om dit voor Kersfees klaar te he.